Man op plaas doodgeskiet, vrou gewond

boer-windpomp-plaas-reint-dykema-7.jpg

Foto: Reint Dykema

ʼn Man is Dinsdagaand in ʼn aanval op ʼn plaas by Biesiesvlei naby Sannieshof in Noordwes doodgeskiet en sy vrou ernstig gewond.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê drie aanvallers het die plaashuis tussen 19:30 en 20:00 deur ʼn venster binnegekom. Volgens Moleko het die vrou iets gehoor en gaan ondersoek instel. Sy is twee keer geskiet. Haar man het haar te hulp gesnel en hy is ook in die bors geskiet.

Moleko het gesê die man het op die toneel gesterf. Daar word verneem die man was 59 jaar en sy vrou 57 jaar oud. Volgens Moleko was daar ook ʼn 88-jarige vrou, vermoedelik familie van die egpaar, in die huis ten tyde van die aanval, maar sy is ongedeerd.

Moleko het gesê die drie aanvallers het met selfone en die egpaar se wit Hilux-bakkie gevlug. Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het Dinsdagaand gesê die plaaslike buurtwagte het hulle na die toneel gehaas en paaie afgesper in ʼn poging om die aanvallers vas te trek. Die vrou is na ‘n hospitaal gehaas. Volgens Moleko was die polisie nog teen 23:00 Dinsdag op die toneel.

Moleko het Woensdagoggend gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die bakkie is ook nog nie opgespoor nie. Sake van moord, poging tot moord en huisroof word ondersoek. Volgens Müller is die bakkie egter intussen in Ottosdal gevind.

Die polisie wou nie onmiddellik die naam van die oorledene bekendmaak nie.

Lees die opvolgberig hier:
Boer voor vrou, ma afgemaai

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

97 Kommentare

Kobus ·

En so word ons steeds stadig maar seker uit gemoor…hul doelwit is om boere van plase te dwing vir hul eie veiligheid en van hul families…makliker om dan grond te gryp en te plak

Juan ·

Maar nou ja.. kom ons hou aan praat oor die moorde op blankes op die plaase.. en dan lees ons net verder oor dit op die nuus.. waneer gaan daar ordentelike planne in plek gesit word om dit te stop? Ons lees baie van al die “meetings” wat gehou word oor die moorde maar waneer gaan ons begin lees oor die uitkoms daarvan???

Nettie ·

Slegs wanneer die volgende plaasvind, sal die plaasmoorde afneem:

1) Mense hulle ten volle beveilig en te alle tye paraat is (as jy in die huis is, BLY in die huis,
sorg dat jy gewapen is, jou deure en vensters TOE is en deur diefwering beskerm is en jy
lid is van jou plaaslike GPF);

2) Die kommando-stelsel teruggebring word en boere/plaasbewoners gemagtig word om
hulself te bewapen, te beveilig en te verdedig

3) Die regering plaasmoorde en aanvalle as aparte misdade beskou, dit so hanteer en die
Polisie behoorlik opgelei word om sulke gevalle te hanteer (m.a.w. strenger keuring,
deegliker en langer opleiding en voortdurende monitering van Lede)

4) Die landsgrense her-opgerig en bewaak word soos wat die geval was vóór 1994.

Rob ·

Juan
Mag ek vra of jy dalk ‘n voorstel het of ‘n plan van aksie?

Susan ·

Gelukkig nie die ou tannie gevind nie, anders was die verkrag en gemartel en vermoor.

Ai ·

Dis wat ek ook se. Al wat hul vat is selfone en n bakkie wat hulle in elkgeval dan erens los? Maar niemand wil die waarheid praat nie.

Ouvrou ·

Ek laat my nie vertel hulle breek in en moor om ‘n selfoond te steel nie. Die bakkie was net om weg te kom. Hulle is gestuur deur regering. Hierdie is werkskepping vir hulle. Mens noem dit hit squads

Anoniem ·

Dit is n klug, hierdie terroriste is nie uit om net selfone te steel nie dit kan ek julle verseker.

Dirk01 ·

As na alle vlakke van chaos kyk lyk dit na n 3de mag om die land in wan orde te dompel , of is dit maar net free for all….ek wonder wat is die vlak van sekuritet met die aanvalle?foto van n plaas aanval wat Maroela media die week geplaas het wys geen heining .HEINING,HONDE,ALARMS,DIEFWERING BOER EN FAMILIE GEWAPEN TEN ALLE TYE AS OOK INGESKAKEL BY PLAAS WAG . Sagte teikens boere is afgelee en moet die fort kan hou tot hulp op daag

Annemarie ·

Dit is die vraag wat ek myself ook afvra. Hoe lyk die gemiddelde plaas se sekuriteit.

