Man op plaas doodgesteek: ‘Hy was my ander helfte’

boer-windpomp-plaas-reint-dykema-13.jpg

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Wes-Kaapse man is Dinsdagaand op ʼn plaas in die Overberg-distrik naby Bredasdorp vermoedelik deur veediewe met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

Hendrieka Visser het Donderdag aan Maroela Media gesê die omstandighede rondom haar man, Kobus (54), se dood is nog nie duidelik nie.

Sy het verduidelik dat Kobus sedert 2009 vir ʼn maatskappy gewerk het wat die veiligheid op ʼn klomp plase in die distrik behartig het. “Hy is Dinsdagaand uitgeroep na ʼn plaas waar die mense iets gehoor het, vermoedelik veediewe. Ek weet nie wie hom gebel het om te gaan kyk nie, maar hy het gegaan,” het sy gesê.

“Later die aand het hulle my gebel om te hoor of ek enige kontak met Kobus gehad het, want hulle bel hom maar hy antwoord nie. Hulle het na hom gaan soek en een van die boere het hom in die veld gekry.”

Kobus is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek, maar dit is nie duidelik hoeveel steekwonde aan sy liggaam gevind is nie. Volgens Hendrieka is dit die eerste keer wat Kobus so direk in gevaar gestel is sedert hy as veiligheidsbeampte begin werk het. “Daar het nog nooit so iets met enige van die veiligheidsbeamptes gebeur nie,” het sy hartseer gesê.

“Kobus was my ander helfte, my pasmaat. Hy was die legkaartstuk wat die prentjie van my lewe volgemaak het.”

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn saak van moord ondersoek word. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Behalwe sy vrou laat Kobus ook sy vier kinders en twee kleinkinders agter. Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

m ·

mens lees nou elke liewe dag van iemand wat op plaas aangeval of vermoor word. Kan hierdie regering nie sien hier is onheil aan die gang nie. Mens word naar as jy dit lees want so word ons mense uitgeroei en die regering is so besig met die Gupta debakel dat hulle glad nie worry wat aangaan nie en ook die beplan om iets daaraan te doen nie. Mens weet regtig nie meer nie en dis moeilik om positief te bly in hierdie land……….Kan ma net se sterkte aan die familie.

jemma ·

m..jy vra “kan die regering nie sien hier is onheil aan die gang nie” ? In watter bubble leef jy my maat? Die regering gee nie n dooie duit om nie en dit weet ons almal.

gerda pretorius ·

Wie sit agter al die haat en rassisme wat aangeblaas word….juis die mense in die magsposisies….regering inkluis

Willie ·

Liewe genade… wanneer stop dit… Ons sal moet n initiatief begin om vir solank dit moet elke dag rooi ballone is nie lug in te stuur…. met fokus daarop.. baie media…

99 Red Balloons ·

So nou moet die natuur dit ontgeld? Ek wens mense wil ophou met die belaglike gewoonte. Voëls dink dit is kos en eet dit!! Waar dink julle gaan die ballonne heen, in die gat in die osoonlaag?

Michael ·

Baie hartseer,ek wens die bordjies kan verhang word en dat elke tweede nuusberig sê skelms word doodgeskiet (verkieslik) oor die swak regsproses of ten minste gearresteer sonder om goeie mense leed aan te doen

H ·

Dis kommerwekkend….elke dag lees mens net van moord en roof. Waar gaan dit eindig ?

wilma ·

Dis tragies ek wonder wat na2101 se eeu gaan gebeur ons sal seker nie almal daardie tyd leef nie. Ek dink dan sal die wiel draai

Johann S ·

Mens kan nog baie byvoeg oor die onnodige moorde, landelik en stedelik. Ons kan al boekdele skryf hieroor. Dit sal egter nie gou verbeter nie, inteendeel . . . . . .Mense probeer n verskil maak, so ook Kobus, wat nou met sy lewe betaal het vir n goeie daad. Die soveelste een wat hierdie tipe werk doen, onselfsugtig en riskant.

Ek hoop van harte dat hy vir n geregistreerde sekuriteits maatskapy gewerk het, een wat sy personeel geregistreer het sodat die familie ten minste nie alle kostes op eie hand moet dra nie. Ons moet dankbaar wees vir mense soos Kobus, daar is nog baie daar buite.

Susan van Rooyen ·

Dit is my sus se man. Het om gaan groet vandag. Ja hy het vir ñ gerrgistreede maatskappy geword
Hy was tot en met 2007 ñ majoor of kollenel in die weermag.

Susan van Rooyen ·

Jammer vir al die tik/spelfoute. Kan nog nie reguit dink. Dis verskriklik om ñ geliefde so aan die dood af te staan.

