Man op Noordwes-plaas vermoor

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is Maandagoggend dood op ʼn plaas buite Potchefstroom in Noordwes aangetref.

Lt.kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die plaas is sowat 25 km buite Potchefstroom geleë op die Ventersdorp-Potchefstroom-pad. Volgens Myburgh is die boer nie die eienaar van die grond nie, maar hy huur die grond en woon en werk op die plaas.

“Soos ons verstaan was die boer weg vir die week en het hy ʼn persoon aangestel as oppasser om na die plaas om te sien. Hy het dit glo gereeld sonder enige probleme gedoen. Die oppasser het sedert Dinsdag in die huis op die plaas gewoon,” sê Myburgh. “Die boer het ook iemand gevra om elke dag die honde op die plaas te kom kos gee.”

Volgens Myburgh het die persoon wat die honde kos gee vanoggend omstreeks 11:00 op die plaas aangekom en besef iets is fout. “Die voordeur se diefwering en die houtdeur was oopgebreek. Die persoon het in die huis gekyk en iemand op die grond sien lê waarna die polisie ontbied is.”

Die oppasser is dood in die slaapkamer aangetref. Volgens Myburgh het die oorledene ʼn kopwond gehad, maar dit is in dié stadium nie bekend of hy geskiet is en of die wond op ʼn ander manier toegedien is nie.

“Die oppasser is vermoedelik in sy vroeë 20’s, maar hy is nog nie uitgeken nie. Dit lyk asof daar gepoog is om die kluis oop te breek, maar hulle kon nie daarin slaag om dit oop te kry nie. In dié stadium lyk dit slegs of die oppasser se selfoon gesteel is, maar ons sal met sekerheid kan bevestig wat presies gesteel is sodra die boer se verklaring afgeneem is,” het Myburgh gesê.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Johan ·

En dat sulke onheilige dinge oor ‘n Paasnaweek kan gebeur! Dis absoluut skokkend!!

tienie ·

Hoe de hel kan dit gebeur ,jou deur oopbreek en jou vermoor.Hoe paraat was die persoon.Wel ek kan dit nie glo nie.

Anoniem ·

Verskriklik baie aanvalle oir fie paastyd gewees. So hartseer om in so kand te woon . Sterkte aan fie man se baasvestandes ONS WIK MAAT GOD BESKIK!!!

Kolle ·

Dêmmit man! Nog ‘n sinnelose tragedie. Hoekom toeslaan juis die week wat die boer nie daar is nie?

madels ·

Miskien het hul wel toegeslaan omdat hul gedink het die boer is daar! O mag die Here ons boere genadig wees want so kan dit nour waaragtig nie aangaan nie :-( Tragies oor die jong man wat met sy lewe geboet het om die plaas te kom oppas :-( Mag die familie van die oorledene diepe vertroosting vind in ons Hemelse Vader

Gaitsigubib ·

Jy meen hy moes juis gaan wanneer die boer daar was, want die boer is tenminste skuldig aan iets. Jou skrywe is niks anders as haatpos nie. Dis jammer jy is so vol haat, want ek dink jy het die vermoe om nie afbrekend te wees nie.

Frederick ·

Ek sê altyd en weer,huise
word nie veilig gemaak nie,bv.hout deure,diefweering met rawbolts vas,veiligheids hekke net in middel by slot vas,honde loop los op erf rond,
Hul moet sukkel om in tebreek,sodat die persoon binne tyd het om iemand te bel.

Dries du Toit ·

Bach se vir ons wat het jy te se oor hierdie moord. Ek sterf liewer met n assegaai in my hart met n geweer in my hand

Dorothy ·

Dis baie erg wat besig is om te gebeur. Wonder wat het met die honde gebeur? Seker ook dood van die honger.

Bekommerd ·

Dit voel vir my asof ons boere afgemaai word op dieselfde strategiese manier wat die Nazi’s die Jode gefolter het. Eers ongesiens, toe die Jode se taal en kultuur en toe die genocide. Hier is ‘n nuwe Hitler aan bewind wat hierdie beplan en toy uitvoering bring. En die liberaliste speel in hul hande. RIV jongman. Jy het dit nie verdien nie. Mag jy saam met die engele vlieg en aan God se regterhand sit. Innige simpatie aan sy familie.

