Man op plaas in die Swartland aangerand

Argieffoto: Maroela Media

Die Wes-Kaapse polisie is op die spoor van twee verdagtes wat Maandagaand ’n man op sy plaas op die Klipheuwel-pad buite Malmesbury in die Swartland oorval, beroof en aangerand het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man is omstreeks 18:25 deur twee gewapende aanvallers in die plaashuis oorval.

Volgens Johandré van Zyl, AfriForum se streekhoof vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap, is die man na bewering met ’n pistool oor sy kop geslaan waarna hy met draad vasgebind is.

Die aanvallers het daarna met die man se beursie en selfoon op die vlug geslaan.

Rwexana het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Dít volg kort nadat AfriForum landelike gemeenskappe in die Boland gemaan het om hulle veiligheidsmaatreëls op te skerp. Die burgerregtegroep het verlede week gesê hy weet van vier plaasaanvalle tussen 18 en 24 Mei vanjaar in die omgewing van die Paarl, Stellenbosch en De Doorns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Werner ·

Wel duidelik het die ou seker nog nie van Afriforum gehoor nie

Werner ·

Wel duidelik het hy nie sy veiligheid opgeskerp nie lees jy nie die hele berig nie

Sarie ·

Maak maar seker dat jou eie en jou familie se veiligheid opgeskerp is voor jy klippe gooi na ‘n persoon wat reeds aangeval is….. #respek!!

Willem Grobler ·

Enigeen kan onverhoeds betrap word. Dit ís so. Maar dit is tyd om wakker te word mense – ons is in ‘n oorlog gewikkel.

pieter ·

Wie het voor verkiesing gese hul sal ondergronds gaan , wie het plase probeer beset in weskaap vra ma net – elke aanval is wapens betrokke wa kry di ouens di wapens vra ma net

Anoniem ·

Waaksaamheid Waaksaamheid en nogmaals Waaksaamheid

Kry hulp by ‘n Sekuriteisfirma

Enige-iets gaan HELP om pro-aktief te WEES ! Sterkte

Johan ·

Huisroof…. Klink meer vir my soos aanranding om ernstig te beseer en aangesien daar n pistool betrokke was, sommer poging tot moord.

PJC ·

Mense wonder waar kom die wapens vandaan. Wat het geword van die tonne wapens wat die ANC se militêre vleuel voor 1994 die land ingesmokkel het. Ek het nog nêrens gehoor dat dit ingehandig is nie.

Boland ·

Laai panic button app op jou foon af en maak veiligheids groepe in jou omgewing.

Philip ·

Prys die Here hy is nie vermoor nie. Ek is ook in die Swartland en het vanaand met my broer gepraat oor hoe ons moet veilig bly. Ek is gewoond om my deure tot laat oop te hou maar sal moet sluit as dit donker word. Die probleem is hulle bekruip jou en daar is nie genoeg tyd om jou wapen oor te haal of alarm te maak nie. Baie slegte situasie waarin ons ons nou bevind. Gelukkig waarsku my Jack Russells my as iemand naby is.

Jeremia ·

Jagseisoen is weer oop na die sogenaamde verkiesing. En dié keer met mening. Dit vertel natuurlik die eintlike verhaal van wat werklik in SA aangaan, al probeer koning Rama en kornuite dit verswyg.

Jeremia ·

Veelseggend dat daar ‘n skerp toename in plaasaanvalle in die Wes Kaap is voor en na die verkiesing. Magsvertoon dalk? Intimidasie van die landelike kiesers.? Straf oor die WK steeds nie in die ANC se hande is nie? Kyk hierna tesame met die regering se weiering om die EFF En BLF in die bek te ruk oor hulle rassehaat dan raak die prentjie al duideliker.

Catherine ·

Ons bly ook op n plaas in Swartland. Ons doen almal wat ons kan om veilig te probeer wees. Lewe agter slot en grendel en altyd bang. Wat se soort lewe is dit?Dankbaar my kinders in baie veilige lande oorsee. Hulle lewe nie elke oomblik in vrees nie. Ons te oud om te emigreer maar as ons kon, sou ons NOOIT in hierdie land gebly het nie.

Anita ·

Dit word duidelik dat die Wes Kaap veral die boere gemeenskappe nou geteiken word, my vraag is: ‘n Regering is verantwoordelik vir die beskerming van sy inwoners, maar dit word nie toe gepas nie, wat sê die Wet, kan die Regering nie gedagvaar word deur die individue nie,?die persone op die Kaapse vlakte ingesluit, as dit moontlik is sal daar ‘n ander” MUSIEK” gehoor word. Mense moes hulle wapens in handig, maar die wapens word deur skurke vryelik gebruik , waar kry hulle dit ? en waarom word dit nie behoorlik opgevolg nie? dagvaar die Regering vir die nalating om mense te beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.