Man op pad werk toe doodgeskiet

Argieffoto

ʼn 55-jarige man wat Saterdagoggend op pad na Evander Goudmyn in Mpumalanga was om vir werk aan te meld, is ʼn paar meter van sy huis af koelbloedig doodgeskiet.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 06:50 in Leslie gebeur.

Mduduzi Simelane, die taksekretaris van die National Union of Mineworkers (NUM) by die myn, was ʼn entjie weg van sy huis af toe ʼn wit Toyota Yaris langs hom stilgehou het. ʼn Aantal skote is afgevuur en Simelane is op die toneel doodgeskiet. Hlathi het gesê ooggetuies het gesien hoe die Toyota Yaris van die toneel vlug, maar die voertuig se nommerplate was bedek.

“Die redes vir die moord is nie bekend nie en ʼn saak van moord word ondersoek,” het hy gesê. Enigiemand met meer inligting word versoek om konst. Thulani Madonsela by 081 500 9503 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Erica Albertse ·

Dit is verskriklik!!! Wat is aan die gang in ons land? Ek het net nie meer Woorde nie. RIV want jy het nie verdien om so te sterf nie.

cor ·

Die land van wilde weste afrika, dit is nie meer spies en assgaai nie maar elke hedendaagse cowboy of impi het vuurwapens het sy wettig of onwettig en as iemand met die hoofman of sy bevelvoerder verskil word dit ‘n eengeveg sonder dat daar n uitdaging was. Dit is Afrika n vasteland sonder respek vir n mense lewe, jy leer om daar mee saam te leef of om jou dood te stress, n wonder vasteland jy wonder wie of wat is volgende

Skim ·

En so word alle Suid AFrikaners uitgeroei en die REGERING sit en giggel en dink dit is ‘n grap .. veral as dit plaasboere is wat die slagoffers is is dit mos net gewone roof of misdaad, of die boere het die werkers “swak” behandel, nou word daar al hoe meer anderskleurige besigheidsmanne en huishulpe vermoor, wonder of daar nou ‘n liggie sal aangaan, dat dit nie die wrede rassistiese witmense is wat kla en doodgemaak word nie, maar ook hulle EIE mense! My INNIGE simpatie aan sy familie en vriende, ons is in dieselfde bootjie, om geliefdes te verloor terwyl die FAT CATS sit en HEHEHEHE!

Flintstone ·

Ou storie wat nooit sal verdwyn nie:jaloesie,afguns,naywer

Bosveldg ·

Nuwe vakbond is mos nou onlangs gestig, maak plek vir hulself…

Ekke ·

Nog ‘n familie sonder ‘n geliefde… As ‘n dag verbygaan waar daar nie geweld/moord is nie, gaan ons wonder wat gaan aan! Daar is net eenvoudig geen dag meer wat slegte goed nie gebeur nie!

Estelle Leeuwner Claassen ·

Gee hierdie moordenaars die doodstraf, moet hulle nie nog verder die las van die gemeenskap maak nie……..

Elizabeth ·

Self Mnr Ramaphoza het genoem dat sekere mense selfs hulle tot moord sal wend om die uit te vat wat in hul pad staan! Ek wonder of enige iemand besef tot waarna toe SA se leiers in staat is om beheer te behou! Hoekom dink ons word ons so uitgemoor???? Wit is die wat die meeste beswaar maak teen alles wat die ANC verkeerd doen! As daar nou ñ bediende of ñ plaaswerker ook sterf in die proses, sal die anc die laastes wees wat daaroor huil! Hulle vermoor tog hul eie al oor die laaste 103 jaar! Die wat kan, luister gerus “klank koerant” op Radio Pretoria, Solidariteit en Afriforum is wakkerder as wat die meeste van ons besef. Die artikels op Klank Koerant is 100% in die kol!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.