Man op Noordwes-plaas geskiet

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man is Dinsdag per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem nadat hy tydens ʼn aanval op ʼn plaas buite Brits in Noordwes geskiet is.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 17:00 op ʼn plaas in die Assen-distrik plaasgevind.

Talane het gesê vyf mans het na bewering toegang tot die huis verkry en vuurwapens by die man en sy vrou geëis. ʼn Struweling het tussen die man en die aanvallers ontstaan en die man is in sy maag geskiet. Volgens Talane het die aanvallers ʼn pistool, ʼn haelgeweer en ʼn selfoon geroof voordat hulle te voet gevlug het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê met paramedici se aankoms op die plaas was die man in ʼn baie ernstige toestand. “Sy toestand was van so ʼn aard dat ʼn helikopter ontbied moes word om die man na ʼn hospitaal in Johannesburg te neem. Hy is ook aan ʼn ventilator gekoppel,” het Dollman gesê.

Volgens Talane is die man, wat 67 jaar oud is, na die Milpark-hospitaal geneem.

“ʼn Saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Talane gesê. “Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei by die polisie aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Premier het dit gesoek ·

Kla die premier aan en vervolg hom, hy en malema hulle vra die massas om dit te doen.

Elsa ·

hoekom pistole en selfone roof? duidelik is die mik teen eerbare mense wat hard werk om n bestaan te maak…iets moet nou gedoen word…owerheid moet dienste lewer waar nodig aan die mense wat plunder en ook moet diegene aan hoof van die land gaan bly vir 2 weje wasr geen water en krsg is nie….dan kan hul dalk verstaan….

tom ·

Die premier is nou stil afriform moet ho m aan kla vir rassisme

Michael ·

Die Coligny saak is klem gelê dat 2 wit boere ‘n swart kind doodgemaak het…..hoekom berig julle nie nou dat 5 swart mans het ‘n wit boer op sy plaas aangeval en geskiet nie ……vra maar net ???

Blits ·

Michael, jy is reg ek stem saam, as n witte n swarte se lewe kos dan word dar deur die media seker gamaak dat almal weet dis n wit man wat n swart man se lewe gekos het of geneem het maar as dit swart is wat n wit man se lewe neem dan is dit net 5 mans het n man geskiet of wat ook al, die media blaas selektiewe raassisme aan, deur om artikels so te doen, een ding geld vir almal en nie net vir n sekere groep nie, of hulle moet kleur noem of dit uit hulle artikels uit hou

Anel ·

ek stem saam hier, waar is die verwoesting en optogte nou waar n man in sy eie woning kritiek gewond is deur onwettige wapens. waarom berig die media selektief ras? En waarom antwoord die media nie op die vrae nie?. Waarom vra geen media vir die premier om nou in die saak kommetaar te lewer nie? Beteken ons kommetaar op die blad niks?.

Toi Toi ·

Nou se dit vir die klomp in Coligny……die klomp in die geval moet seker dadelik byl kry AS hul gevang word, want dit is mos net gewone misdaad

lw ·

Sterkte met die gesin. Ek glo die Here sal die boer genadig wees.
Gewapende roof – is so ñ klagte nie erger as net huisroof nie? Huisroof klink mak in vergelyking met gewapende roof

Renier ·

Hoekom luister die plaas boere nie hoeveel keer word hulle gewaarsku om paraat te wees, hou jou vuurwapen by jou en maak plan om toestelle om jou huis aan te bring wat jou waarsku in huis daars iemand/ beweging daar buite, dan kan jy mos nou hulp ontbied of wag laat vuilgoed inkom en maak plan met hom

What a joke! ·

Stem! Ek verstaan nie die boere nie! Juls in oorlog! DRA JOU FLIPPEN DEKSELSE WAPEN SELFS AL GAAN JY TOILET MAN!!!! Nee man blankes WORD WAKKER EN WEES PARAAT MAN!Jul is mos nie dom nie of hoe?

Lion ·

Smaak my daar moet weer ‘n paar voertuie en huise op Brits brand of wat se ek? Waar is die ondersteuners nou? Ek verstaan nie.. LUR, waar is jy nou . waar is al die politici en manne wat altyd aan die kant van die brandstigters is .. komaan .. julle wil tog nou nie bekendstaan vir dubbele standaarde nie … MATCHES please!

RC ·

Te voet gevlug? Was daar niemand naby in die gebied wat hulle kon volg en arresteer nie?