Christo ·

Ek stem saam met julle. Ons kan definitief nie staatmaak op die staat om iets te doen nie – hulle motiveer dit immers. Ons moet ons boere help om hulle sekuriteit te verbeter en hulle te bewapen. Ek is nie noodwendig polities verbind aan Afriforum nie, maar skenk elke maand geld aan hulle, want hulle is volgens my die groep wat die hardste veg teen plaasmoorde.

Kobus ·

Ongelukkig is die gemiddelde plaas se sekuriteit nie baie goed nie, die boere kry reeds swaar, en dan nog in nóg skuld te gaan vir veiligheid kan hulle helemal breuk. Dis nie net n paar rand om diefwering, elektriseheinings ens op te sit nie, dis ter 1000’e rande. Die meeste boere het reeds skuld oor die grond, toerusting ens.

CJ ·

Julle moet net onthou die meeste gemiddelde boere kry swaar. Ná hierdie jaar se droogte het hulle al hulle spaargeld gebruik om kos vir hulle diere te koop. By sommige boere het dit nog nie gereën nie en hulle koop nog steeds, meeste koop al op skuld. Onthou ook dat sekuriteitsfirmas báie duurder is op plase as in stede, want hulle moet ver ry. Weet julle hoeveel kos diefwering? Ons het so 2 jaar terug net vir die deel van ons huis onder die gang hek (waar die slaapkamers is) nuwe diefwering laat insit. R18 000 gekos. Waar kry boere sulke geld…veral na ‘n jaar soos hierdie. Toe dit begin reën het dit beslis nie geld gereën nie. Onthou ook boere moet hulle eie pensioen voor sorg. Hulle het nie ‘n werkgewer wat die ander bydrae maak nie. Boere kry ook nie ‘n vaste maandelikse salaris met ‘n medies wat jou werkgewer voor die helfte betaal nie. So ál daai goed kom 100% op die boer neer. Selfs lewensversekering kos meer as vir die stadsbewoner, want boere het ‘n groter risiko. So onthou, sonder ‘n vaste maandelikse salaris moet boere al hierdie goed self 100% betaal én nog voer koop agv droogte. Dis maklik om klippe te gooi en te sê hulle leef onveilig. Maar weet julle ooit hoe werk dit op ‘n plaas? As jy moet kies om jou laaste spaargeld te gebruik vir voer vir jou diere of ‘n heining?

Christo ·

Ek besef wat julle sê en almal het opinies oor wat gedoen moet word en wat nie gedoen word nie en dis hoekom ek graag my bietjie bydra. Die boere sukkel en ek besef dit aangesien meeste van ons familie en vriende het wat boer – ek kan nie my voorstel dat my suster en haar familie ook môre hierdie familie se lot moet beleef nie. As ons dan net ‘n fonds kan stig wat nie korrupt is nie en waar ons almal bietjie bydra as dit net een keer ‘n jaar kan dit sekerlik help? Al spaar dit 1 moord is dit beter as net opinies of kritiek lewer.

Horrelpoot ·

CJ as dit so bedroë gaan is dit tog nie die moeite werd nie?

al ·

Christo – ek het ook al gedink as ons lede van Afriforum dalk op ñ maandelikse basis ñ klein bedraggie by ons debietorder kan voeg.
Maar dis onregverdig as Afriforum lede vir nie-Afriforum lede se beveiliging moet betaal.
Iewers sal iemand moet met ñ werkbare plan kom.

Petro ·

Dit is so hartseer. Wanneer gaan dinge stop? Gister het Zuma ‘n persverklaring uitgereik oor geweld teen kinders en vrouens maar die moord op boere word glad nie aangespreek nie. Wonder maar net wat die agenda is.

John ·

Weer in Noodwes? ‘n Uitwissingsveldtog sodat boere verhuis of grond vir ‘n appel en ei verkwansel? Sekuriteit in die’ gebied is noodsaaklik!

george ·

Dis asof baie van ons boere nie besef , of weet dat hulle in a absolute rooi gebied leef met hulle vrouens en families nie. As a boer se eerste en belanrikste oorhoofse maandeliks begrotings item nie SEKURITEIT is nie kan hy nie bekostig om te boer nie. Belangrik hier is 100 % persoonlike sekeriteit + so ver as moontlik gemeenskaps sekuriteit.

Ai ·

George, die Boere kan maar bunkers onder die huis bou en daarin slaap maar al wat dit gaan beteken is dat die aanvalle dan meestal in die dag sal plaasvind en nie in die aand soos wat dit nou meestal doe geval is. Mens kan net soveel doen om jouself te beilveillig.

Liezl ·

As jul na die meeste berigte lees, dan sê dit of deur ‘n venster of iewers toegang tot die huis gekry. Nie wanneer die ou na die windpomp of skape of beeste geloop het nie. Hulle hou jou dop totdat jy in die huis is!!! SO, MENSE, BEVEILIG JOU HUIS. Sit alarm rondom jou huis op, dat as hulle na die huis kom, dan weet jy ten minste van iemand buite die huis. So, het jy darem ‘n beter kans. Lynette, ek is ook ‘n boer se vrou. Jy’t nie nodig om ‘n verskoning van ‘n ander man te kry nie :) Wees wie jy is, hy’t ook maar net sy opinie gelug.

