Man op PE-kleinhoewe vermoor

Johan van der Berg. Foto: Facebook

Johan van der Berg. Foto: Facebook

Johan van der Berg (54), ʼn afgetrede tegnikus en sakeman, is vermoedelik deur die loop van Vrydagaand op sy kleinhoewe in die Groenbossie-omgewing in Port-Elizabeth in die Oos-Kaap vermoor.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê Van der Berg se liggaam is deur sy eksvrou, wat in ʼn aparte huis op dieselfde kleinhoewe woon, gevind.

“Die vrou is omstreeks 08:15 na Van der Berg se huis om melk te leen toe sy op sy liggaam afgekom het,” het Van Rensburg gesê.

“Daar word vermoed dat ʼn onbekende aantal verdagtes Vrydagaand of vroeg Saterdagoggend toegang tot sy huis verkry het deur die agterdeur oop te dwing.”

Hy is vermoedelik dood nadat hy met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is. Van der Berg se huis is geplunder en vuurwapens, ʼn televisie en DVD-speler is onder meer gesteel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ron

Mense…Hoeveel nog???

Drieks

Zuma sing vir ons oorlogs liedjies terwyl 14000000 mense honger gaan slaap elke nag. Nou veroorsaak dit dat die brood verskafers vermoor word.

Danielle

Al wat ek kan sê dis verby met SA! Met die huidige regering wat aan bewind is, sal misdaad, geweld en korrupsie NIE tot ‘n einde kom nie. Nee wat, of jy moet maar jou tassies pak en in ‘n ander land gaan bly onder ‘n beter regering of jy moet maar hier bly en suffer! Gaan kyk bietjie na Obama se speech oor nou die dag se geskietery in Amerika. Gaan kyk hoe berou en jammer is hy oor hierdie tipe voorvalle…en hier sit ons, Zuma sê niks oor die vreeslike toenemende plaasmoorde nie en word nie eers op… Lees meer »

Elsie

Ek weet die mense het ook deesdae min vertroue in die DA maar om die ANC van die kar af te gooi is dit wat ons moet doen. Stem DA! Die mense kla, is bekommerd, lewe in vrees en glo daar is nie ‘n toekoms meer vir ons nie maar kom stemdag …….. Dan kry jy wragtig mense wat nie stem nie?! Elkeen kan ‘n verskil maak en dis gewoonlik die wat kla en kerm wat nie sy kruis gaan maak nie. Word wakker mense! Jou kruisie kan ‘n verskil maak. Kan ons nie ook soos een man saamstaan en… Lees meer »

pop

Ja Daniella ons sal pak ons ons dit kon bekostig. Dis baie duur om ander land toe te gaan.