Man op wildsplaas deur leeus verskeur

Argieffoto: Marianne Styan

ʼn 46-jarige man is Vrydagaand op ʼn wildsplaas in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo verskeur.

Lt.kol. Moatshé Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die oorledene het glo met ʼn trekker na sy blyplek gery toe die trekker ʼn paar meter voor sy eindbestemming vasgeval het.

“Hy het te voet verder geloop, waarna ʼn trop leeus hom oorval en verskeur het,” het Ngoepe gesê.

“Die helfte van sy liggaam kon teruggekry word toe geweerskote gevuur is wat die leeus verwilder het.”

Die man is op die toneel dood verklaar. Die polisie doen ʼn geregtelike doodondersoek. Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Lees ook: [Opvolg] Man op wildsplaas verskeur: Nuwe verwikkelinge

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jacques Venter ·

Hoe ry jy met n trekker op n wildsplaas waar daar leeus is?
Het iemand hom opdrag gegee om daar te ry?
Is die oorledene n werker op die plaas of is hy die eienaar?

Cherokee ·

Antwoord op jou eerste vraag – niks werklik verkeerd daarmee nie. Leeus sien nie ‘n voertuig met ‘n mens daarin of daarop as ‘n voertuig en ‘n mens nie. Dit word gesien as een. Ek wou met daardie stelling verskil toe ek langs ‘n trop leeus wat gevreet het, geparkeer het. Een wyfie het my in die oë gekyk, haar neus op ‘n rimpel getrek en ek het gedink vlieë pla haar maar die volgende oomblik het sy soos blits van die grond af gelig en op my afgepyl. In een beweging het sy van lê af op my afgestorm. Gelukkig het ek ‘n outomatiese kar gery en my voet was slegs op die rem. Ek het dus net petrol getrap en ‘n paar treë verder weer stil gehou terwyl sy heel tevrede en trots op haarself weer in die koelte van ‘n boom gaan lê het. Steeds sê die mense wat hulle bestudeer dat hulle mense nie afsonderlik van voertuie sien nie. Weet nie hoe dit vasgestel is nie maar die mensdom het al baie slimmer dinge as dit bevestig.

John Samuel ·

My vraag is hoe de joos val n trekker vas….
‘n trekker sit gewoonlik net vas as hy op sy dak lê.

Deloris ·

Dis hartseer, maar ek hoop nie hulle maak nou die leeus dood nie…

Boeta ·

Jou gaan julle seeker die man aankla wat die geweer skote afgeviur het

Alida ·

Oe nee! Dit is grusaam. Kon sy werkgewer hom nie maar huistoe geneem het nie. Dit is aaklig.

Pastoor ·

Kan jy so met jou lewe speel. Die loop of ry met nntrekker oppi wildsplaas is mos n grooooottt nono

BB ·

Net die helfde van sy lyf is gekry, en hy is op die toneel dood. Sal so dink as hulle net die helfde gekry het…….

Andre ·

Altyd snaaks as berigte soos dié so ge-eindig word. Seker maar joernalis-“speak”?

Pop ·

Daai leeus sal nou mense teiken. Is mos beter as n bok wat kan weghol.

Peet ·

Hoekom moet almal sulke kommentaar lewer niemand weet wat gebeur het nie wag vir die volledige verslag van Maroela Nuus.

John Samuel ·

Uhmmm… hierdie berig is redelik volledig??
Trekker vasgeval, man verder geloop, leeus hom oorval. Tensy jy die kleur van die trekker, en die kleur van die man se onderbroek wil hê.

SjN ·

Het hy nie dalk onwettig die trekker gebruik vir n ander doel nie, trekker se kajuit kon wel beveilig wees teen leeus, hy het dus afgeklim en verder geloop na hy vasgesit het,kom ons wag maar eers vir die waarheid, was dus n maklike prooi.