Cherokee ·

Die program ‘Boer soek ‘n Vrou’ moet verbied word. Jong vrouens moet nie na oorlogsgeteisterde gebied genooi word nie.

Bessie ·

Die program Boer soek ‘n vrou is heel onvanpas in die huidige politieke klimaat. Dis asof hulle die plaasmoorde en ware stand van sake probeer verdoesel met ‘n oppervlakkige romantisering van wat eintlik ‘n doodsgevaarlike situasie is! Ek neem aanstoot dat so ‘n program nog vervaardig word.

Gebreek ·

Ken die mense persoonlik. Liefdevolle kinders van God. Sout van die aarde. Sou nie n vlieg skade aandoen nie.
My hart breek vir hul kinders

Ai ·

Se vir die twee dames ons bid vir hulle. Ons gee om wie okal hulle is. Jammer oor jou verlies. ?

snoefie ·

met elke kandsburger bo 16 se vingerafdrukke op rekord, gaan dit my verstand te bowe dat boewe nie vas getrek word nie. hulle kan nie moor en plunden met geroofde voertuie wat soms etlike km’s van die toneel gevind word GEEN vingerafdrukke nalaat nie. kan die sapd nie vingerafdrukke lees nie of werk hulle toerusting nie meer nie? hulle veskik mos nou oor die dienste van mike bolhuis. last hy die gespuis wat so moor en plunder opspoor.

Lokval ·

Dis meestal nie landsburgers nie .. .die mosambiekers en zimbabwiers bring hulle kant. en hulle kruip sommer deur die draad. Die locals is net die informante, die zimbabwiers en mosambiekers doen die vuilwerk en vlug dan terug na hulle lande. Die locals het dan die kommissie wat hulle gekry het uit die deal deur inligting te verskaf of die boer erens heen te lok.

Deon ·

Genade, die mense weet van die plaasmoorde, kan hulle nie iets doen om hulself te beveilig teen aanvalle nie? Leef almal dan in ontkenning oor wat aan die gang is of het hulle reeds opgegee en wag maar net vir hulle beurt? Ek verstaan glad nie.

Michael ·

Deon ek stem saam en ek vra verskoning as ek ongevoelig klink my oupa het altyd die gesegde gehad as die kop dom is moet die liggaam swaarkry en dit is die geval in die meeste aanvalle wat ek in die media van lees….kom in by ‘n oop deur, wapens was in die kluis toegesluit,wakker geword toe die kamer lig aangeskakel word ens ens ??

LB ·

Deon ek neem aan jy weet nie hoe dit gaan op ‘n plaas nie? Daar is plaas diere wat versorg moet word, werk wat gedoen moet word en nie geld vir ‘n privaat lyfwag wat agter jou staan en jou beskerm teen donker sluipers agter jou rug nie. Iewers om jou werf is bome, mielie- of sonneblom lande waarin ‘n trop terroriste kan skuil sonder dat jy sal weet of lang gras (weiding) naby die beeskraal waar jy jou diere moet hanteer. Dus is dit heeltemal onmoontlik om permanent nie onder skoot te wees nie. Daardie boewe sit jou en beloer en wag die regte oomblik af om jou te bekruip. Mense is bewus en waaksaam glo my, maar jy moet stop by ‘n geslote hek, jy moet steeds voedsel produseer sodat ouens soos jy met ‘n vol maag kan gaan slaap en kan nie ophou leef en te bang wees om te beweeg nie. Wat ek wel vir elke landsburger wil vra, waar is jou vuurwapen wat in jou hand of aan jou sy moet wees? As jy ongewapen is is jy dood.

Michael ·

Ek stem nie saam die boere weet dit is gevaarlik op die plase hulle weet hulle is teikens hulle, nie almal weier om paraat te wees soos in die meeste gevalle is hulle maklike teikens en dit gaan aanhou totdat hulle paraat begin lewe en hulself verdedig teen die terroriste.

Ai ·

Baie van die moorde word gepleeg deur burgers van buurlande wat onwettig hier is… En dan wil die ANC nou visa regulasies wegvat vir alle Afrika lande!

Annie ·

Sterkte aan die familie – gelukkig het hulle die ou tannie nie gekry nie – ondersoek duur voort maar binne 24 uur het hulle die 4 moordenaars van die TV persoonlikheid gevang. Maak jou siek om te dink wat hulle besig is om aan ons boere en hulle families te doen. Hoop hulle vang die varke gou en gee hulle vir die varke om te eet.

Vriend van die boer ·

Deon mag jy nooit iemand so verloor nie jy het nie n clue waarvan jy praat nie. Jy gee die gespuis die reg on maar aan te gaan die boer was toe in sy eie persoonlike huis bly werder stil!

