Man op plaas vermoor, vrou glo verkrag

plaas-polisie-veld

Argieffoto

’n 40-jarige plaasvoorman is dood en sy vrou (39) vermoedelik verkrag ná ’n plaasaanval Maandagaand in die Ladybrand-omgewing in die Vrystaat.

Die voorval het op die plaas Brandenburg plaasgevind waar die voorman en sy vrou gebly het.

Volgens ao. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, is die egpaar oorval toe hulle by die huis aangekom het. “Twee mans het hulle oorval en hulle met baaltou aan ’n lyndraad vasgebind. Hulle is aangerand en met messe gesteek,” het Earle gesê.

Die aanvallers het geld, die egpaar se motor en hul bankkaarte geëis.

“Die man en die vrou het teen dié tyd steekwonde opgedoen en die man het gesê die vrou kan vir [die aanvallers] gaan wys waar alles is en dat hulle alles kan vat. Een van die verdagtes het die vrou in die huis in geneem en haar na bewering daar verkrag.”

Die vrou kon daarin slaag om te ontsnap en het gehardloop om hulp te kry.

Die aanvallers het intussen met die egpaar se Opel Corsa-motor, selfone en bankkaarte gevlug.

“Die verdagtes het ʼn entjie weg van die plaas ʼn ongeluk gehad met die motor en hom net so, met die selfone binne, gelos. Al wat hulle gesteel het, was die bankkaarte.” Hulle het van daar te voet verder gevlug.

Volgens Earle is die man op die toneel dood. Die nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van sy dood bepaal.

Die vrou is tans in ʼn stabiele toestand in die plaaslike hospitaal in Ladybrand.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, verkragting en motordiefstal. Die egpaar se name word weerhou weens die verkragtingsaak wat ondersoek word.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid, het Maandag gesê daar het vanjaar reeds sowat 109 plaasaanvalle en sowat 15 plaasmoorde in Suid-Afrika plaasgevind. Dié plaasaanval in Ladybrand was die 110de aanval van die jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Ac ·

Doel was martel, moord en verkragting! Oorlogsmisdaad volgens navorsing. Roof is vir die skyn toegepas.

Asielaansoeke in massas ·

Terwyul ons nog kan moet ons is groot getalle asielaansoeke doen en vlug, dis tyd om te gaan.

Moedeloos ·

Ek wonder maar net wat gaan die instansies soos agriforum, vryheidsfront ens doen. Ons betaal elke maand vir hoeveel instansies wat dan volgens hul oproepe / werwing geld benodig om die regering hof toe te sleep maar ons hoor of sien niks behalwe toename in moorde en vrye rassehaat uitsprake teenoor die blankes. Plaasmoorde haal nie eers meer nuus nie. Mnr Caneron noem feite maar wanneer doen hulle iets.
doen

Corical ·

Hou dan op om die instansies waarna jy so verwys te betaal.

HPV ·

Moedeloos, dalk moet jy minder instansies betaal om iets te doen en begin self iets doen, al is dit net om hierdie misdade teen die mensdom internasionaal bekend te maak.

TLC ·

Moedeloos. Ek het nooit iets van die instansie iets gehoor vir solank ek my bydra gelewer het. 2 weke gelede besluit ek om debit order te stop. Wragtag het nou al so 5 sms van hul ontvang en 1 van hulle was oor my laaste bydra? nee hoor die dag wat hul iets deurvoer sal ek daaraan dink om weer n bydra te gee

Karlien Venter ·

Volg my blad gerus. Volg ook die VF Plus se blad. Plaasmoorde haal Internasionale nuus en hou die VF Plus asb. dop. Dit is n prioriteit vir ons. Groete.

Karen van Zyl ·

TLC, en dit is die rede hoekom ek my lidmaatskap gekanseleer het.

elmarie ·

Gerrie Nel is met ‘n groot bohaai aangestel, en nou is hy so mak soos ‘n lammetjie. Jy hoor nie ‘n enkele ding wat hy doen nie.

Reel eerder asielaansoeke ·

Die beste wat die organisasies nou vir ons kan doen is om of vir selfbeskikking te onderhandel of om te onderhandel met die buiteland vir asielaansoeke om ons uit die land te kry voor dit te laat is.

