Man op plaas buite Tulbagh geskiet

plaashek-pexels

(Argieffoto: Pexels)

’n Man (36) is Woensdagaand op ’n plaas in die omgewing van Tulbagh in die Wes-Kaap geskiet.

Inligting rakende die voorval is in dié stadium skraps.

Sers. Luqmaan Adams, woordvoerder van die polisie, sê die man was alleen tuis toe hy vyf verdagtes op sy eiendom opgemerk het.

Skote is omstreeks 20:45 afgevuur en die man is in die regterbeen geskiet.

Die verdagtes het daarna op die vlug geslaan en is sedertdien soek.

Adams sê die omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

’n Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Misky ·

Boere/mense op plase en kleinhoewes is uitgelewer aan kriminele en misdaad. Hulle moet regtig oorweeg om blanke haweloses verblyf en werk aan te bied. Daar is honderdes wat sonder heenkome sit en die geleentheid sal aangryp. Ons moet na ons self begin omsien, want die staat gaan dit nie doen nie. Sterkte aan die man en hoop hy is ongedeerd

Pieter ·

Ek het dit probeer. Die blankes wil groot salarisse hê, of anders sit hulle eerder by die huis sonder ‘n inkomste.
My swaer het ‘n hawelose werk en verblyf op sy plaas gegee. Die eerste geleentheid wat hy kon kry in stad toe, het hy gevat en net nooit weer teruggekom nie. Hy het hom later weer gesien by die robot, besig om te bedel. Dis hartseer, mens wil graag jou eie mense help, maar hulle wil nie gehelp word nie

Misky ·

Dis werklik hartseer Pieter. Mens sien gewoonlik soveel mense vra vir werk en hulp, maar ek verstaan wat jy sê. Hulle wil hulp hê en as dit die dag by die daad kom, is dit ander storie

Ou Baardbek ·

Pieter, dit is nou die reine waarheid hoor!! Ons eie mense het ook nou al die hedendaagse heersende ingesteldheid ontwikkel; wil nie werk hê nie, net sjelt!!!

Genis ·

Ek dink regtig hy is erger as Zuma… en dis moeilik om dit moet se

Genis ·

En jy mag nie skiet nie? Want betreding is mos almal se reg

Dirk Mostert ·

Cele wil ons ontwapen sodat die arme terroriste nie moet stres dat daar teruggeskiet word gedurende aanvalle nie.

JohnnyS ·

Gelukkig het hy nie een van sy aanvallers geskiet, ander het hy nou ook agter tralies gesit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.