Man op parool in plaashuis betrap

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn 35-jarige man wat op parool was, is in hegtenis geneem in verband met ʼn huisbraak op ʼn plaas in die Ventersdorp-omgewing in Noordwes.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die inbraak het op 30 April op ʼn plaas in Tweelingfontein naby Ventersdorp plaasgevind.

“Die verdagte, Boitumelo Petrus Mokgatla van die Tigane-township naby Hartbeesfontein, het na bewering die aand die boer se huis betree terwyl die inwoners nie daar was nie,” het Makau gesê. “Die boer en sy vrou was in daardie stadium by hul seun se huis wat ʼn paar meter van hul huis geleë is. Hulle het vanuit hul seun se huis gesien daar is ʼn man in hul huis en het dadelik die polisie en omliggende boere in kennis gestel.”

Die polisie het spoedig gereageer en die plaashuis omsingel. “Toe die verdagte die polisie opmerk, het hy glo deur die vensters op die polisie losgebrand. Niemand is in die skietery beseer nie.”

Die polisie en gyselaaronderhandelaars kon later daarin slaag om in die huis in te gaan, waarna Mokgatla homself aan die polisie oorgegee het.

Twee vuurwapens en ammunisie, wat vermoedelik in die huis gesteel is, is in sy besit gevind.

“Voorlopige ondersoek het vasgestel dat Mokgatla op parool was. Hy is in 2011 tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak.”

Mokgatla het Dinsdag in die Ventersdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak, diefstal, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en drie aanklagte van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rina

Dit gaan my verstand te bowe dat hy alweer op parool vry is. Die stelsel is hopeloos. Rowers en moordenaars behoort op parool nog steeds ‘n enkelband dra en elke dag by die polisie aan te meld.

Kobus

Hy was daar om te moor! As dit net huisbraak was, hoekom oopmaak op die pote? Maar laat die boere iets doen, gaan vra vir die parys 6

Vytjie Molefe

Ons wat te nagekom word deur hierdie boewe moet in kennis gestel word van vrygelatenis. Ek stem saam met die enkelband sisteem.

Ja toe

Daarshy dit is presies wat ek elke dag probeer se maar dan word my goed nie geplaas nie. HOEKOM word sekere mense op parool EN op BORGTOG vrygelaat en ander nie? Hoekom het dit ‘n rasse-kwessie geword? Wat van ‘n onafhanklike regsbank wat na die sake en nie na kleur kyk nie, wat nie na die protesgangers kyk nie maar na die erns van ‘n geval. Hy is in 2011 tot 10 jaar tronkstraf gevonnis . wragtie gaan hy weer voort met sy dinge in 2017 . Hoe lank loop hy alweer rond en doen kwaad? Hy brand los op… Lees meer »

cor

Kyk mooi daar gaan niks van kom nie, net soos die geval by Brandfort waar ook n parool een by betrokke was. Toe die boer weer sien loop hulle in die straat en die polisie ondersoek nou n saak van poging tot moord teen die boer, dit nadat hulle hom wou vermoor.