Gestremde ·

Plase kan nie verder bestuur word sonder veiligheidswagte nie. Het in ‘n ander koerant gelles dat die man aan ‘n heining vas gemaak is en verskeie kere met ‘n mes gesteek is. Dit is uit-en-uit senofobiese geweld teenoor blankes. die enigste manier is om voedsel wat geproduseer word op plase te staak totdat die regering bereid is om in te tree en besef wat die nagevolge wat voedsel tekort in die land is. My innige simpatie aan die familie en die oorlewende vrou. Het al baie oor die aangeleentheid nagedink en ‘n voorstel wat ek wil maak is dat daar ‘n fonds gestig word om boere te help om veiligheidsmaatreëls te verbeter. Dit is nou tyd vir die blankes om te begin saamstaan en daar was alreeds groot suksesse om mense te help met mediese uitgawes. As elke onderneming geld skenk aan so ‘n fonds kan die bedrag ook terug verhaal word van die belasting. Maak oop julle harte en beursies mense. Die boere het julle hulp nodig!!!!

Celia ·

Stem saam! Hoe doen ons dit,kan Maroela help ? Help ons eie mense.

Ek ·

Ipv van sekuriteit op te knap en alle hulpbronne te versprei, moet daar liewers ‘n private vervolgings eenheid geskep word en hierdie moordenaars gekry en seker te maak hul word regtiglik gestraf. Mag dit wees agv van weerstand op burgerlike arrestasie of deur die regs stelsel

PJC ·

Kan ń mens kwalik geneem word as jy kwaad word en wraakgedagtes koester wanneer so iets gebeur. Waag jy egter om iets te sê is jy ń rassis.

gvol ·

Ja, en die westerse wereld raak nou moeg daarvoor. Europeers en Amerikaners mag ook niks meer se oor immigrasie en vervreemding van hul eie kultuur nie. Die liberale beweging teen die westerse kultuur se dae raak getel soos westerlinge wakker word.

Kat ·

Die buiteland moet bewusgemaak word en ons regering vir misdade teen mensdom aangekla word. Ons kort nou buitelandse hulp. Dit gaan net erger raak as ons net sit en niks doen nie.

Gerrit ·

Die buitelanders voel vere…die heil is in ons eie hande, maar is daar redding vir n volk wat sy eie mense in die rug steek en hand om die blaas sit met die duiwel?? Fatalistiese, passifisme was nog nooit n oplossing nie. Vernietig dit was boos is en begin met die vyand in “eie” geledere.

Rynhardt ·

Kat die buiteland gaan niks doen om hier te help nie.Daar is nie olie en gas op die spel in SA nie!???????

Della ·

Ek kry boodskappe selfs uit Puerto Rico wat my waarsku om Suid Afrika betyds te verlaat. Die buiteland is duidelik bewus van wat hier aangaan.

Joe ·

Gerrie, jy sal verbaas wees hoe baie lande soos Aus, Duitsland, Engeland, ens omgee, ons moet net iemand kry wat die regte klagte en prosedures teen hierdie regering instel. Verder moet boere baie meer paraat word, die moorde klink soos ‘n ‘walk over’ waar die moordenaars doodeenvoudig maak wat hulle wil, het hierdie boere nie bv honde,elektriese heinings, alarm stelsels, vuurwapens wat hulle dra nie???

Pierre ·

79ste dag van die jaar en 110 aanvalle. “Niks” om oor bekommerd te wees nie.

Andrea ·

Eks so jammer vir die twee mense en hul familie. Vuilgoed wat die hef in die hand het oor ons. Mag God hulle straf!
Mevrou, baie, baie sterkte vir jou in hierdie groot trauma. Maar LEEF, asb oorleef hierdie verskrikking. Moenie dat hul die res van jou lewe ook vernietig nie. Kry hulp, vra hulp, sielkundig, finansieël, wat jy ook al nodig het. Probeer die vuilgoed wat jou vreugde en vrede verwoes het dood leef. Ek bid vir jou.

Andrea ·

Nog n geval om aan die wêreld oor te dra. Asb Afriforum, vertel v die wêreld dat terwyl die geagte minister se woorde nog in die lug hang, het dit WEER gebeur!!!!