Ek ·

Vergeet van beter word dit is nog nie eers middernag nie, die dagbreek lê nog baie ver, maar die Boerevolk sal nie gaan lê nie. Daar sal maar altyd die spul joiners wees wat hul mede Boere sal verraai, maat hulle was nog altyd daar. Buig julle knieë en kom terug na God. Hy is al wat ons kan red maar eers moet ons ons bekeer.

Candice ·

Ai so jammer om dit te hoor. My hart breek vir sy vrou en kinders en familie.

Sterkte

Wes-Kapenaar ·

Ons land is in sy maai!!!! Ons land word NIE reg bestuur nie, want sedert die ANC aan bewind is gaan ons agteruit. Mens hoor so baie van mense wat hul rug draai op Suid-Afrika en oorsee gaan vir hul eie veiligheid. Ons moenie…..hulle wil ons uitdryf uit ‘n land wat voor 1994 ‘n baie goeie land was.

david ras ·

Heeltemal reg–hulle wil ons uit die land uit dryf. Vir diegene wat wil sien is die metodes nie vreemd nie—
Tussen Regstellende aksie wat mense werkloos laat sonder enige verdure vooruitsigte, BEE dit wettig om blankes se besighede oor te neem, die grond gryp wet wat nou geld, en dan die geweld –eintlik koverte terrorisme.—Dit het voorheen ook gebeur …..

Waar ? in Nazi Duitlsland. Hitler was die uitvinder van wat vandag regstellende aksie genome word. Sy berugte “bruinhede” het ook die Jode gewelddadig aangeval—-
Hy wou Duitsand “Judenfrei” maak—-vry van Jode.
Almal dink in hierdie verband aan die gaskamers–dis verkeerd. Die gaskamers of te wel die “finale oplossing” het eers in 1939 met die uitbreek van die oorlog begin, want Duitsland was toe nog nie “Judenfrei ” nie.

Ons is in dieselfde bootjie as die Jode destyds

Wat teen ons gedoen word is ‘n kopie van Hitler se reinigingsproses.

Weet die buite wereld dit ? Nie ? Hoekom nie ?
Gaan ons tot op die laaste nog teenoor mekaar kla ?
Die antwoord is voor die handliggend—-Vertel die wereld daarbuite van die Swart Nazisme,
en kyk wat gebeur.

Theresa B ·

En daar is nog ‘n boer by die statistieke gevoeg……………..
Dis ongelooflik hartseer en dit maak ‘n mens boosaardig kwaad!!!

Johan ·

Theresa….ek voel soos jy. Magtelose woede oor hoe maklik dit geword het om ons blanke Afrikaners uit te moor, woede oor die onvermoë van owerhede omdie probleem vas te vat.

Trolle ·

Jammer om dit te hoor mag die Here met jou wees.Dit lyk vir my amper of hulle hom self gebel het hulle plan is om ons almal uit te roei en dis daai 3de mag waarvan ons voor ouers so geparaat het.

Boerseun ·

Jammer on dit te se, maar dinge gaan net erger word. Kan nie sien dat ANC ooit iets sal doen om hierdie genacide te stop nie. Ek bid vir Kobus se familie, maar more, volgende week, volgende maand gaan daar et meer families wees wat rou.

Soo gesê ·

Boerseun, die cANCer sal nooit daaraan iets doen nie, hulle is die oorsaak daarvan!

Liewe Heksie ·

Zuma is so n dif ek is seker hy weet nie eers van die gevalle nie hy is te besig om te guptas gelukkig te hou RIP

Liewe Heksie ·

Ons mense,
noem hulle Boere,
noem hulle Afrikaners,
noem hulle wat jy wil,
het ‘n baie ryk geskiedenis hier aan die Suidpunt van Afrika.
Die een goue draad wat deur ons geskiedenis loop,
die een element wat nog altyd teenwoordig was in al ons suksesse,
is die Genade van die Almagtige Skepper

Liewe Heksie ·

“Ons Vader in die Hemel,
Skepper van alle dinge,
ons staan as volk voor u,
stukkend en verward.
Vergewe ons ons foute en gryp U in,
U is beskikker oor alle dinge,
U beveel en dit geskied,
U is die Almagtige.
Neem U die leiding,
gee ons helderheid van verstand,
vul ons met die waarheid en wysheid uit U woord om te besef wat ons moet doen
en red ons van ons eie agendas.
Mag u wil geskied..
Amen”

Ons mense bloei,
ons mense word vermoor,
ons kultuur en ons taal word vernietig.
Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap. Kom ons draai na die Almagtige vir leiding.
Kom ons bid en kom ons glo…

Dankie dat jy ‘n paar sekondes opgeoffer het vir jou mense.
Daar is geen groter geskenk aan ‘n volk
as om daardie volk in gebed op te dra
voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde nie

