Man op sypaadjie doodgeskok

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Woensdag buite ʼn sakepark naby die N12-snelweg in Glenanda, suid van Johannesburg, doodgeskok.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het Donderdag gesê die man se liggaam is vroegoggend naby ontblote kragkabels op ʼn sypaadjie aangetref. “Niks kon verder vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Hoekom is die kabels ontbloot, dit voldoen mos nie aan die veiligheids vereistes nie of is dit dalk n kabel diefstal geval

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.