Pieter du plessis ·

Sy het ten minste die klag reg en die ondersoek soos gewoonlik ,die vraag is wat gaan die polisie doen om die aanvalle te stop voor dit gebeur,ek wonder of een van die goeie eerbare nie korrup polisie persone miskien die vraag kan antwoord.

Docpietza ·

Ffffffffffff……. Flippit nou raak dit belaglik, siek en onaanvaarbaar. Dis lankal so maar nou moet ons opstaan. Ai so hartseer. Woorde help nie.

willem Botha ·

Geagte Marinè,vra asb die polisie woordvoerders wat die polisie gaan doen om nog aanvalle te keer,ek weet hulle sê n saak word ondersoek maar wat ons graag wil weet is ,hoe hulle verdere aanvalle gaan bekamp,dmv meer sigbare polisie in die area,gebruik maak van intelligensie om inligting te kry,die plase op n gereelde basis te ondersoek.

fourie ·

Dit is belaglik 25 km van die polisie stasie die aanvallers weet dit,plaas n bemande satelliet stasie daar en verkort die responding tyd .Die mense het n reg op beskerming

Laksman ·

Hou jou wapen by jou, laat jou Jack Russel in jou huis slaap. Kyk wie word dan verras en dood in die plaashuis aangetref!

Richard ·

Tragies. Hou aan DA en ANC stem, want dan gaan dit net erger word. Die een ondersteun doodsdreigement teen boere en die ander een is ‘n ruggraatlose opportunis.

sweis ·

Ek stem laat die minderheid die VF+ sterk maak ,die DA kan in n koalisie vennootskap aangaan met die VF+ as hulle die nuwe regering wil word.

HPV ·

Malema hits met die mrk se goedkeuring aan en ons tel voort. Kla hom en die mrk by die Wêreldhof aan.

Salomé ·

Vrinne,gaan stem tot julle blou word!
Die wêreldorde en illuminati het laaaankal reeds bepaal wie sal wen en heers, nie ons stemme nie

Gert Potgieter ·

Jy praat waar. Demokrasie. Demos(mens). Kratos(krag). Die mens probeer regeer deur sy eie krag, en kyk waar het dit ons gebring. Die wêreldorde lag vir ons.

Frik ·

Ag asseblief. Om nie te stem nie is n stem vir die ANC. Moedig eerder mense aan om vir die Vf+ te stem en versterk hul hand.

mike ·

Nie regtig nie… Bedende mense is die maklikste tykens wat ‘n terroris voor kan hoop Hulle sit gewoonlik met toe oë en hoop die Terr sal sy mind verander sommer so uit die bloute uit… Het nog nooit gewerk nie en sal ook nooit werk nie…

shirls ·

Ek kan nie glo dat so iets elke dag gebeur, en ons as mense praat net.

Attie ·

Wonder of dit nie dieselfde groep is wat die Coetzee’s van Vyfhoek aan geval het nie. Dis nie so ver uit mekaar gelee nie.

Roberto Betta ·

Should put these stories in the sports section because that’s what it’s become.

fred ·

VF+ ?????het nog niks kommentaar van hulle gehoor…het julle?
Waarom kan hulle nie LUIDRUGTIG protesteer ,saam met Afriforum aksie op die been breng, die tyd om beskaaf te wees is verby,nie woorde maar dade VF+…bewys julle kan iets doen om hierdie moordenaars te hang

kolla ·

Jy’s reg, praat net doen niks. Vir ‘n party wat so gaande is oor plaasaanvalle doen hulle niks nie, geen optogte nie, geen saamtrekke na hofsake nie niks. En ons weet mos in SA moet jy betoog om jou stem te laat hoor. Maar nou jou die wat kla, kla uit hul gerieflike leuenstoele en dis waar dit sal bly.

Jasper Coetzee ·

Die “Argief” foto is geneem op die plaas Florida, by Vanstadensrus in die Vrystaat. Na die moord wat daar gepleeg was Julie 2018.