SA het niks gedoen. ·

SA en die res van die wêreld doen niks en het niks gedoen in Syria, Rowanda, Ukraine en horde ander plekke. Hier kyk jy na 500 000 vrouens wat verkrag word. Syria word nie eens meers in die nuus genoem nie. Nie almal nie, maar klomp SA verander kanaal as dit ander lande se probleme is. Ek verstaan dit, maar vergeet daarvan as mense dink ander lande gaan ons help. Jou buurman wat jou nou kan help is baie beter as horde mense wat oorsee sit en net shaime sê. En geen woorde sal al die slagoffers se seer beter maak nie. Net genade.

RM ·

‘n 110 aanvalle in 79 dae is oorlogsmoeilikheid, ‘n doelbeswuste rasse oorlog.
Chaos, geweld, onrus en bloedvergieting is klanke wat ‘n ontwaking moet bring by ‘n mens. Ons minderheid word elke dag vervolg reg oor die land. Blanke inwoners sal eendag spontaan moet besluit dat genoeg is genoeg en dat ons beter kan voorsien as ons in beheer is van ons eie toekoms. Jammer man, maar Mandela se droom is saam met hom dood. Nou sit ‘n mens vas in donker Afrika met verstandelike en sielkundige probleme.
Ek mis stil en rustig. Ek mis beskaaf en opgevoede mense. Ek mis ‘n plek waar ek in my eie kultuur kan voortleef sonder vervloging.

Aussie ·

Ek kan maar net DIT sê: As jy ‘n immigrasievorm invul vir Australië moet jy ‘n minimum aantal punte kry op te emigreer. Soveel punte vir ‘n kwalifikasie, soveel vir onder 40 jaar oud, soveel vir goiee Engels, ens. En jy ky bonuspunte as jy n’ Australiese “community language” kan praat. Ek het skoon ‘n knop in my keel gekry toe ek sien Afrikaans is heel bo-aan die lys. In SA word jy verpes omdat jy Afrikaans is, en in Australië sien hulle dit as ‘n positief!

HPV ·

Gestremde, elke boer sal moet begin waar die stedelinge begin het, byvoorbeeld met elektroniese waarskuwing en vooraf waarskuwing stelsels, vuurwapens asook vuurwapen opleiding indien nodig. Die genoemde stelsels te gebruik deur dit gereeld te aktiveer en ten alle tye ‘n vuurwapen aan hom of haar lyf te dra. Maar ongelukkig sal hy net soos ons self daarvoor moet betaal.

ontnugter ·

Nee man daai dorp is baie bevoorreg om n recce te he as eienaar van n plaswag mpy. En die man se vennoot is n ex sas selous scout. Niks sal beweeg in daai distrik sonder dat hulle dit weet nie.

Oom Kalahari ·

Die buitelandgaan ons geensins bystaan nie, maar is goed dat ons die huidige omstandighedes van Apartheid en onderdrukking , moord, roof, verkragtings, aanrandings, diefstal, Identiteit uitwissing en Geskiedenis op ‘n minderheids groep plaasvind. Sovele families, vriende en werks kollegas is al geraak deur hierdie sinnelose dade en al wat ek myself kan afvra is wat gaan vandag in hul harte om na al die beloftes van ‘n Demokratiese land en Reenboog Nasie.

Elvira Bothma ·

En Malema gaan voort en hits mossadigers aan om witmense te vermoor en te verkrag en te plunder EN NIEMAND VERROER N VINGER OM HOM STIL TE MAAK OF AAN TE KLA NIE.

AJ ·

Ons vra joernaliste om die moordenaars se geskiedenis, agtergrond en invloede te gaan navors.

Die inligting sal help om netwerke, bevelstrukture en medepligtiges te kan identifiseer.

Ons moet uitvind waar die moordenaar ‘broeikas’ is … en die broeikas VERNIETIG!

Yankee ·

Daar is tans weer n vlaag van Suid-Afrikaners wat die Land verlaat. Goed vir julle, so bly julle doen dit, veral die wat omgee oor hul kinders. Die wat verkies om agter te bly, so sorry for you guy’s.

