Man op plaas geskiet: ‘Hy het baie bloed verloor’

Sam en Meisie Liversage. Foto: Verskaf

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Roedtan-distrik in Limpopo geskiet is.

Sam Liversage (68) is ná die aanval na ʼn hospitaal in Polokwane gehaas. Volgens Machtel Badenhorst, Sam se broerskind, het die koeël sy long getref. Badenhorst het gesê hy is in ʼn kritieke maar stabiele toestand. “Oom Sam is in die bors geskiet en dit gaan nie goed met hom nie. Hy het baie bloed verloor en verswak,” het Badenhorst gesê.

Sam se vrou, Meisie, is ongedeerd. “Ons dank die Here dat hulle lewe ná die aanval en ons weet Jesus hou Sy hand oor hulle,” het Badenhorst gesê.

Marcelle Maritz, leier van die VF+ in Limpopo wat op die toneel was, het gesê daar was vermoedelik drie aanvallers by die voorval betrokke. Volgens Maritz was een van die aanvallers vermoedelik binne die huis en twee buite die huis toe Liversage geskiet is. Hy is in sy bors getref. Liversage het glo op die aanvallers teruggeskiet.

Foto: Marcelle Maritz

Maritz het gesê die huishulp het kort nadat Liversage geskiet is twee aanvallers buite die huis gesien en op hulle geskree. Hulle het agter haar aangehardloop en sy het haar glo verset. Daarna het die aanvallers op die vlug geslaan.

Lede van die Heritage Protection Group (HPD) en boere van die omgewing het gehelp om die gebied rondom die plaas af te sper en die aanvallers se spore te volg. Minstens twee helikopters is ook gebruik om na die aanvallers te soek.

Ben Engelbrecht, direkteur van HPG, het bevestig dat al drie verdagtes Maandagmiddag in hegtenis geneem is. ʼn Vuurwapen is in hul besit gevind. Engelbrecht het ook gesê een van die aanvallers is gewond. Hy het gesê dit is nog nie presies duidelik wat op die plaas gebeur het voordat Liversage geskiet is nie, maar hy het wel gesê niks is uit die huis gesteel nie.

Foto: Marcelle Maritz

Maritz het gesê spore wat aan die oorkant van die pad voor die huis gevind is, skep die vermoede dat die aanvallers die huis moontlik sedert Sondagmiddag dopgehou het.

“Dit is natuurlik ʼn baie slegte ding wat gebeur het, maar ek moet sê die reaksie van die gemeenskap en die SAPD was werklik noemenswaardig,” het sy gesê. “Die manier waarop hulle so vinnig gereageer het om die paaie af te sper en saam te werk om die aanvallers te vang, is ongelooflik. Die samewerking was regtig indrukwekkend.”

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Adri ·

Die berig vermeld nie of die terroriste in die huis was nie en of hulle die mense in hulle slaap oorval het nie. Inligitng is skraps. Maar ‘n mens is dankbaar dat die arme boer leef en dat almal saamgewerk het. Die vraag is nou net of daar met soveel aggressie teen die terroriste opgetree gaan word soos bv. teen die aangeklaagdes van Coligny.

Wirrim ·

Nee Adri, nie net teen die terroriste nie, maar die informal settlement wat die populasie groep van die aanvallers verteenwoordig….

Anita ·

Mooi so julle! Die boere in Roedtan staan regtig baie mooi saam. Knap gedaan! Ons gebede saam met die oom vir spoedige herstel en vir sy famielie!

m ·

Hierdie plaaswerkers praat ook ma uit oor wat op die plase aangaan. Hulle kan ook glad nie vertrou word nie.

Gideon ·

Ek wil net my innerlike megevoel , mee deel
aan die slagoffers en famielie.
Mense ons gaan praat en praat .niks gaan help nie,
bring die dood straf terug,
hoe kom kan hy n lewe neem ,maar sy lewe moed gespaar biy,

Willie ·

Ai nog n tragedie! Lafaarts wat in groepe kom, bly julle is gevang.. Julle beteken niks vir die samelewing nie… Alle sterkte oom, hoop oom herstel vinning.. Mense bid vir die land! Bid vir verandering! It’s time!

Clemont ·

Geskiet omdat hy boer, geskiet omdat ons president en kie sing en geweld teen die boere, die blankes aanhits en verlekker in dit.

Attie ·

Niks…soos gewoonlik. Hul kom net te voorskyn as hul iewers ‘n paar stemme kan werf.

Christine ·

Ag man waar kim die belaglike kommentaar oor die DA nou vandaan. Ons val onder n DA beheerde munisipaliteit en ek wens julle kan sien hoe werk en veg hulle vir ons. Ons raadslud het n Whatsapp groep waaraan duisende van ons behoory hy addresseer misdaad, potholes, waterlekke ens ens in ons area. Dit gaan wonderlik as die DA in beheer is maar dan kry mens sulke negatiewe mense soos julle

Boerseun ·

Steun jy Hellen of is dit nie so erg wat sy gese het nie? Bly jy het n paar potholes en water lekke wat reg gemaak word, nou hoe help dit die Afrikaner en meer spesefiek on Boere? Se my wat is die DA se stand oor grond onteiening en rasse kwotas, en regstellende aksie, en afrikaans?

Philip ·

Die DA is die “enigste” party wat iets doen vir “almal” in die land. Definitief is daar geen ander party wat enigsins byt het nie of ernstig opgeneem word nie. Behalwe natuurlik die opposisie wat nie vir almal veg nie.

