Man sterf ná aanval op Oos-Kaapse plaas

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn 51-jarige man is Sondagaand ten aanskoue van sy vrou en seun op ʼn plaas in die Kirkwood-omgewing in die Oos-Kaap vermoor.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê die gesin was omstreeks 19:05 tuis toe ʼn onbekende man skielik sy verskyning in die huis gemaak het. Die pa en sy seun het die indringer getakel en oorrompel.

“Dit is toe dat nog twee verdagtes skielik die huis binnegekom en die pa in sy rug begin steek het. Die pa en seun het die eerste verdagte laat gaan en die drie het van die toneel gevlug,” sê Swart.

Die pa is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas waar hy aan sy steekwonde beswyk het.

“Dit is nie in dié stadium duidelik of enigiets tydens die voorval gesteel is nie. Die drie verdagtes het glo klapmusse gedra ten tyde van die aanval,” sê Swart.

Sy sê ʼn taakspan wat uit verskeie polisie-eenhede bestaan is op die been gebring om na die aanvallers te soek. Niemand is egter nog in hegtenis geneem nie.

Sake van moord en huisroof is aanhangig gemaak.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om ao. Morné van Tonder by 082 441 7738, die SAPD in Kirkwood by 042 230 7600 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Stebastiaan ·

Nog ‘n tragedie wat die oorsaak is van ‘n swak regering. Gelukkig slaap GOD nie, my hart gaan uit na elke boer en familie wat deur so ‘n daad ontwrig word. Sterkte, bid vir julle.

AndreD ·

Hoe is dit moontlik dat iemand sommer in jou huis verskyn? Dis oop deure en oop vensters met geen diefwering as jy my vra. Sterkte aan hierdie gesin. Baie slegte nuus….

Haan ·

Ek woon in n sekuriteit-kompleks en ek dra heeldag my vuurwapen by my. Selfs kerk toe. Gelaai met n rondte in die loop en gereed om te vuur. Daar sal diegene wees wat sê “jaa maar mens mag nie jouself verdedig nie” of “as jy terug skiet gaan jy tronk toe” ensovoorts. Ek gaan nie wag om te kyk hoeveel genade n moordenaar aan my betoon omdat ek te bang is om my/my gesin se lewens te verdedig nie. Naïewe boere moet daai leathermans aan hul belde met pistole begin vervang.

My hart gaan uit aan die gesin wat nou sonder n pa moet leef. Dit is om van naar te word

Watnou ·

Plaasaanvalle het nou “aanval op plaas” geword. Hou hulle nou ander of nuwe statistieke onder daardie opskrif?

IK ·

Agie, dit gebeur mos net met ander. ‘n Bufferplakker het so gelees: ‘You won’t be the first one BUT you could be the next one’.

Agie ·

Dis hoekom ek die vrae, vra. Om paraat te wees moet ons, onsself gereed hou vir die onverwagse. Mens leer uit kennis.
Dankie IK, nou het ek steeds nie antwoorde gekry nie

jan ·

KLOMP LAFAARDS SAL ALTYD IN GROEPE VAN TWEE OF MEER WEES .HOOP HULLE WORD GEVANG . STERKTE AAN DIE VROU EN SEUN.

aj ·

Bewapen en verdedig jouself!

Niemand anders gaan jou beskerm nie.

Werkers is 90% van die tyd betrokke by plaasaanvalle.

Gemeenskappe moet kommunikasie netwerke stig en hulself sodoende beveilig.

willem Botha ·

Mense wat die polisie kan bystaan ,wat n grap die polisie het nie die vermoë om hulself te help nie ,hulle ondersoek net tot die volgende saak dan is die eerste een vergete en so gaan dit aan maand na maand jaar na jaar.

Anni ·

As ek mag vra Wat is jou rang in polisie? Klink so of J presies weet wat aan gaan in SAPD.

June ·

Een van die moordenaars was n paar dae gelede vrygelaat. Hy en sy makkers het n man en vrou aangerand in dieselfde omgewing, net om terug te kom en n onskuldige man van sy lewe te ontneem.

willem Botha ·

Dit het tyd geword om die klomp in blou verantwoordelik te hou vir die misdaad styging, dagvaar die klomp ,onbevoegdheid en versuim om hulle mandaat uit te voer .

