Man op Pta-kleinhoewe aangeval

Argieffoto

Gawie Jansen van Rensburg (50) is omstreeks 02:00 Sondagoggend in sy huis op ʼn kleinhoewe in Pretoria aangerand.

Kapt. Johannes Maheso, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het op die Bashewa-kleinhoewes, oos van Pretoria, plaasgevind.

ʼn Werksvennoot van Jansen van Rensburg, wat verkies om anoniem te bly, het aan Maroela Media gesê Jansen van Rensburg is tans in die waakeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal in Pretoria.

“Hy het vanoggend ʼn operasie ondergaan. Hulle het hom met ʼn moersleutel geslaan. Hy het erge kopbeserings opgedoen en het frakture aan sy oogbank en kakebeen opgedoen,” het sy gesê.

Hy het ook volgens haar ligte harsingskudding opgedoen, maar sal hopelik teen môre of oormôre na ʼn gewone saal oorgeplaas word.

Sy het vertel dat die aanvallers glo met ʼn leer teen die kant van die huis opgeklim en so toegang tot sy kamer gekry het. “Hy het nie diefwering op die boonste vloer nie, hy het wakker geword van hulle wat deur die venster op hom spring.”

Maheso wou nie onmiddellik die modus operandi van die aanvallers bevestig nie.

Jansen van Rensburg se voertuig en skootrekenaar in die voertuig is tydens die aanval gesteel.

“Ons het slegs ure na die aanval, omstreeks 05:00, die motor in Mamelodi opgespoor en ook twee verdagtes vasgetrek. Hulle het vandag in die Mamelodi-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof. Hulle sal in aanhouding bly tot die volgende hofverskyning,” het Maheso gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ralph ·

Huisroof!wat van poging tot moord of is dit tot sekere rasse beperk

maggie ·

Glo my as hy hom tee gesit het om homself te beskerm het hulle nou vining ‘n klag van moord ondersoek maar nou is dit net huisroof ?Dit is absoluut belaglik……….die aanvallers gee net nie meer om nie want hulle kom met moord weg lag lag sonder veel moeite

PJC ·

Hierdie arme ou het dieselfde fout gemaak as ek wat in die stad bly deur nie diefwering op die boonste verdieping aan te bring nie. Inbrekers het dit reg gekry om by my huis in te klim sonder ń leer. Al raad met hierdie gemors is om ń alarm stelsel rondom jou huis te hě want volgende sal hulle seker deur die dak kom.

Behoede ons ·

HUISROOF? DIE MAN IS IN DIE HOSPITAAL INGESLAAN MET ‘N MOERSLEUTEL??? Harsingskudding, frakture aan oogbank en kakebeen en julle se dis HUISROOF???? Die doodskis ou het twee sake van aanranding en poging tot MOORD teen diegene wat hom in ‘n kis ingedruk het gelê en julle doen ‘n ondersoek na HUISROOF??? LIEWE hemel ons regstelsel is SIEK!!

DD ·

Ek voel ‘n kriewel binne my….en dis nie ‘n gevoel van liefde nie :-(

Ben ·

Dis nie belangrik genoeg dat iemand ‘n foto sou neem nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.