ZAN ·

Ek ken die Oom wat geskiet is en dit kan met enige iemand gebeur maak nie saak hoe paraat j is nie. Hy wou sy vrou net beskerm en is geskiet wat moes hy doen? Die rowers is na gesit deur spoorsnyers vir 40km hulle het vanoggend 4uur die stoor verloor. As jy niks weet nie moenie komentaar lewer nie

Jakalas ·

Hierdie word nou al ‘n daaglikse roetinie om te lees oor ‘n nuwe plaasmoord op die nuus. Ek is moeg daarvoor. Hulle kan wat sê, maar dit is rasse haat op sy beste en ons word vorseer om net te kyk.

chrissie ·

Oorlog is naby!…..dit gaan een boer vat wie se familie hul gaan aanraak en dan is dit die einde…

Konrad ·

Hi Chrissie.Oorlog is naby.Hoe kan ons n oorlog wen met miljoene wat teen ons handjievol is? Jou kommentaar, steek vas by my. Dit voel vir my ons het reeds die oorlog verloor. Kyk gerus di facebook berig op Maroela, waar daar gedans word oor elke boer wat vermoor word en n klein blondekop dogtertjie in die visier van n geweerloop is. Dis so skokkend. Kom uit die land uit terwyl daar nog tyd is,is al wat eknou voel. SA is n doodskis.

Anoniem ·

Gewere, dit is al waarin hierdie terroriste belangstel. Maak oop julle oe, ons moet weet wat is opad.

Hennie ·

En as die man dit gewaag het om die rowers in sy eie huis te oorweldig en dit gewaag het om een te skiet met sy eie gelisensieerde wapens, was hy vandag op vir moord!!

Peet J ·

Hierdie aanvalle en moorde op ons blankes in dorpe, stede, kleinhoewes, plase ens. sal met alle respek gesê, aan die instansies wat dit teenstaan absoluut geen oplossing bied nie soos ons dit reeds ondervind het. Dit is tog verstaanbaar dat alle swartpolitiekepartye op een of ander manier deel uitmaak van die ANC regering se grondverdelingsprogram en dit ten sterkste ondersteun. Die oorgawe van 1994 het grootliks daaroor gegaan dat die grondhonger van die swartmeerderheid versadig moes word en nie soseer oor demokrasie nie. Die instansies wat tans teenkanting bied teen grondhervorming het geen voet om op te staan nie en moet liefs ‘n leefbare oplossing gepaard met ‘n blyplek vir ons blankes aan die regering voorlê.

rafel ·

Murder and mayhem. Dis reeds oorlog. Ons moet onsself bewapen en Gou ook.

Chilli ·

Julle dit gaan erg in die land!! Al wat ek vra was daar al ooit 6, 4, of meer wit mans wat swart mense gaan aanval of dood gemaak of afgebrand het? Ek weet nie van een nie

Oom Harry ·

Mense word wakker! Gaan lees Jamie White se artikel “Civil Defense Expert: White Genocide Imminent in South Africa” op infowars.com van 3 Mei 2017. Kyk veral wie befonds die moorde.

Blits ·

Ek sien daar n paar mense wat op kommentaar die boer kap, mens kan sien julle is nie boere nie, Boere het n baie besige lewe met mense wat kom en gaan en heeltyd kom vir of beeste of skape of voer wil koop, onthou dis die boer se besigheid, dis hoe hulle jou leer ken en prisies weet wat jy doen en dan help die huishulp gewoonlik ook met inligting, soos wat met die oom gebeur het, jy kan met jou wapen onder jou kop kussing slaap maar as hy n wapen het skiet hy jou dood voor jy n wapen kan kry, dit gaan lankal nie meer oor huisroof nie, huisroof is net n dekmantel, die boere word alhoemeer wreed vermoor, word eers aangerand en dan vermoor, ons het al gekry waar hulle n oom lewendig geslag het, julle verstaan nie die mense nie, vir hulle gaan dit nie net om die boer te dood nie maar om eers te verniel dan te dood, boere is teikens juis omdat daar nie vinnige hulp naby is nie, As hulle die boere uitwis dan het hulle klaar die grootste deel van die stille oorlog gewen.

Chaparel ·

Ons is nie opgewasse teen die miljoene menigte nie, ons het gewoonweg nie n skyn van kans nie wat ons ook al probeer.
Sterkte aan die plaasboer en familie.

SARIE VAN HEERDENs ·

Stem saam met Blits dat dit maklik is om vir die boere te se hulle moet paraat wees, vuurwapens by hul hou en die vader weet WAT nog. Duidelik is dit mense wat nie die lewe van ‘n boer ken of beleef het nie. Mense moet ophou met hul kommentare en liewer maniere uitdink en aan ons uitgee van HOE ons die moorde kan systap of vermy. En moet maar ook nie van ons stedelinge vergeet nie want ons is ook sagte teikens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.