Man op Randfontein-kleinhoewe doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 63-jarige man is Woensdagaand tydens ʼn huisbraak op sy kleinhoewe in Randfontein, Gauteng doodgeskiet.

Volgens die man se 61-jarige vrou het hulle omstreeks 22:15 by hul kleinhoewe in Middelvlei aangekom nadat hulle die aand by hul vriende gaan kuier het. Die egpaar het pas by hul huis stilgehou toe vier mans hulle genader het, terwyl hulle nog in hul motor was. Een van die mans het ʼn vuurwapen by hom gehad.

“Die slagoffer het uit die voertuig geklim, waarna ʼn skoot gevuur is,” het kaptein Appel Ernst, ʼn polisiewoordvoerder, Donderdag aan Maroela Media gesê. “Die man is in sy gesig geskiet en is op slag dood. Die verdagtes het sy vrou met die vuurwapen aangehou en haar in die huis in gedwing. Sy is tydens die voorval aangerand.”

Die vrou het geringe beserings opgedoen, maar is erg getraumatiseerd.

Die verdagtes het die egpaar se huis geplunder en al die kluise oopgemaak. Hulle het met vuurwapens en geld van die toneel gevlug.

Die Randfontein-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Jackson ANC – LP,sien jy nou weer hier. Ons mag nie gaan kuier nie. Ons moet in ons tronke bly, anders word ons geskiet. Kan die ANC ons land weer reg draai.

Aletta Strydom ·

Dis juis omdat ons leiers hul koppe wegdraai van waarheid af en altyd vlug opsoek na beter wat nie be stasn nie. Dit gaan lankal nie meet net oor kleur nie maar die waarheid woRd nie oral gese nie. Voor 1994 het jy NOOIT gehoor of gesien soveel mense wit en swart word dood gemaak nie. Die Here het manier om Sy volk reg en veilig te hou en Ebola is een van maniere… ANC en Zuma moet af stand down van hul voor vader Geestes en terug draai na ‘n Lewende God toe voor dit te laat is. Mens kannie 2 Here dien nie en ook nie leer wees SONDER GOD nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.