Man op wildsplaas doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 52-jarige plaasopsigter is Dinsdagaand op ʼn wildsplaas buite Cullinan, oos van Pretoria, tydens ʼn huisroof doodgeslaan.

Kapt. Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê vyf mans het na bewering omstreeks 20:00 toegang tot die plaas bekom deur onder deur die elektriese heining te kruip.

“Die eienaar van die plaas bly in Mpumalanga en besoek dit glo net oor naweke,” het Van der Merwe gesê. “Die opsigter, William Sebothoma, bly in ʼn woonstel op die plaas. Sy vriendin was tydens die voorval saam met hom.”

Van der Merwe het gesê Sebothoma het vermoedelik die verdagtes vanuit sy woonstel gesien toe hulle op die perseel is en op hulle geskreeu. “Hy het glo probeer om hulle te verjaag, waarna hulle hom uit sy woonstel gesleep en begin slaan het. Hy is vermoedelik met ʼn graaf en klippe geslaan en is op die toneel dood weens erge hoofbeserings.”

Die verdagtes het onder meer met ʼn televisie, DVD-spelers en ander waardevolle besittings, wat hulle uit die eienaar se huis gesteel het, gevlug.

Sebothoma se vriendin het tydens die aanval weggekruip terwyl sy hulp ontbied het.

Die Cullinan-polisie ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

André van Heerden, lid van Cullinan GPF, het aan Maroela Media gesê Sebothoma se aanval was die jongste van drie aanvalle in die omgewing sedert 23 April waartydens plaaswerkers aangeval is, terwyl plaashuise beroof word.

“Dit is kommerwekkend. In al drie gevalle is die plaaswerkers baie ouer as die aanvallers,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Dit breek ‘n mens se hart dat net niemand meer êrens veilig is nie. Dis ‘n skande dat misdaad net al meer gruwelik raak en daar net geen beheer is nie. Waarom betaal ons belasting?

Berhalet Beukes ·

Dit breek ‘n mens se hart dat net niemand meer êrens veilig is nie. Dis ‘n skande dat misdaad net al meer gruwelik raak en daar net geen beheer is nie. Waarom betaal ons belasting?

Lee ·

Die arme man!!! Wat ‘n wreede manier om dood te gaan. Innige simpatie vir sy familie en vriende in die moeilike tyd!~

Graham ·

“Hang them high”. Dit is al raad – anders kom hy op parool uit en moor en verkrag weer!

Christanam ·

Dit is so verskriklik dat die mens so ‘n wreede dood moes sterf en dit vir aardse goed. Kon hulle nie maar net gevat het en nie dood gemaak het nie. Ek is dankbaar dat hulle nie bewus was van sy vriendin nie want jy kan jou net indink wat met haar sou gebeur het as hulle haar gevind het. Mag God die moordenaars aan die pen laat ry.

dries ·

Watse tipe monsters loop rond in hierdie land, gewone mense sal nie eers n dier so dood maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.