Sarel ·

Weet, in die eenkant word julle besorgdheid werklik waardeer. In die anderkant vra ek wat gaan julle self doen om te help? Sommiges wil dan nie eers gaan stem nie. Weet julle werklik wat die boere moet deurmaak ? Snags veiligheid doen en bedags werk met n astronomiese klomp wette en moedswillige en uitdagende werkers en vakbonde om jou te vertoorn. Het julle al gemerk hoe efektief die polisie wel kan optree as n boer n voet verkeerd sit. Julle ken maar net tendele.

fred ·

lees nou die Cyril het dringend na n AU vergadering gereis om die VEILIGHEIDS SITUASIE in Libië en Sudan te bespreek???????
Hy kan beter sy tyd hier in Suid-Afrika gebruik om hier die plaasmoorde tekeer…maar ja dit is seker te moeilik vir hom….

Die Verlore Skaap ·

Dit was n onskuldige man in sy 20’s
Sy hele lewe le nog voor
Nou is hy vermoor deur gemors

Anoniem ·

Die polisie beskik net eenvoudig nie oor die mannekrag om elke woonbuurt, kleinhoewe en plaas te kan beskerm nie. Die afskaffing van die kommando stelsel was ‘n groot fout, maar die regering het hulle as ‘n bedreiging gesien. Die weermag kan ingespan word, maar kan beswaarlik keer dat onwettige burgers die land binnekom, so waar laat dit ons? Ons sal na onsself moet omsien en in netwerke saamwerk, maar of almal daarby sal inkoop is te betwyfel. Misdaad en totale anargie is aan die orde van die dag, maar die regering sal niks doen wat hulle eie mense teen hulle sal laat draai nie. Ons Blankes leef in die “uitlewerings fase” waar ons aan die massas uitgelewer word. Net ons kan dit verander, maar daar is hopeloos te veel ligsinniges en verligtes wat nie hierin glo nie, dus is dit elkeen vir homself.

vra net ·

wat di ergste is,dis ni meer oggend ure ni dit raak nou so gemaklik vir plaas aanvallers dit word somer nou helder oor dag gedoen ook.dis van siek te word……

Attie. ·

Frik, het jy nog nie agtergekom dat ons Afrikaner ly nog aan bomskok na die Boereoorlog nie. 1902 word die vrede onderteken en wragtag…daar gaan help ons die Engelse twaalf jaar later teen die Duitsers, dieselfde Duitsers wat aan ons kanonne en Mausers verkoop het. In 1930 werk ons as slawe vir die Engelse op die myne of as slawe vir Veldmaarskalk Sy Ed Genl Smuts, op die paaie. In Pretoria Oos is die meesteAfrikaners per vk km maar hul winkels en besighede het Engelse name. Is jy nou simpel in jou kop dat so ‘n nasie Afrikaans kan stem. Nee Frik, besef dat ‘n Afrikaner net DA kan stem want hulle wil nie in ‘n koalisie regeer nie…nee hulle wil wen. Ek en jy stem VF+ maar die res kan ek net van sê….bou nou ‘n nasie met sulke mense.

Attie. ·

Salomé, Die wereldorde hou van die rigting waarin ons beweeg want oa gaan al die voedsel uitvoerehulle geweldig baat, dis nou uitvoere na ons. Maar ek het nog nie n lid van die ulliminatie gesien wat ‘n pistool teen ons rug hou en ons dwing om DA te stem nie. Tog doen ons as Afrikaners presies wat hulle wil he ons moet. Verduidelik vir my wie maak ons blind.

Gaitsigubib ·

Daar is dinge wat mens kan doen Sarel maar die antwoorde le nie noodwendig by die stembus nie. Jy kan byvoorbeel organisasies steun wat jou saak stel in die buiteland – dalk moet die klomp anc kriminele nog eendag verantwoording doen.

PieterJohannes ·

Ons gaan so maklik van die punt af en dan word alles politiek. Die tragedie is dat die jong man waarskynlik ongewapen was en geen idee van plaas veiligheid of enige opleiding gehad het nie. Die boer mag nie sy wapens vir die jongman “leen” nie. Dis teen die wet. Die inligting is versprei dat hy alleen was en ongewapen. As ons dit doen, is ons aandadig aan sy moord. Sy lewe ten koste van aardse besittings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.