Man op sypaadjie in Durban doodgeskiet

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn man Maandag helderoordag op ʼn sypaadjie in Durban doodgeskiet is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die 35-jarige man is deur ʼn onbekende aantal verdagtes verskeie kere in sy bors geskiet. “Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie,” het Gwala gesê.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 15:00 na die toneel in Percy Osborne-weg ontbied. “Volgens berigte vanaf die toneel was die man ʼn sjef wat by ʼn plaaslike ouetehuis gewerk het. Hy het glo pas die ouetehuis verlaat en was op pad huis toe, toe die voorval gebeur het,” het Botha gesê.

Gwala kon nie die man se beroep bevestig nie en het gesê sy naam kan eers bekendgemaak word wanneer al sy naasbestaandes in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Nie regtig nie, Klong uit die Karoo. Digitale nuusverspreiding het uitgebrei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.