Anel ·

Liewe Heksie, ek lees nou jou pragtige gebed en dan wonder ek net; jy klink soos iemand wat n pad saam met die Here loop, maar hoekom jou n naam gee wat deel is van die vyand en dit wat die Here in n afsku het. Ek ken Liewe heksie, Karel Kat en Matewis, maar dit maak hekse nie reg in die oë van die Here nie. Hy sê; wees heilig want Ek is heilig, Lev 11:44

Baie sterkte aan die familie in julle tyd van smart, mag die Here julle krag gee en dra.

matie willemse ·

Skrik wakker mense, ons is in ‘n oorlogsone, meer boere en kinders sterf as met die grensoorlog, kom begin skiet, almal is bang vir oorlog maar die gevolge nou is erger, julle besef nie wat aangaan, Kom stuur 10000man ment ‘n sterk bevelvoerder, daar is, ek is nommer 1 wat opgeroep kan word en veg.

Moeggepraat ·

1) Dit gaan ‘n baie meer taktiese benadering vat as net ‘skiet’. 2) Die mense moet hulle klein verskilletjies bietjie opsy skuif 3) Gaan mens ooit die samewerking kry om so iets van stapel te stuur? 4) Is oorlog die beste opsie? 5) Het ons jongmense wat dit vat om oorlog te voer? 6) Omvang van ons internasionale alliansies & teenstanders 7) Organisatoriese vermoe en finansiele steun 8) ‘n Briljante plan wat moderne & tegnologies gevorderde wapens insluit. Ens.

Siestog ·

So gaan dit dag na dag. Nog ‘n wit man of vrou word vermoor, maar o wee die valke is besig met ‘n hekse jag op die Parys boere. Verby lagwekkend.

matie willemse ·

Moeggepraat, ek stem 100% saam, iets of iemand kom na vore so gou as moontlik.

Wat-ek-lees ·

‘n Lokval. Hy is gerusgestel en toe oorval. Sterkte aan die naasbestaandes.

Susan van Rooyen ·

Nee dit was nie ñ lokval. Dit was ñ skaap alarm wat af gegaan het. Niks is gesteel nie. Hulle het hom net daar laat lê. Dank Vader hy was dadelik dood. Kom nou by die huis nadat ons hom gaan groet het.

Susan van Rooyen ·

Nee dit was nie ñ lokval nie. Dit was ñ skaap alarm wat af gegaan het en Kobus het gaan ondersoek in stel. Hy is koelbloedig vermoor sonder dat enige iets gesteel is.

Charmaine ·

Dis hartseer, die ergste van alles is daar is nooit verdagtes nie….ons is net nog n statistiek, n nommer en die ergste van alles is hulle het meer regte in ons huise en op ons grond as wat ons het, ons moet maar staan en toe kyk laat hulle maak en doen nes hulle wil….en diep binne in elkeen van ons woed n storm en haat wat jy vir geen iemand kan beskryf nie….

Gismo ·

Hierdie daaglikse stukke wat ek lees van aanvalle en moorde, dis so kommerdwekkend! Ek is ‘n enkel ouer, en nie juis sterk nie, hoe gaan ek myself en my kind kan beskerm as ons aangeval word???? Wens die gemeenskap kan selfverdediging klasse aanbied vir grootmense en kinders maar teen geen koste, ons verdien om te leer om onsself te probeer beskerm tot op die uiterstes. Soveel geliefdes word agtergelaat, kinders en kleinkinders en so moet hulle nou voortleef daagliks met my pa of ma of oupa of ouma is vermoor…wreed aangerand…verkrag…nee ons moet iets kan doen om almal sulke seer te probeer spaar.

Marina Appelgryn ·

My ma is ook in 1971 deur ons trekker drywer aangeval terwyl my pa die aand besig was om te ploeg. Sy is 26 keer met skerp voorwerp gesteek en is 2 dae later dood in hospitaal. Goddank was dit in goeie tyd en is hy get any. Alhoewel sit nie my ma terug gebring het was a die troos daar hy het ook met sy lewe betaal vir sy daad.

NET EKKE ·

ANEL slaat jy daai spyker op my kop Dit het my al telkemale gepla oor my skuilnaam Liewe heksie maar ek sal van nou af NET EKKE wees Dankie dolla

Anel ·

Bly jy sien dit ook so in Net Ekke, ek het maar net gebid dat jy nie aanstoot neem oor my geskrywe nie, wou jou nie laat sleg voel nie.

Joann ·

Genugtig. Boere jul het mos goeie weermag opleiding gehad,kom staan saam en doen wat voortrekkers gedoen het. N blanke operasie want jz en sy trawante kan mens nie vertrou. Maar weet jul hoekom gaan dit so? Geloftedag is braai en suip dag. Goeie vrydag is grassny dag. Kersfees is vreet dag.

