Man op parool in plaashuis betrap

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn 35-jarige man wat op parool was, is in hegtenis geneem in verband met ʼn huisbraak op ʼn plaas in die Ventersdorp-omgewing in Noordwes.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die inbraak het op 30 April op ʼn plaas in Tweelingfontein naby Ventersdorp plaasgevind.

“Die verdagte, Boitumelo Petrus Mokgatla van die Tigane-township naby Hartbeesfontein, het na bewering die aand die boer se huis betree terwyl die inwoners nie daar was nie,” het Makau gesê. “Die boer en sy vrou was in daardie stadium by hul seun se huis wat ʼn paar meter van hul huis geleë is. Hulle het vanuit hul seun se huis gesien daar is ʼn man in hul huis en het dadelik die polisie en omliggende boere in kennis gestel.”

Die polisie het spoedig gereageer en die plaashuis omsingel. “Toe die verdagte die polisie opmerk, het hy glo deur die vensters op die polisie losgebrand. Niemand is in die skietery beseer nie.”

Die polisie en gyselaaronderhandelaars kon later daarin slaag om in die huis in te gaan, waarna Mokgatla homself aan die polisie oorgegee het.

Twee vuurwapens en ammunisie, wat vermoedelik in die huis gesteel is, is in sy besit gevind.

“Voorlopige ondersoek het vasgestel dat Mokgatla op parool was. Hy is in 2011 tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak.”

Mokgatla het Dinsdag in die Ventersdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak, diefstal, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en drie aanklagte van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Rina ·

Dit gaan my verstand te bowe dat hy alweer op parool vry is. Die stelsel is hopeloos. Rowers en moordenaars behoort op parool nog steeds ‘n enkelband dra en elke dag by die polisie aan te meld.

Basjan ·

Nóú pra’ jy! Hopelik gaan die outjie hierdie keer oordentlik gestraf word¿

Kobus ·

Hy was daar om te moor! As dit net huisbraak was, hoekom oopmaak op die pote? Maar laat die boere iets doen, gaan vra vir die parys 6

Vytjie Molefe ·

Ons wat te nagekom word deur hierdie boewe moet in kennis gestel word van vrygelatenis. Ek stem saam met die enkelband sisteem.

Ja toe ·

Daarshy dit is presies wat ek elke dag probeer se maar dan word my goed nie geplaas nie. HOEKOM word sekere mense op parool EN op BORGTOG vrygelaat en ander nie? Hoekom het dit ‘n rasse-kwessie geword? Wat van ‘n onafhanklike regsbank wat na die sake en nie na kleur kyk nie, wat nie na die protesgangers kyk nie maar na die erns van ‘n geval. Hy is in 2011 tot 10 jaar tronkstraf gevonnis . wragtie gaan hy weer voort met sy dinge in 2017 . Hoe lank loop hy alweer rond en doen kwaad? Hy brand los op die polisie? Dit is mos verskriklik . maar nee, kom ons konsentreer op die minder belangrike sake waarin wittes betrokke is .. Julle onderrok hang nou erg uit!

Aan Frederik ·

Die regsbank se onderrok . die mense wat veronderstel is om onpartydig te wees .. die mense wat vir sekere mense borg en parool toeken en vir ander nie .. op grond van velkleur . hulle (polities korrekte) onderrok hang uit .. verstaan jy of moet ek ‘n prentjie teken.

cor ·

Kyk mooi daar gaan niks van kom nie, net soos die geval by Brandfort waar ook n parool een by betrokke was. Toe die boer weer sien loop hulle in die straat en die polisie ondersoek nou n saak van poging tot moord teen die boer, dit nadat hulle hom wou vermoor.

Vryheid ·

Die gemors is alweer kans gegee, net om maar weer verwoesting te saai. Hy het nou ook die polisie manne se lewens bedreig. Doodstraf!

Johann ·

Sies julle. Hy was.bloot.daar om sy parool offisier te ontmoet. Dis tog die doel van parool deesdae. Om.ervare moordenaars en verkragters en diewe n kans te gee om aan te hou met hul reg to vreiheid? In n IDEALE Wereld sou die persoon wat hom.en ander soos hy op parool vry te laat, OOK aangekla.word van wat hy en sy boosheids eweknië doen!!!!!!!

André ·

Dis hoekom parool ‘n slegte ding is. Een keer ‘n misdadiger, altyd ‘n misdadiger.

Scalla ·

Hoekom onderhandel as hy op lede skiet, hy moes gesneuwel het.

snoefie ·

en dit terwyl die doodskis-manne steeds aangehou word. hulle het nie gemoor, nie hulle het nie gesteel nie, hulle het nie verkrag nie. hulle het net hulle werkgewer se eiendoms ongelukkig deur intimidasie beskerm.

Moemfie ·

Wat die ergste is is dat hulle regsverteenwoordigers te SLEG is om hulle daar uit te kry .. in watter ander land word iemand wat iemand in ‘n doodskis ingedwing het so lank aangehou sonder om verhoor te word? NET IN SA AS JY WIT IS!

Johanna Botha ·

Die stelsel is net vrot en die polisie ook …net in SA wragtig !

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons het ‘n ingewikkelde manier van misdaadbekamping in Suid Afrika. Dit wat ons doen en toepas werk eenvoudig nie. Daar is geen afskrikmiddelle nie. Hulle moet maar na Zuma gaan dat hy hul kan opvoed, veral oor die alewige demokrasie-woord wat hy nou aanmekaar uithaal en afstof vir al die probleme in die land. In ‘n demokratiese land is reels en wette om nagekom te word om chaos te voorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.