Deon ·

Lees my kommentaar weer. Waar gee ek die gespuis die reg om aan te gaan? Ek verstaan net nie hoekom boere hulself nie beveilig nie. Hulle weet wat die situasie is.

Nettie ·

@Vriend van die boer – nee, die boer en sy vrou was NIE ‘toe’ in hul huis nie; ‘n venster het oopgestaan waardeur die misdadigers toegang tot die huis gekry het.

Deon ·

Vriend van die boer, ek voel heel magteloos as ek die berig lees. Drie aanvallers het die huis deur ‘n oop venster betree digby 8 uur die nag. Jy moet ernstig raak oor hierdie dinge, daar is mense dood.

Chrisjan ·

Deon, die venster was nie oop nie, die venster is stukkend geslaan, die groot venster sonder diefwering, die oom is geskiet toe hy gaan kyk het wat gebeur. Boere kan nie diefwering voor al die vensters sit nie, jy moet kan uit as hulle jou huis aan die brand steek, meer as een moontlike plek, want hulle wag buite vir jou. Dalk is jy gelukkig en klim deur die regte venster??
Wat min mense besef is dat hierdie aanvalle met militere presisie beplan word, daar is vooraf verkenning, soms maande. Dan word daar onopsigtelike insedente geskep om jou en jou moontlike hulp se reaksies te toets en dan wanneer hulle 100% seker is van sukses slaan hulle toe.
Die gewone mens het geen verweer daarvoor nie, vooraf kennis en intensiewe opleiding is al waarborg om so ‘n aanval te oorleef. Boere is die kwesbaarste maar dit word duidelik dat dorpies nou ook geteiken word.
Kyk gerus op http://www.akskagroep.com

Celia ·

Nee jy verstaan verkeerd. LUISTER asb moet NIE gaan ondersoek instel SONDER n oorgehaalde vuurwapen in jou hand nie. SKIET.
Wil jy my se daar is n boer wat NIE n vuurwapen besit nie? Wat kos n koeel?
Hierdie goed kom deur enigiets, dakke, diefwering, alarms- ALLES! beste is jou eie vuurwapen, gelaai, oorgehaal en in n holster aan jou eie lyf. WORD PARAAT. Dis oorlog!
Daars nou al meer boere dood(vermoor) as in die Anglo Boereoorlog!

Elsa ·

Regering wat “tans” aanbewind is, word wakker, jul gaan vrugte pluk van jul dowe ore en blinde oe

Helena ·

Vir almal wat so vinnig oordeel oor ons boere wat nie paraat is – word WAKKER asseblief ons word vermoor op plase waar ons graag wil woon en werk dis nie ons wat die skuldiges is nie. Ons is paraat en het beslis sekuriteit op ons plase ons is nie onnosel en weet verseker teen die tyd wat ons moet doen en nie doen.

Addi ·

As jy vermoed dat daar moeilikheid is (blaffende honde, vreemde geluide) moet jy jou familie onmiddelik in ‘n veilige, ondeurdringbare plek kan versteek vir ten minste 20 minute terwyl jy hulp ontbied. Jy gaan stel nie onbewapen ondersoek in nie. Mense in dorpsgebiede kan ook ‘n luidspreker aanskaf met alarm om die hele buurt (en misdadigers) te verwittig dat daar probleme is. Waarsku die musdadigers dat hulle u eiendom onwettig betree en dat die polisie gekontak is, hulle hou nie van geraas nie en sal vlug. ‘n Groot hond in die huis is ook ‘n aanwins, beter as enige alarmstelsel en gewapende reaksie.

Erick ·

Het iemand al ooit ‘n studie gedoen van plaasaamvallers se politieke party affiliasie en lidmaatskap?

CJ ·

Ek twyfel…meeste moordenaars word nooit gevang nie so hulle kan nie so iets ondersoek nie. Hulle vang net moordenaars as hulle bekende mense doodmaak. Of natuurlik as ‘n boer homself verdedig en sy aanvallers doodmaak. Verder geen moeite.

Chrisjan ·

In teendeel CJ, meeste plaasaanvallers word gevang, waarna ons vir hulle sorg met belasting geld.

ANNALIE ·

En so het elkeen ‘n eier te le. Daar is ‘n gesegde” die beste stuurman staan aan wal”. Jy moet eers self in so ‘n situasie wees voordat enige een kommentaar kan lewer. Wanneer my kleinkind saans by ons slaap en ek hoor ‘n geluid gaan ek eerste vir die kind en beslis nie eerste vir ‘n vuurwapen nie. Dit is beslis nie dat ons op die plase nie paraat is nie, omstandighede verander mens se optrede en om ‘n wapen heeldag by jou te dra is nie altyd prakties moontlik nie.