Helene Heyns ·

Ag Anni jy het nie n rang in die polisie nodig om te weet wat daar aangaan nie. Ons almal kan lees en het verstand. In elk geval is dit wat daar gebeur so ooglopend soos daglig. Hul slaap en eet meer as wat hul werk. Gelukig is daar n baie klein persentasie uitsonderings

June ·

Die arme mense het op n Sondagmiddag t.v gekyk en ontspan, n mens sluit nie die deure elke keer agter jou nie.

Rêrig... ·

Wel ons bly op ʼn plaas en ons doen. Elke keer sluit ons ons deure. Mense kan nie meer die fout maak van deur oop los nie.

KaterinaKat ·

Daar is nie meer die opsie om n deur oop te los nie. Ons woon in n oorlogsone. My gesin en ek woon op n plek wat bietjie veiliger is as in die dorp, en n honderd maal veiliger as op n plaas. MAAR die veiligheidshekke is ALTYD toe. Dit word nie eens vir 5 minute oopgelos nie. Die dae van ontspan is vir ewig verby vir wit mense in Die land. We are trying to survive behind enemy lines, we are in a war zone. Mense moet dit nou regtig begin besef.

HPV ·

KaterinaKat, dit is reg om so veiligheidsbewus te wees. Dit is mense soos jy wat bly lewe en bewus is wat om jou gebeur, doen so voort en stel ‘n voorbeeld vir ander.

Anni ·

Ek vra elke keer, wanneer oh wanneer gaan hierdi hartseer onnodige gud eindig. Antwoord:
Wanneer di ANC eendag ni meer di land reageer ni, want hul laat als tu, di strawwe Wat toegestaan word aan MOORDENAARS word lekkerder en lekkerder. Sit heerlik in tronk ek betaal daarvoor, saak as kos ni lekker is. En oh Ja, elke keer is dit di polisie se skuld, nou wonder ek net, hu mut di polisie Al hierdi sake oplos as hul ni Kans kry ni, want dit Hou net aan en aan en aan. Gaan klop aan di regering se deur oor hukom als so korrup is en niks gebeur ni.

Magda ·

Ai tog – ek moes eers jou skryftaal ontsyfer om die boodskap te kry. Ek wens mense kan asseblief hierdie whatsapp taal vergeet – ons Afrikaanse taal word reeds vergeet en agterweë gelaat. Regtig?

Pierre ·

Die wêreld gaan mal oor ‘n aanval op Muslims, maar hierdie plaasmoorde val in die verkeerde bevolkingsgroep om nuuswaardig te wees.

Hangman ·

BLF en EFF wil boere se grond he. Hulle wil he boere moet in vrees leef. Wees altyd gereed, op enige plek, om jouself te beskerm teen die lafaards. Hulle kom wanneer jy dit die minste verwag, want hulle hou jou dop. Diefstal is net n verskoning vir n beplande moord wat nie uitgevoer kon word nie. Dit gaan ook nie die laaste aanval wees nie.

Koos de Meyer. ·

Jy gaan maar jou wapen aan jou sy moet hê. As hy met ‘n mes of balaklawa kom, moenie wag nie gebruik jou wapen hy gaan nie komitee drink nie. Daar is dit nou weer bewys. Die wet sê jy mag jou self en jou familie verdedig. Ons moet altyd paraat wees, ons leef in ‘n wettelose siek land.

humor ·

Neewat Jannes jy is nou ongelooflik onbeskof. Hierdie persoon is n Afrikaanstalig nie. En niemand het jou as waghond aangestel om ander te korrigeer nie.

ek sê maar weer ·

Humor, di sonbeskof om ons taal so te misbruik. Jinne mense spel die mees eenvoudige woorde verkeerd. Dan word daar gedurig gekla Afrikaans moet voertaal bly by skole en universiteite en oo die hande word in die lug gegooi as net iets oor Afrikaans se voortbestaan gesê/geskryf word maar dan mors mense so met ons taal. Ek gee GLAD nie om as mense my korrigeer nie. Ek weet almal maak vingerfoute maar sommer swak spelling (luiheid!) iriteer my geweldig.