SeMaarNet ·

Christine – ek stem saam met Boerseun en almal wat se: Dit help nie jy maak potholes reg maar skitter in jou afwesigheid as dit kom by plaasmoorde nie – en ja – min mense wat nie op plase woon besef waaraan ons blootgestel word nie. ‘n Pothole in jou een hand en ‘n wreed vermoorde plaasboer in jou ander hand – waaroor moet daar eerder ‘n ophef gemaak word? Die pothole? Iewers is daar ‘n gat in ‘n paar koppe .. ‘n diep gat!

Kaspaas ·

Huishulp en tuinier. Vreemde woorde. Waar mens ookal hierdie woorde lees in die nuus het iemand seergekry.

al ·

Hy is sonder rede geskiet.
Die huishulp skree vir die aanvallers, hul sit haar agterna, sy verset haar, die aanvallers slaan op vlug. Waarom het sy nie iets oorgekom nie???

Heleen ·

Die huishulp het haar “verset” toe hardloop die aanvallers weg?? Klink baie “fishy”

Bertus F ·

Mense. Nie alle werknemers is onbetrou baar nie. Daar was al baie gevalle waar plaas werkers die werkgewer en of SAPD ingelug het oor vreemdelinge. Die haal nie nuus nie, want net misdaad verkoop koerante en haal nuus.

Ek glo die genoemde huishulp het bygedra tot die afweering van verdere probleme. Dankie aan haar, sowel as die gemeenskap en SAPD.

Justice ·

Bertus jy is reg – boere het oor die algemeen baie goeie werksverhoudinge met hul werkers. Dit help nie om die ANC / EFF politikuste na te praat wat reken dat alle plaaswerkers boere haat nie. Daar is `n kriminele element wat boere as sagte teikens sien. Welgedaan aan die GPF / HPD en SAP van Roedtan. Sterkte aan die oom – hy het beslis al ons gebede nou baie nodig weens die aard van die skietwond.

Jan ·

Dit was lekker om deel te wees van die boere wat gehelp het om die aanvallers te vang. Sal teen hulle borg aansoek gaan betoog

al ·

Dankie Jan vir jou bydrae. Julle is tops!
Elke boer en sy gesin voel soos familie en ons hou daagliks asem op oor plaasaanvalle/moorde.

Vermeulen ·

Christine dink jy nie die tyd is lanlal verby dat die DA hulle monde moes oopgemaak het teen plaasaanvalle nie?Hulle het die geleentheid in die parlement gehad en nie n woord gerep nie.Ditis die probleem met hulle.Wat se ander plan kan jy dan na die tafel bring met n plaasmoord of aanval elke dag?

Helene ·

Vermeulen dis mense soos jy wat net gedurig kla en nie weet wat regtig aangaan nie. Hou op om die “party-kaart” te speel. Word groot en dink n bietjie wat jy kwytraak. Hoekom is dit alewig die DA se skuld as dinge skeefloop? Het jy die alternatief? Nee! jy is n gewoonteklaer. Die DA het nie die voorreg om te se of te doen wat hulle wil nie. Doen liewer jou deel en help om Zuma uit die kussings te lig. Dan praat ons weer. Met jou gebabbel sal plaasmoorde ens. nie ophou nie.

marous ·

Afsku ,haat , wrewel , vergelding is sagte woorde vir wat in my gedagtes omgaan.

isak ·

hoeveel meer moet aangeval word en met hul lewens betaal voordat daar opgetree gaan word. ons regering doen nils anders as aan hitsing nie. dit is ons taak as n volk om die volksmoord stop te sit. almal praat en bitter min doen. in die vorige bedeling is daar wapens opgetel en bomme geplant. hoe belangrik is dit vir jou en my om die aanvalle en moorde te stop? is daar dan geen hedendaagse genl wat die volk bymekaar kan maak nie. geen leier wat ons bymekaar kan bring om die wapen op te neem en te laat veg vir dit wat reg is nie.

Helene ·

Dankie Christine vir hierdie lekker antwoord. Dis nou van ons ou volkie- ons bly kla en maak nie ons oe oop vir die werk wat die DA doen nie. Kan ons nie net vir hierdie eenmaal terwille van ons kinders en hulle kinders saamstem nie. Groete van huis tot huis!!

Piet ·

Helene, dis vir my so pragtig as julle so positief is oor die DA en al sy pogings. Dit lyk nie vir my of Zuma hom veel steur aan julle nie, maar as julle hom uit die kussings lug, sal julle my tog kom vertel of sy vrou n beter president is as wat hy tans is? Is dit waarvoor julle nou eintlik so spook?

Www ·

Baie bly die oom is lewend .. ons mense moet ophou kla oor die DA en ANC en ons moet ons self bewapen en die ouer garde moet opleiding verskaf aan ons jongmense.

Lampies ·

Helene en Christine. Gegewe die Roedtan-situasie, asook die talle ander plekke waar ons mense uitgemoor word, is julle verdediging van die DA niksseggend. Die DA sal nimmer as te nooit pro-witman standpunte inneem nie, want dit gaan stemme kos. In elk geval, as julle net roem op slaggate en skoon drinkwater en dan die krisis waarin ons gedompel is as van minder belang beskou, is dit geen wonder dat die party heel tereg bekend staan as die ANC Lite nie. Maar dan stem julle seker ook saam met die DA se optrede teen Zille? Omdat sy die waarheid gepraat het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.