Chrissie ·

Dis ons almal se realiteit, nêrens is dit meer veilig nie. Hier in die kusdorpe eskaleer die misdaad teen so ‘n pas dat almal binne die bestek van ‘n jaar nou in vrees leef. Aanvalle vind helder oordag plaas. En elkeen van ons leef in ons afgesonderde enklave, ons kokon, om van die misdaadsituasie te praat is taboe, ook waar al die derduisende vreemde gesigte skielik vandaan kom wat die dorpe oorspoel.

rafel ·

“the Farmer at War”…gratis aflaai v internet soos aanbeveel deur n ander leser…baie interessant en hoe om plase te beveilig. Leer van die destydse Rhodesiese boere.

Nettie ·

@Snoefie – as dit maar net so eenvoudig was ……… Elke aand word daar gepoog om by my ou tjorratjie, wat ongelukkig nie die voorreg van ‘n motorhuis het nie, in te breek. Die vingerafdrukke sit helder en duidelik op die vensterruit. Nou vra ek ‘n SAPD-lid nou die dag: as dié vingerafdrukke gelig word, kan dit nie êrens vergelyk word met die vingerafdrukke van mense wat bv. al vantevore by motors ingebreek het en aangekla is van motordiefstal en/of diefstal uit ‘n voertuig nie? “Nee,” is die antwoord, “want daar is geen misdaad gepleeg nie”. Nou is POGING tot INBRAAK en DIEFSTAL dan nie ‘n misdaad meer in SA nie?

brt vd merwe ·

Beveilig boere hulle dan nie? Hoe is dit moontlik dat mense na al die baie plaasmoorde en die publisiteit steeds deur ‘n inbrekers “verras” kan word?

Deon ·

In hierdie geval was die venster oopgelaat. Pure nalatigheid. Nou moet ons treurmares hoor van hoe arm die boere is en nie behoorlike veiligheidstelsels in plek kan bring nie! Belaglik.

Niek ·

Of dit boere op plase is of enigiemand anders, die feit is die misdadiger het geen reg om iemand se lewe of eiendom te bedreig nie. Dit help niks boere aan te val oor hulle veiligheid nie. Die regering is bloot net te sleg om wet en orde te handhaaf. Misdaad is so algemeen in ons daaglikse lewe en dit pas die regering soos n handskoen. Sodoende probeer hulle om die chaos tot voordeel te gebruik. So as iemand wil klippe gooi doen dit in die rigting van die regering en die misdadigers.

humor ·

Wil tog in n sekere opsig met George saamstem. In die huidige omstandighede is sekiriteit eerste op die preoriteitslys. Nie alleen tov huidige winste nie, maar as waarborg vir die landbousektor en die toekoms van ons kinders en land. Hierdie plaasaanvalle vind enige oomblik van die 24 uur plaas en dit verg tans n baie groot en gedugte taakmag terwille beskerming. Ek reken daar sal groter rondom hierdie saak besin moet word. 24 uur patrolering is nou noodsaak. Plaaswonings moet stelselmatig deur kundiges inspekteer word om aan nodige veiligheid te voldoen. Blitsige en deeglike voltydse kommunikasie is noodsaaklik. Baie ander aspekte kan nog genoem word. My hart gaan uit na ons boere daar in SA en ons verseker jul van ons gebede. Ook hier in Namibie is jul kos op ons tafels en ons waardeer dit.

henry ·

Ek dink ons stads mense wat omgee moet probeer ‘n gofund me page begin om geld in te samel vir veiligheid op plase. Ek glo nie dit sal dadelik alles uit sorteer nie maar dit kan dalk help, veral perimeter veiligheid en vroee waarskuwing stelsels. Ek verstaan dis groot areas wat gedek moet word ja, maar iets moet gedoen word, die mense moet gehelp word. Dalk kan groot maatskappye begin om unieke veiligheids netwerke op die platteland wat basies die kommando’s kan vervang begin, want duidelik gaan die regering nie in spring nie. Ek weet nie wat die oplossing is nie maar ek dink boere het hulp nodig om hulself te beveilig en dit gaan dalk net van private mense af kom.

Sonja ·

Aan almal wat vra hoekom beveilig boere hulself nie wil ek net sê: boere doen!! Kom bly jul vir n maand op platteland. Ek belowe jul dat julle oë DAN dalk sal oopgaan en dat julle minder snert sal kwytraak as jul sien hu dit hier gaan.

Di lafaards gaan meestal na ouer mense want hul weet hulle kan di mense oorrompel.

Dis maklik om kommentaar te lewer as jy ni in daai mense se skoene is nie.
Di regering het lankal nie meer n saak ni solank hulle boeties net di grond kan vat gee hulle nie n hel om nie.

Net 'n voorstel ·

Miskien nie die vensters in die nag ooplaat sodat ‘n bende sluipmoordenaars ongehinderd soos kwik in die handpalm uit die skaduwees tot binne in jou huis kan inglip soos in hierdie geval nie?