Bokram ·

Ek is ook oppad uit,dit kan nie vinniger gebeur nie,die plek sien my nooit weer nie

Andrea ·

Ek kan nie verstaan hoekom daar nie privaat sekuriteitsmaatskappy gestig word om ons almal, maar veral die boere, te probeer beveilig nie. Privaat sekuriteitsmaatskappy wat bestaan uit opgeleide oudweermag- en polisielede. Mense wat kan keer dat hierdie gruwels nie gebeur nie. Sodat jy nie lees “Die reaksie-eemheid/buurtwag/bure/vriende/familie was baie vinnig op die toneel nadat die mense verkrag, vermink en vermoor is” nie. Dan help vinnige optrede min. Ons moet keer dat dit nie gebeur nie! Dit moet voorkom word. Ek is bereid om n groot deel van my salaris aan só n effektiewe sekuriteitsdiens te betaal; vir my en my gesin se veiligheid hier in die stad, maar ook vir die mense op plase en hoewes. Kom Afriforum, jul is ons enigste hoop en enigste organisasie wat iets doen. Asb stig sulke skuriteitsmaatskappye. Hou n beraad dat ons ons insette kan gee, asb.

Ans ·

My hart breek vir hierdie vroutjie. Liewe dapper mensie, wees nog meer dapper in die krag wat God jou gee. Ons is so ontsettend jammer dat jy jou man verloor het, en veral op hierdie manier. So bitter, bitter jammer vir dit wat jy moes beleef. Maar kyk op en staan op. Sy genade sal vir jou genoeg wees. Hy sal jou nie verlaat nie en jou nie in die steek laat nie. Mag Hy jou genade gee om te vergewe en te laat gaan en die wraak in Sy hande oor te gee. Ons bid vir jou.

LB ·

Ek het ‘n berig gesien van hierdie voorval waar beskryf is dat hierdie man 100m vêr gesleep is nadat hy aangerand is en met drade aan sy voete vasgemaak en opgehang is en daarna doodgesteek is. As dit die waarheid is, is julle berig onvolledig en verdien die publiek om te weet hoe wreedaardig hierdie monsters werklik is.

Die land verlaat? Ja wens ons kon. waar sal ons welkom wees en hoeveel geld is nodig om te kan gaan… Wat is die afsny ouderdom want sonder my ma sal ek nooit gaan nie.

leon ·

Roof is nie die motief nie!
Beloning van R 1 000 000 in vir die plaasaanvaller wat die owerheid verbind.

Johan. H. ·

Hartseer maar plaas asb die fotos, sodoende kan ons dit wereldwyd verspry ,asb, weet dit sal hartseer wees vir die naasbestaandes, Maar kom ons maak die die laaste afrikanermoord ASB.

Dan ·

Kry vir julle wit ouens wat op die plaas kan werk wat ge wapen is dit kan klaar grood virskil maak

HPV ·

Harry, FW en kie sit grootoog agter hul mure en wagte hul mislukte onderhandelings en gade slaan. Hulle dink seker die probleem sal self weggaan deur dit te ontken.

Carmen Urbanski ·

kyk julle na Danie van der Westhiuzen
“Saamstaan”Die Video is goed!

Roelf Berg ·

SKOKKEND DIE WYSE waarmee die aanvallers mee voor die dag kom. Lyk so of daar erens opleiding verskaf word want in baie plaas moorde kom soort gelyke metodes voor. Die ergste van alles is dat die media – gedruk en TV weinig oor die plaas moorde berig maar waar die Polisie een dood van n skare betogers is die in elke nuusberig en onderhoude met die betogers word gedoen en die minister besoek die gavalle held se familie. Die Boer se familie word geignoreer. SKANDE !!

Emily ·

Dit is so waar, daar word nooit melding van al die daaglikse moorde op wittes gesien op TV ens nie, maar o hel, maak nou n opmerking teenoor n NIE-BLANKE dan is dit wereld nuus.
Wanneer gaan iets gedoen word hier, ons regering is so slapgat, al wat ons kry is beloftes en stel jy n wag aan en hy skiet n oortreder dan is alle hel los, kyk maar na vorige berigte.
Dra jou wapen aan jou en skiet, wat soek hulle in jou erf.

Francois ·

Ek verstaan daar was n aanval by Tom Burke ook gewees waar die boer dood is en die vrou gewond is. Waar trek die dodetal nou in 2018?

Nog n plaas aanval ·

Nog n voorman dood geskiet gstraand op n plaas in Tom Burke-omgewing

Theresa ·

Stabiel. Nog ‘n mistasting van rapportgewing. Sy sal nooit weer stabiel wees nie.
Haar man is vermoor en sy is verkrag.

What a wrong way of stating this situation. She will never be stable again. Her husband was murdered and she was raped.

Shameful and disgusting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.