Anni ·

OK Jannes, Retha, 1ste ek is suiwer afrikaans!!!! Retha j en baie ander skel di polisie uit. Wat het di polisie met di moord
uit te waai. Ek het mos gese ek kan hierdi gud ni meer hanteer van MOORDE en alles ni. Dit grief my dat di regering niks daaraan dun ni. Weet julle hu lekker Bly di MOORDENAARS en diewe in tronk. Heerlik Glo my, hulle dun niks, niks niks ni. Wat is nou heerlike om gestural te word vir moord en J Kry 20jr. Dit bring ni di oorledene terug ni. Ek het Al in hoeveel briewe myself gevra vir bring di DOODSTRAF terug. Dis al Wat di spul sal sal laat skrik en 2keer dink voordat hul misdade pleeg. Ons probleme is by di regering Wat landswette verander soos dit hul pas. Di polisie is ni almal ewe sleg ni, daar’s nog blankes Wat regtig probeer om hul deel te dun. Maar nou is almal sleg. Het een van julle Al ooit iets gud gesien Wat hul dun ongeag kleur en ras, en Dan gese het Dankie maat ek sien julle probeer. Nee kraak Maar af Ons skouers is breed. Julle weet Ons is ook skaam om te se Ons werk in staatsdiens, want Wat Ons ookal probeer daar’s altyd net negatiewe kommentaar. Hoop julle almal het n wonderlike dag, vol liefde en Genade. N hand Wat oor jul sal waak teen Al di Boosheid in di ou lelike wereld.

KaterinaKat ·

En al wie ooit die doodstraf sal kry, sal wit minse wees. Don’t fool yourself for one minute. Dit sal nie n duit verskil maak aan swart moordenaars nie want hulle sal nie die doodstraf kry nie. Mense soos die doodskis 2 en die Coligny 2 SAL.

June ·

Lyk my almal kry die skuld vir die moorde, en misdade behalwe die misdadigers self. Dit is jou fundamentele reg om veilig te wees in jou eie huis. Ons wonderlike grondwet se mos so.

HPV ·

Simpatiseer met die naasbestaandes. Vuurwapen byderhand kon ‘n reuse verkil gemaak het, selfs al is jou huis se deure oop. Dit moet in elk geval vreeslik wees om jouself heeldag in die huis toe te sluit.

KaterinaKat ·

Ek vind dit lekker om so toegesluit te lewe. Miskien ly ek aan n tipe PTSD maar ek sal absoluut die horries kry as ek moet weet n deur staan oop. Ek is al gewoond om in n sel te lewe, ek dink baie mense is. Ek het al genoeg gelees en gehoor wat n mens oorkom wanneer die satangskinders n mens in die hande kry. I will rather live in a cell than fall into the hands of devils. It is what it is.

carel ·

iets is nie reg of die waarheid nie. ons president het in n onderhoud op internasionale tv laat blyk daar is geen plaasmoorde in sa nie. hy sal mos nie lieg nie???

GM ·

Hoe slim is dit om te pleit vir doodstraf, as ons regsstelsel sekeres meer gelyk as ander behandel? Sekeres gaan die doodstraf opgelê word vir ‘n woord, terwyl ander gaan wegkom met moord. Sien jul doodstraf-voorstanders dit nie in nie?

Michelle ·

My innige simpatie.
Dis baie wreed en verskriklike ding wat met hierdie familie gebeur het.
Ek kan net se sterkte vir almal.

Penellope Jones ·

Sal seker niks van kom nie. . . . ..
Sterkte aan die familie en geliefdes.

Jollie ·

Hulle het eenvoudig n gat in die draad geknip, daar was lemmetjiesdraad bo-oor. So hulle het gekom met n plan.

klip in die bos ·

Om baie meer georganiseerd te werk te gaan om jouself en ander te verdedig is die enigste pad vorentoe. Die tyd om net na jou eie veiligheid te kyk is verby?

Adam ·

Wat ‘n tragedie! Sterkte aan die familie. KaterinaKat is reg om aan te voer dat jy ten alle tye jou moet beveilig aangesien SA se vlakke van wetteloosheid ongelooflik hoog is. Gewelddadigheid is deesdae ‘n nasionale sport en selfs in Londen se strate is daar die een mesaanval na die ander. In SA met sy enorme werkloosheidskrisis en politici se opruiende toe- en uitsprake is gevangenisstraf en selfs die doodstraf, sou dit weer ingestel kon word, nie genoeg van ‘n afskrikmiddel nie. Die enigste hulpmiddel wat ons teen misdaad kan inspan is om te alle tye so goed as wat ons kan na ons veiligheid om te sien. Die gemors wat die regering aanvang en die tekort aan geld en kundigheid in die geledere van die SAPD laat ons geweldig kwesbaar

GERHARD ·

IT IS TIME THE DEATH PENALTY MUST COME BACK IN SOUTH AFRICA ? THEY TOOK LIFE THEN THEIR LIFE IS ALSO TAKEN AWAY WE ? FOR BETTER SOUTH AFRICA WITH ACDP FOR SOUTH AFRICA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.