Suzie ·

Net ‘n voorstel, gaan lees asb weer die berig, veral die deel oor die venster

Tania ·

die vraag is nie hoekom beveilig boere, mense, kinders, ENIGE ras hulleself nie die vraag is HOEKOM MOET ONS, WANT …. ons regering worry nie polisie le en slaap, hulle het nie petrol in bakkies om te kom help nie ens ens ens ens ens ens so DIT IS DIE GELDIGE REGTE VRAAG

george ·

Die antwoord op jou vraag is HOEKOM MOET ONS is…….As jy wag dat regering jou gaan beveilig dan gaan jy vir ewig wag en in die proses seerkry

Anti-Grondwet ·

Hierdie is die soveelste swart-op-wit rassistiese haatgeweld te danke aan verraaier De Klerk wat die land sondermeer vir die kommuniste gegee het. Die “wonderlike” SA Grondwet laat mos Boerehaat toe, veroorsaak dat ons wittes tweedehandse burgers is wat kamstag gesondig het in die verlede, diskrimineer teen die witman d.m.v. rassistiese wetgewing. Die ANC/SAKP is maar net nog ‘n apartheidstaat wat die wittes melk vir hul soustrein, wat niks voel vir hul eie mense nie, Ubuntu is ‘n mooi woord, maar dood in die praktyk.

Afrikaanse Knaap ·

Maak jou saak met jou Skepper reg. Jy kan enige dag gaan. Of dit nou ‘n plaasaanval of ‘n motorongeluk of ‘n hartaanval is. Jou tyd is jou tyd.
Ek gaan terug baklei, en sal nie vrees nie. Dis nie ‘n goddelike voorstel nie, dis ‘n instruksie.

Ruik die koffie ·

Baie goeie instruksie! Ongelukkig dink meeste mense hulle is onsterflik. Die doid is iets wat net met ander mense gebeur. As hulle wel bewus is van hul sterflikheid dink hulle daaroor in terme van ‘n rustige heengaan in hul slaap as hulle eendag baie oud is!

Piet Pille ·

Nettie stem volkome saam met jou. Maar hierdie regering sal nooit die kommando-stelsel weer instel, dit was te goed en het hierdie wrede oortredings in die kiem gesmoor of vinnig opgelos. Stem saam, ons moet almal Afriforum finansieel ondersteun, al is ons bydrae hoe klein.. Van “regering.” se kant sal niks gedoen word, hulle por dit aan.

Boerseun ·

Die antwoord is eenvoudig: Boerekommando’s moet alle uitgange uit dorpe na plase 24 uur beman. Soos die toegangsbeheer na sekere woonbuurte. Dit is m.a.w. reeds wettig! Die moordenaars word gewoonlik per voertuig op- en afgelaai. Plaasmoorde sal dan oornag met 90% daal!!! Natuurlik sal die ANC/SAKP vuur spoeg en holruggeryde anti-wit towerwoordjies soos rassisme, apartheid en diskriminasie skreeu. Maar, soos genoem, dit word reeds in sommige woonbuurte toegepas. Selfs die ministers se huise word opgepas, hoekom nie dan ook die burgers nie?!

JC ·

Dankie Boerseun, beste voorstel wat ek op die hele blad gelees het.
Asseblief julle, laat ons dit toepas. Dis nou of nooit vir Afrikaners!!

Wakker akker ·

Dalk is dit nie slapgatgeit nie maar die regering se grondhervorming agenda soos voorheen oom deurgevoer deur mugabe in Zim. Hoekom is almal so blind en goedgelowig.

Jane ·

EK sal NIE saam met die regering gaan om misdaad teen vroue, kinders en mensehandel as prioriteitsmisdaad te beskou VOORDAT HULLE NIE PLAASMOORDE AS PRIORITEITSMISDAAD verklaar nie. EK is jammer, maar skielik is gesinsgeweld nou MEER belangrik as boere wat ELKE dag op plase wreed gemartel en vermoor word. Ek is self ‘n vrou maar stel GLAD NIE in enige anti-vrou aksie belang VOORDAT die moorde op PLAASBOERE en VROUENS nie aandag kry nie. Vier aanvalle in VIER provinsies maar hulle gaan af oor ‘n man wat sy vrou/girlfriend vermoor het? JAMMER geen samewerking van my nie .. KRY julle prioriteite reg!!

