Man op plaas met breekyster aangerand

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Man is in die hospitaal opgeneem nadat hy Saterdagaand op ʼn plaas naby Marble Hall met ʼn breekyster aangerand is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die man se dogter het omstreeks 21:00 by die huis aangekom en gesien hoe vier onbekende mans die huis binnegaan. Daar het hulle haar pa met vuurwapens aangehou.

“In die proses is skote in haar rigting afgevuur. Sy het probeer weghardloop, maar die aanvallers het haar gegryp en in die huis in gedwing,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het die aanvallers geld by die slagoffers geëis en was dit in dié tyd toe die man met ʼn breekyster aangerand is. “Die aanvallers het drie vuurwapens en selfone geroof voordat hulle van die toneel gevlug het.”

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het die man as Gert Kruger geïdentifiseer. Volgens Cameron was beide Gert se vrou en sy dogter teenwoordig toe die aanval plaasgevind het.

Gert is met kopbeserings na ʼn hospitaal in Middelburg gehaas.

Cameron sê verskeie inwoners en lede van die plaaslike buurtwag het gehelp om die aanvallers se spore te volg, maar hulle kon daarin slaag om te vlug. Volgens Ngoepe word ʼn saak van huisbraak ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met meer inligting word versoek om dit by Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johan ·

Nog ‘n plaasaanval wat die Regering niks van sal wil weet nie…. Dis nie belangrike statistiek nie….

Gekkige np ·

Almal wat vir transformasie van mag weh van ons gestem het is skuldig, hoe kon julle ooit dink dit sou werk.

Phil ·

Huisbraak? Dit klink vir my meer na gwapende roof en poging tot moord!

Sue ·

Dis byna elke keer se storie dat hulle net “huisbraak” ondersoek. Wonder hoekom maak Afri Forum nie hulle stemme dik daaroor nie of word ons (die publiek) dalk gemis “inform”?

Lana ·

Daar is skote in die rigting van die dogter afgevuur – poging tot moord.
Dis man is ernstig beseer na aanranding – aanranding met die doel om ernstig te besser.
Daar sal beslis nie net huisroof ondersoek kan word nie!!!

Geregtigheid !!! ·

Dit is verseker NIE NET HUISBRAAK NIE !!!! Poging tot moord !! Die Liberaliste sal seker weer sè dat dit liefdadigheid was.

Willem ·

Dit is poging tot moord, nie huisbraak nie. Skrik wakker SAP.

Markus ·

Die skelms het oorlog verklaar en die boere is aan die verloor kant,laat my dink aan n vidio clip van n boere kryger in die boere oorlog wat vra hoe gaan ons wen ons is 50 man sterk en hulle is 500,toe sê die seun pa ons gaan weer laat klaarkry vanaand maar wen gaan ons wen .

twakkies ·

Wie is daardie onnosel sap lid hy hoort onthef te word weens onbevoegdheid . Kom ons skiet ook dan is dit seker poging tot molestasie.Nee o magtig onbevoeg,onnosel…..nog n klomp on .Polisie ry daagliks vir inkopies ,skool toe noem dit,nee wat Suid Afrika noem maar die plek Azania,kry n nuwe vlag wat heel swart is want ons kan maar net rou oor die sterftes misdaad.

Waarheid ·

Dankie tog die gesin leef en die vroue is ongeskonde.
Hoop die oom herstel volkome.

Philip ·

Huisbraak se voet. Dot moet poging tot moord wees. Die stelery is net ‘n rook skerm. Dankie die Here die huisgesin is nie uitgewis nie. Sterkte aan pa in die hospitaal.

Anon ·

Elke plaasaanval vat hulle die VUURWAPENS… Ons het klaar die stryd verloor. Ons kommentaar te veel op sosiale media,en doen te min. Die bietjie wat vir ons opkom is nie genoeg nie, mense! Ons sal bymekaar moet kom en begin plan maak. As die regering ons nie wil help nie, moet ons gereg in ons eie hande moet neem!!

Daan ·

Belaglik. Met breekyster oor die kop slaan en skote afvuur is HUISBRAAK?

jakes ·

Doen beskaafde mense sulke goed? Ek glo nie. Hulle is n gevaar vir die samelewing en moet in die openbaar tereg gestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.