PJC ·

As hierdie ń oop trekker sonder ń kajuit was was dit in die eerste plek om daarmee tussen die leeus rond te ry. As ek in sy skoene was sou ek in die naaste hoë boom klim tot iemand my kom soek.

Gert ·

Trekkers op wildsplase, heel normaal. Ook normaal is fietse en voetpatrollies teen wilddiefstal. Dis nie Jurassic Park nie, mens kan en mag te voet in die veld wees, ons op die platteland doen dit al vir eeue.
En ja, trekkers kan vasval, veral as mens nie op die paaie bly nie. Ek dink hierdie man was heel waarskynlik besig om te poach, besig om sy wreedaardige strikke deur te gaan. Live by the sword, die by the sword.

Dries ·

Die gevaar by leeus is as hulle eers eenmaal mense verskeur het kan hulle verander in mensvreters.

Corne ·

Eerstens, kan mens aflei dat dit Vrydagaand gebeur het – in die aand wil jy nie met ‘n leeu mors nie. Tweedens, ‘n paar meter van sy eindbestemming – so die leeus was reg daar en dit was donker, so hy het nie kans gestaan toe hy loop na sy woning nie.
Derdens – as trekker vasval, moes dit gereen het, so dit was extra donker en perfekte weer vir leeus om te jag.
Baie wildsplase in daardie omgewing is deel van die groter Krugerpark, almal het werkers en hulle loop in die veld, weliswaar nie in die nag nie, so as dit die werker was het hy gedink ‘n paar meter is veilig. Oordeelsfout en omstandighede. Die leeus moet ongelukkig van kant gemaak word, want anders stel dit ander mense in gevaar, as hulle eers mensvleis dan raak hulle lui om bokke te jag… Hul verloor hul vrees vir mense…
Rus in vrede

Gert ·

Asseblief, los die kaaitjies uit. Dit het die Tsavo leeus jare gevat om in ware mensvreters te verander, en dit was ook net ‘n paar van hulle wat mense verkies het bo wild. Hierdie leeus gaan nie eweskielik as gevolg van ‘n paar happies mensvleis in mensvreters verander nie. Ek kan in elkgeval nie glo dat mensvleis beter as ‘n rooibok proe nie.

Cherokee ·

Corne, die leeus weet nie of dit Vrydagaand of Donderdagaand is nie. Jy ook nie want jy het dit op ‘n Saterdagaand geskryf.

SjN ·

Corne, waar val jy uit, n leeu weet nie watter dag van die week dit is nie, die man het seker dalk al naweek op pad huis toe begin vier, hoekom moet hulle dood gemaak word vir n dom besluit.

Mellivora ·

Dit was toe nie die trekker se bestuurder nie – hy is veilig – maar wel ‘n wilddief wat bietjie te stadig was vir die leeu, sy skietding is op die toneel gevind!

Antie Wilddief ·

Ek het nou net op radio nuus gehoor dat dit n wilddief was wat verskeur was en nie n plaaswerker nie.
Dankie aan die leeus.

Boet Fasie ·

Die leeus kan maar die ander helfde ook kry van die wilddief , wie moet nou betaal dat die laaste bietjie oorskot begrawe word .

rose red ·

Dis n wildsplaas en mens weet mos om tripel versigtig te wees. Dis altyd so maklik om te se skiet die leeu. miskien moes die mens da gewees het nie. Nee sies vir elke fout wat die mensdom begaan moet die pragtige diere geskiet word.

Francois Marais ·

Oo die Hoedspruit Facebook groep blyk dit nou dat dit nie die trekker bestuurder was nie maar moontlik n stroper. Daar is n vuurwapen by hom gevind. Daar was die afgelope ruk voorvalle waar leeus gestroop is.

Boet Fasie ·

Of dalk is dit een van die manne wat betrokke is by plaas aanvalle en boere dood maak , sal nou nooit weet nie !!!

Karolis ·

Hier moet ‘n paar ouens (kommentators) wees wat nou soos lappoppe voel.
Ek lag nou te lekker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.