Man op pad hof toe doodgeskiet

Die misdaadtoneel. Foto: Raahil Sain/ANA

Die misdaadtoneel. Foto: Raahil Sain/ANA

ʼn Man is dood nadat ʼn groep verdagtes op die motor, waarin hy ʼn passasier was, losgebrand het in Port Elizabeth.

Ao. Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorledene was saam met drie ander mans in ʼn VW Golf na die Port Elizabeth-landdroshof op pad. Vier mans in ʼn goue Mazda Etude het in Govan Mbekiweg verby hulle gery en op die Golf losgebrand.

Volgens paramedici op die toneel is een van die mans in die Golf verskeie kere getref en hy is op die toneel dood verklaar. Nog ʼn passasier is in die hand en die ander in die rug geskiet. Die vierde man is nie raakgeskiet nie.

Volgens Labans hou die voorval moontlik verband met bendegeweld. ʼn Taakspan lei die ondersoek na die voorval en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Dit is nog nie duidelik waarom die mans op pad was hof toe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gesiggie ·

Die wat losgebrand en geskiet het, het geweet waaroor die man oppad hof toe is? en weereens is die gereg in eie hande geneem, want hul het geweet dit gaan lank vat…Bendegeweld”’ ja dit kan rof raak…

Cherokee ·

Raai raai – wat word iemand genoem wat iemand anders doodskiet?
Antwoord – ‘n Verdagte.

Takkie ·

Cherokee bedaar. Dit bly ‘n verdagte totdat die hof beslis het wat hy is, anders kan die koerant vir laster gedagvaar word. Dit is die wet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.