Man op weermagbasis vermoor

(Argieffoto) Weermag-opleidingsbasis in Thaba Tshwane Foto: Louis Oelofse via Commons

(Argieffoto) Weermag-opleidingsbasis in Thaba Tshwane Foto: Louis Oelofse via Commons

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n man vroeg Vrydagoggend by die Thaba Tshwane-weermagbasis in Pretoria met ‘n mes gesteek is.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê drie mans was in Pretoria se middestad voordat hulle na die weermagbasis teruggekeer het.

Daar was ʼn stryery en een van die mans het die ander twee se gemoedere laat bedaar en seker gemaak hulle klim in die bed. Ongeveer ʼn uur later, omstreeks 05:00, het een van die mans hom wakker gemaak om te sê hy is met ʼn mes gesteek. Hy is na ʼn hospitaal geneem en is later oorlede.

Die ondersoek duur voort.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Is dit laerskoolkinders wat die berigte skryf?

Watter weermagbasis is ter sprake?
Op watter dag/datum het die voorval plaasgevind?

‘n Laerskool Afrikaanse “berigskryfopdrag” sal waarskynlik beter kwaliteit lewer as hiérdie berig.

Die kwaliteit van Maroela Media se beriggewing is bietjie van ‘n verleentheid.

Redakteur, word bietjie wakker jong!

Mari ·

Ek lees gereeld Maroela en die beriggewing is oor die algemeen goed. Daar is soms eerstehandse en dalk partykeer te vinnige verslaggewing wat verouderd voel aangesien meeste mense (ek dink) daarvan hou om die nuus te lees soos dit gebeur. Maar ek stem saam. Hierdie berig kon dalk meer volledig gewees het ten opsigte van struktuur en inhoud. Maar ek wil nie die familielid hetsy oom, tannie of koeksistervreter wees waarvan niemand hou nie! Welgedaan Maroela. Hierdie is sommer ‘n uitnodiging ook om my aan te stel as die menslike ‘scanner’ vir nuus soos dit gebeur EN volledige verslaggewing. Dalk bietjie opvolg berigte op ‘kleiner’ gebeure ook want ek dink lesers wonder tog oor uiteindes…

Sune van Heerden ·

Dagsê Mari

Ons vra om verskoning, ons het nie besef die eerste paragraaf het tydens publikasie in die slag gebly nie.
Dit is intussen reggestel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Anoniem

Ons vra om verskoning, ons het nie besef die eerste paragraaf het tydens publikasie in die slag gebly nie.
Dit is intussen reggestel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

stoney ·

Miskien moet ons nie so baie kritiek lewer nie. Die tegnologie laat mens dikwels in die steek. Kan met die beste van ons gebeur!

CHRISTA ·

Anoniem, wil jy nie ASB vir die Department van Onderwys gaan werk nie? Ons leerlinge het jou DRINGEND nodig!!!

Peet Schabort ·

Die inleidende paragraaf lees “Die polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n man vroeg Vrydagoggend by die Thaba Tshwane-weermagbasis in Pretoria met ‘n mes gesteek is.”
Hierdie gedeelte is weggelaat in die aanvang van die volledige berig hierbo.
——————————————————————————————–
Dit was eers Voortrekkerhoogte en is nie “in” maar “buite” Pretoria geleë afhangende egter of byv. Valhalla en Erasmia ook gesien word as “in” Pretoria of as voorstede van Pretoria.
—————————————————————————————————
Dit lyk asof dit eerder messe is wat nou die voorkeurwapen(s) is.
Ongehoord hierdie klas van ding gedurende die 9maande wat ek daar was omdat daar DISSIPLINE was.
Nou word daar na wittes gesoek vir weermagopleiding. Julle kan gaan (geweer)doppies blaas !!

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Dankie, ons het nie besef die eerste paragraaf het per ongeluk afgeval nie.
Die artikel is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Janet Gibson ·

Ek het my voorgeneem om nie weer iewers kommentaar te lewer nie omdat ek bang is ek se te veel en vergeet skoon my opvoeding maar ons is nie gewoond aan sulke gedrag deur SA Soldate nie, nie eers toe ons NDP’s gehad het nie. Veelseggend…

John Fowler ·

Die militêre instansie in die prentjie, is die SA Leerkollege, ‘n opvoedingsinstanie vir senior offisiere in die ȘA Lêer

CHRISTA ·

Hierdie barbare moet ons kamma beskerm teen vyandelike aanvalle!! Maar dit lyk vir my HULLE is ons grootste vyande!!! Maak ons deesdae die Wolf ons Skaapwagter?

Justa ·

Dis beslis nie n weermag basis nie, dis soos John se dis SA Leerkollege. In die ou dae was jy te bang om te hard daar te praat. Dit was om soos heilige grond te betree. Nou vind daar n messtekery plaas soos in n sjebeen. Ai tog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.