Man op straat glo met baksteen doodgeslaan

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie is op soek na die naasbestaandes van ʼn onbekende man, tussen 50 en 52, wat onlangs in Durban glo met ʼn baksteen doodgeslaan is.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het op 26 Junie vanjaar plaasgevind.

“Die man het glo langs Florence Nzama-straat buite die HOY Park-sportterrein geslaap toe hy met ʼn baksteen op sy regterslaap aangerand is. Hy is op die toneel dood. Die oorledene is wit, het kort swart hare en het ʼn vlootblou baadjie, swart broek en swart skoene aangehad,” het Zwane gesê.

Zwane het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul moordondersoek kan bystaan, of wat weet wie die man of sy naasbestaandes is.

Bel die ondersoekbeampte, konst. Mthokozisi Msani, by 064 045 5596 of 031 325 4041.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Michael ·

Baie dankie Phillip met die goeie beskrywing en goeie deurgee van die feite hou so aan .????

Andre ·

Natal klink soos die wilde weste. Ons hoor van baie moorde en wreedhede wat in die provinsie plaasvind.
Die N2 is berug vir aanvalle en moorde.
Was eens ons transvalers se wegbreek bestemming waar ons sorgeloos kon vakansie hou. Die wetteloosheid van die provinsie groei by die dag.

Hendrik ·

Dis nou n goeie beskrywing van die man!! Nou hoef mens nie in alle woonbuurtes vir naasbestaandes te soek nie!

Andre W ·

Goeie beskrywing, net soos die polisie 20 jaar terug slagoffers beskryf het.

Leahim ·

Nie net die polisie die media ook ek onthou nog goed hoe die vaderland koerant die feite juis en korrek deurgegee het.

dovaz ·

Uitstekende beskrywing van die man. Hoop hul spoor sy naasbestaandes gou op. Moet se daai KZN is a rowwe en wrede geweste.

liz ·

Ek het ‘n vermoede wie die persoon kan wees maar die kantoor no lui net en cell no is af is daar ander no wat mens kan kontak

Toit ·

Onlangs beteken mos n paar dae gelede? Hierdie het reeds die 26ste June gebeur, dis nie Onlangs nie.
Wat het intussen met die arme man gebeur? Le hy nog iewers todat iemand hom “claim”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.