JC ·

Asseblief my geliefde mede Afrikaners, BEVEILIG julself asseblief!
Al beteken dit opofferings. Ek kan nie meer hieride berigte verdra nie, WANT EK WEET hulle is besig met ‘n vieslike proses om ons mense van ons bestaansreg te ontneem.
Dit is beslis die staat wat die moorde bewerkstellig, dis so eenvoudig soos dit.
Ons sit ons ons eie vaderland met ‘n Staat wat in in ‘n staat van oorlog teen sy eie burgers (blanke Afrikaners) verkeer en daarom moet ons Afrikaners dienooreenkomstig optree,.
Die Here weet, die vermoorde oom van ‘n skamele 58 jaar kon my pa gewees het!!!!
Ek verstaan nie waarom spandeer Afriforum nie van die miljoene rande se ledegeld wat hulle elke maand ontvang om die Boere te help met sekuriteit op hulle plase nie AL DOEN HULLE DIT GRATIS EN VERNIET?????????
IDENTIFISEER OOMS EN TANNIES WIE SE SEKURITEIT NIE OP STANDAARD IS NIE, HELP HULLE, WERK SAAM MET ONS GELIEFDE BOERE, EN SORTEER DIT UIT!!! (al is die ouens nie baie behulpsaam nie of stuurs, maak nie saak nie, ons ken ons boere maar mos so) Derhalwe kan die vraag hier gevra word, waar was Afriforum/Afrisake??? Almal weet die Noordwes is nou ‘n “rooigebied”. Dus moet paraatheid die eerste woord wees.
Die skarminkels se fokus is klaarblyklik nou op Noordwes se Boere. Eers was dit Limpopo.

Werner ·

JC- ek stem saam.En hierdie aanvalle kan enige tyd blits vinnig na voorstede en stede versprei.
Iemand van n tuindiens het dit vir my kom se”hulle maak masjettas in die rural areas,en hulle hou die meetings elke week! die STRAF hy kom”
Ons sal masjien gewere moet he,R5’s!!

COIN ·

Ek dink eintlik maar die boere leef in ‘n mate in ontkenning soos wat baie mense in stede ook steeds doen of ou tannies wat steeds werkers van die straat af kry, want dit lyk dan na so ‘n goeie vriendelike jong man met ‘n oop gesig. JA ek weet sekuriteit is duur, maar vra jouself af wat jou lewe vir jou werd is. Ons in die stede het ook maar elektriese heinings, spaanse diefwering en alarms laat installeer – gewone mense wat gemiddelde salarisse kry om onsself te beveilig. En JA ek besef nie alle plaasaanvalle is in huise nie maar tans is 90% aanvalle in die huise, ‘n paar is in die stalle of in die veld, die ander nie en meestal is daar nie diefwering nie, of die agterdeur staan oop of iemand sit op die stoep. Is daar iets mee verkeerd? NEE< ons het ook 'n plaas gehad en ons het in die aande op die stoep geslaap as dit warm was . .kan jy dit nog doen ?? NEE!! Nie in 'n oorloggeteisterde land nie. Ons moet ons lewensstyl verander as ons veilig wil wees, en NEE dit is nie jou skuld nie, maar die regering gaan niks vir jou doen nie. Ongelukkig kry jy ook die hardekop boere wat skatryk is wat weier om sekuriteit aan te bring en net te SUINIG is, want hulle gaan darem hierdie skelms 'n ding wys.

Andre ·

As die amptelike opposisie nie so ruggraatloos was nie, sou die waarheid agter hierdie “gewone” misdade al lankal oopgevlek gewees het.

JC ·

Dankie vir jou bydrae Andre. Hierdie is nie gewone misdade nie, EN DIT; KAN NIE (altans meer) ONTKEN WORD NIE. Dit is lae intensiteit burgeroorlog, en ek nie sal my ‘n doek om die kop laat draai of in ‘n staat van ontkenning leef nie!!!!!!!!

Ouma ·

Wel!! Hulle gaan dit mos sommer net “vat” volgens Zumpie! Nou kies hulle maar solank vir hulle ‘n plaas steel die bakkie en daar gaan hulle! Kry eendag kaart en transoort op die plaas! En hulle is geholpe!

Stapies ·

Dit is verskriklik, ek is nuut op Maroela Media en het sover nog elke dag van een of meer plaasmoorde gelees. Wat kan gedoen word om die aanvalle en moorde te stop? Kry die gevoel daar word niks gedoen om die persone in afgelee gebiede te beskerm nie.

Sonja ·

Jy is reg. In elk geval GEEN HULP van di regering af nie. En dan word daar gesê dit is nie reg as di boere hulself bewapen as daar moeilikheid is nie… want dit is ni n oplossing nie… maar hulle mag moor, plunder, steel. Tot wanneer wil hulle hê moet die boer sit en toekyk dat hy en sy familie en als waarvoor hul so hard werk vernietig word?

Gert ·

En more lees ons maar weer van een !! En so gaan dit aan en net mooi niks word gedoen nie !!