CHRISTA ·

Ek stem saam. Die meeste van ons Afrikaners het hulle rug op die liewe HERE gedraai. En as jy wegdraai van die HERE af is jy nie meer onder sy beskerming nie. Draai terug na die HERE toe, Hy sal jou ALTYD met ope arms ontvang! Ons moet een Sondag ‘n biddag vir ons Afrikaners hou en vir die liewe HERE vra om dié wat afgedwaal het terug te bring na Hom toe! Hy het ons handjievol Voortrekkers teen tienduisende beskerm. Baie keer is ons Afrikaners se argument dat Bloedrivier in die verlede lê, daarom herdenk hulle nie meer Geloftedag nie, maar hulle moet besef: elke geslag het sy eie Bloedrivier! En ‘n gelofte wat jy aan die HERE maak en onderneem dat jou nageslag dit sal nakom, bly VIR EWIG staan!!!

Johan ·

Beter as dit kon niemand dit gestel het nie….!!!!!!
Watter persentasie van Afrikaners weet wanner Geloftedag is….en wat die gelofte is.
Braai en suip is blykbaar meer belangrik

Johan 2 ·

Wat vermag julle deur ons almal so sleg te sê?
Ons is nie n “elite” volk wat net engeltjies het nie, ons is (en tereg so) n diverse Afrikaner volk, ons hoef nie almal dieselfde te wees om saam te werk nie, ons hoef nie eers almal saam te werk om iets goeds te bereik nie. Dit neem eintlik soms n baie klein gedeelte van n bevolking om n groot verandering te maak. So hou ASB op om altyd eers te begin kerm oor hoe sleg julle dink ons is.

En dit is reg om in God te glo maar onthou, God doen sy werk deur mense, so as jy klaar gebid het (en JY “terug gekeer het na die Here”) staan op en gaan doen iets.

Eks baie jammer vir almal wat mense so verloor en het self al twee familielede afgestaan aan die oorlog.

Joann ·

Kom boere jul het mos goeie weermag opleiding gehad.doen wat voortrekkers gedoen het. Maar weet jul hoekom gaan dit so sleg? Kersfees,geloftedag en goeie vrydag is mos braai en suip dae geword.

Jannie ·

Boere of plotbewoners moet dalk oorweeg om blanke huurders en werkers te kry. Mense wat bereid is om vir n plek om te bly n diens te lewer. Ek sal dit self oorweeg

Elgeraine ·

More lees ons net weer van n ander familie..dis nou elke dag, soms meer. Is dit net ons ‘gewone mense’ wat so bekommerd is? Hoekom is daar geen aksie nie? Mens word bang. Sterkte aan die familie.

Koos ·

Dit breek n mens se hart as hierdie berigte verskyn. Dit is ons mede Afrikaners wat moet ly oor onbevoegde, ongedlisiplineerde mense wat volgens my mening deur gesante van die regerings opgelei word om die dade tepleeg. Dit is makliker om grond te vat as om daarvoor te betaal.
Wat het geword van die buiteland wat voor 1994 sanksies toegepas het om die apartheid regime soos dit genoem tot val te bring. Hulle het hulle sin gekry maar gevaal om groter aanspraak in regering te bekom.
Nou was hulle hul hande in onskuld, en wil ook nie beleggins maak nie agv ons onbeholpe, ongeetikeerde, ongekwalifiseerde ens ens regerings.
Ons voorouers se grafte is die land vol waarvoor moet ons opdie wyse weggee wat nie op enige staduim aan ander behoort het nie. Laat ons saamstaan, weer die wiel ondek en opbou wat in 20 jaar vernietig is

Christel ·

Die regering gaan niks doen. Boere gaan moet Klein Oranje’s op hulle plase begin, soos n laer van ouds sodat hulle kan saam werk Saam geld maak en Saam veg om die terroriste te Verwoes. Die dae van een gesin met n Oom en tannie en 3 Kinders met n oupa en ouma op die plaas is nie meer veilig nie.

Tiger ·

Ek wonder waar was die boer op wie se plaas Kobus vermoor is toe hy daarna toe uitgeroep was?

Susan van Rooyen ·

Dit is my sus se man. Is nou oppad om te gaan afskeid neem van hom. Kan daardie gevoel vir niemand beskryf hoe jy voel as jy daardie nuus kry nie

Tiger ·

Susan van Rooyen ons innige simpatie met jou en jul familie met die tragedie.Mag ons Vader jul vertroos en berusting bring.Ek hoop die moordenaar/s sal spoedig opgespoor word.

Nolene Lombard ·

Mag Jesus julle toevou met sy liefde, in hierdie tyd van hartseer en rou. R.I.P Kobus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.