Man op Pta-kleinhoewe doodgesteek

Argieffoto

ʼn 37-jarige man is Sondagaand tydens ʼn beweerde voorval van huishoudelike geweld op ʼn kleinhoewe in die Kameeldrift-omgewing, in die noorde van Pretoria, doodgesteek.

Sers. Portia Maleka, woordvoerder van die Kameeldrift-polisie, het gesê die polisie is omstreeks 19:15 na die toneel ontbied waar hulle die man in ʼn plas bloed op die vloer aangetref het.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die man glo dronk by die huis opgedaag en met sy 33-jarige vrou begin stry het. ʼn Geveg het uitgebreek, waartydens die man hul minderjarige kind by die deur uitgegooi het. Hy het glo sy vrou aan haar nek beetgekry en probeer verwurg,” het Maleka gesê.

Die vrou kon daarin slaag om ʼn mes in die hande te kry, waarmee sy glo die man verskeie kere in sy bolyf gesteek het.

Die man is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die vrou is in hegtenis geneem en moet voor die Cullinan-landdroshof verskyn sodra sy aangekla is.

Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om nie stil te bly oor huishoudelike geweld nie.

“Maak dit bekend om herhalings van huishoudelike geweld te voorkom en die oortreders van verkeerde dade te weerhou. Dit is belangrik om te onthou dat strafregtelike klagte ingestel kan word in voorvalle waar huishoudelike geweld tot ʼn oortreding lei,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hoe nou ·

Vrouens word vertel om hulself te beskerm, maar nou word sy aangekla?? Die man het haar dan verwurg, hoe sou sy die “regte kanale” (wat inelkgeval nie werk nie) kon volg as sy verwurg was??

marous ·

Sy verdig haarself maar moet hof toe? Wat gaan Cele doen as sy lede hulself verdedig en summier toegesluit word?

JSG ·

Dis standaard prosedure wat die polisie moet volg. Nie te sê sy sal skuldig bevind word. Indien dit selfverdediging was, is die kanse goed dat sy sal loskom. Stem saam met van die kommentaar, moes al vroeër gepraat het. Sulke gevalle het gewoonlik ‘n geskiedenis.

TLC ·

In my straat het n vrou ook haar man met mes gesteek in die nek asgevolg van dwelms hy is later in hospitaal dood asgevolg van behandeling wat nie met dwelms saamgewerk het nie. En niemand is kwaad vir haar nie hy het haar ook vreeslik aangerand so mevrou hopenlik gaan jou saak soos hare die vlg dag as self verdedeging afgeskryf word . Baie sterkte vir jou en jou kind

ilse ·

Die vrou is my suster en eerstens wil ek net se hy is een keer in sy bors gesteek en soveel soos die berug aandui nie. Hy wou hulle dogtertjie slaan toe sy hom steek. Dis n swaar tyd vir ons gesin en baie hartseer vir sy gesin maar ek dink enige ma sou doen wat sy gedoen het om haar kinders te beskerm.

Lizette ·

Sjoe, jy skilder n heel ander storie wat nie in haar guns gaan tel nie. Volgens die berig het hy die minderjarige die huis belet en haar aan haar keel gegryp. Sy het uit selfverdediging op getree en hom met die mes gesteek. (Maak nie saak hoeveel keer nie) As jy in noodweer optree dink jy net aan oorlewing. Nou se jy sy het hom gesteek omdat hy die dogter wou slaan? Dit klink dan nie soos noodweer en selfverdedoging nie. Pasop wat jy sê, jy kan haar saak benadeel.

Cindy ·

Lizette, die seuntjie is by die deur uit gegooi en hy wou die 3 jarige meisiekind ook by kom. As jy die berig mooi lees en die situasie mooi ken, was die vrou gewurg en kom daarin slaag om ‘n mes te kry en dis toe Sy hom steek. Ek ken die vrou en familie persoonlik en die vrou sou nooit eers ‘n vlieg kon seermaak nie. As Ek in haar situasie moes wees, sou Ek presies dieselfde gedoen het.
Ilse my vriendin, Ek dink aan julle in die moeilike tyd en weet net God is altyd saam julle en Sal jou suster en familie hier deur kry

thinus ·

Kom ek help bietjie die onsensitiewe en onkundige Sap. Die vrou is aangerand-sy moes eerste na DG geneem word vir ondersoek om dit te staaf. Die vrou kan na afneem van ‘verklaring as sy in so toestand was, op eie verantwoordelikheid vrygelaat word. Andersyds onder bewaking gehospitaliseer word. Die klagte behoort nie moord te wees nie maar manslag: verskoon die term. Die kind moes deur welsynswerker bygestaan word.
Die SAP woordvoerder het dit ook verkeerd om te beweer dat die gevolge van huishoudelike geweld ( selfverdediging ) as misdryf beskou word. Al het dit tot die man se dood gelei. Sy bly die slagoffer en behoort so behandel te word. Die staatsaanklaer sal besluit of enige vervolging gedoen word na deeglike oorweging.

Raymond ·

Die berig is glad nie dieselfde as wat gebeur het nie. Hy was n kollega wat saam my gewerk het.

Sheilagh ·

Raymond dankie. Ons almal wat hom geken het weet wat hulle nou kwyt raak oor hom is glad nie waar nie.

Br ·

Wel ek hoop hulle sluit haar weg vir altyd, sy haarself is n gevaar vir die samelewing.

Anli ·

Ek dink ni een van julle moet so gou oordeel nie. Ons was ni daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.