Dirk01 ·

Snoefie jy vra omtrent vinger afrdrukke, well daar was n stelsel genoem morfat touch of AFIS .Dit is n mobiele stelsel wat vinger afdrukke stoor van kriminele en wat by tonele gedoen word.Tot vandag wil niemand my emails beantwoord nie, want blykbaar het die polisie die diens verskaffersnie betaal nie…..let wel ek hoor dit net . Dink of jy al ooit in n pad blokade gestop was om jou vingerafdrukke te toets? Die sisteem is goud werd en al duisende verdagtes op lewer .Die einste Afri forum het ek genader om na vraag te doen sonder enige antwoord.Die sisteem moet terug of meer gebruik word . Dalk kan Maroela Media die minister vra wat het gebeur met die sisteem.

vermeende ·

Hel mense ek boer self.
Hoe hoog stel julle voor moet ons nog ons drade span?
Hoeveel meer moet ons nog alarms insit en hoeveel honde meer stel julle voor moet ons kry?
Boere se inkomate gaan ook net sover!

Daar is net een van 2 antwoorde vir die boer:
1) Staan vas en baklei al is dit ook buite die raamwerk van die wet of.
2) Verkoop en trek
Maar waarheen, ek is n boer, dit is my beroep, dit is al waarin ek opgelei is.

Hierdie aamslag is nie net op plase nie maar in stede en dorpe ook, hoe veilig is julle?
Hoeveel opsies het die stedeling om sy veiligheid te verseker, boere het net twee.

Yvette ·

Ek haal my hoed af, Vermeende! Ek bid vir ons boere! HOE julle dit hou weet ek nie!
DROOGTE
PLAASONTEIENING DREIGEMENTE
PLAASMOORDE!
Dan gee julle nog hierdie land kos!
Vandag se ek dankie vir jou en mag God julle bewaar!
Ons behoort saam te staan en as elkeen ietsie kan gee in n trust vir ons boere vir sekuriteit, sal dit help?Agriforum?
Vermeende,het jy n vuurwapen? Dra dit by jou gelaai en oorgehaal te alle tye.

Zeus ·

Vermeende. Se my dra jy n handwapen by jou gereeld op die plaas?

Riekie Nel ·

Ons mense was nie veronderstel om in tronke te bly nie. Dis die regering se skuld dat misdaad buite beheer is, en mens kan nie help om te wonder of juis hulle plan is vir die land nie? Grondbesetting/gryping? Ek se^ nog iemand betaal hierdie bendes om blankes te gaan uitmoor. Dit het niks met selfoon roof te doen nie. Die selfone vat hulle net om kommunikasie te vertraag. Voertuie net om vinnig weg te kom. As hulle weggekom het wag daar seker ‘n stewige beloning. Ek is seker as daar bietjie druk op die geplaas word wat wel gevang word, sal hulle begin praat.

Peet J ·

Volgens die huidige stand van sake in die NSA kan tans geen werklike oplossing deur die regering of enige ander instansies aangewend word om kriminele aanslae op ons witmense uit te skakel nie . Die enigste oplossing is om te verhuis na die Wes Kaap so na as moontlik aan die see bv. Kleinsee, huise is baie goedkoop daar want de Beers gaan onttrek en as daar dan probleme kom dan kan ‘n mens op ‘n boot op die see gaan bly en vis eet .

Blom ·

Ons bly in tronke en die terroriste loop los en maak soos hulle wil.. Almal lewe in vrees jou nek word seer van rondkyk.. Waar woon ek? . Kempton Park. Oumense en jongmense word aangeval.. Elke week is slegte berigte op die voorblad van die koerantjie.. Van oral ook.. Mense moet op wag staan en bid.. Daars beslis ‘n 3de mag wat haat daai teen ons. Beveilig jouself en jou op om so goedgelowig te wees. Kan niemand vertrou nie. Die Kaapse verkragter wat ‘n 3jr dogtertjie verkrag en vermoor het.. Het ‘n oop gesig. Moenie geflous raak nie. Sluit toe. Weld nog diefwering s en hekke, hou ‘n klein selfoon op ‘n onmoontlike plek. Hou wapens gereed. Maar weg van kinders.. Bid vir ons boere

Johan ·

‘n Wolf steur hom nie oor die opinie van ‘n skaap nie. Maar hy gehoorsaam ‘n leeu!

Anne Ribberink ·

Ek vra net: Afgetreede polisie honde ?
Mense wat regte wag honde by SPCA kan Kry en oplei. Ek is 70. In die stad en nog steeds gewapen. Nader Carte Blanche of Afrikaanse dangers soos Dozi, Steve Hofmeyer, Bok van Blerk ens. Om in elke provinsie geld in te Samel vir gebruik om boere te help met beveiliging. Gevorderde tegnologie kan nagefors word. Trackers in voetuie en selfone. ????? Sterkte

Boerseun ·

afriforum samel die meeste geld onder Afrikaners in, wag nog vir hul aksie.

Zeus ·

Bewapen julle self asb. Hoe kan daar nog boere wees wat nie 24/7 n wapen by hulle het nie.
Selfs mense in stedelike gebiede, begin eenvoudig net jouself bewapen. En laastens probeer julle positiwiteit te behou hoe moeilik dit ook al mag wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.