Man op wildsplaas verskeur: Nuwe verwikkelinge

Argieffoto: Designerpoint, Pixabay

Die man wie se verskeurde liggaam Vrydagaand op ʼn wildsplaas in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo gevind is, is toe nie ʼn plaaswerker soos die polisie aanvanklik vermoed het nie.

Lt.kol. Moatshé Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê daar is aanvanklik gedink die oorledene was ʼn werker op die plaas wat met ʼn trekker na sy blyplek gery het toe die trekker ʼn paar meter voor sy eindbestemming vasgeval het. Daar is vermoed hy het te voet verder geloop, waarna ʼn trop leeus hom oorval en verskeur het.

“Net die helfte van ʼn liggaam is opgespoor,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het verdere ondersoek aan die lig gebring dit was nie die trekkerbestuur wat verskeur is nie.

“Die plaaswerker is ongedeerd gevind. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die man dalk ʼn stroper was aangesien ʼn jaggeweer in die omgewing van die toneel gevind is.”

Ngoepe het gesê die proses om die identiteit van die vermeende stroper vas te stel het begin. “Sy kop is deel van die oorskot wat op die toneel gevind is en sal gebruik word in die geregtelike doodsondersoek.”

Ngoepe het ʼn beroep op die publiek gedoen wat ʼn familielid vermis en wat die oorledene kan uitken, om die Hoedspruit-polisie te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Wilmarie ·

As dit wel n stroper was, sal hy defnitief nooit weer kan stroop nie! Daar het jy dit nou van jou skelm wees!

Rooi Jan ·

Kan nie dink aan n beter uitkoms as dit toe wel n stroper was is.

Anti Stroper ·

Ek hou van die foto van die leeu.
Leeus 1 en wilddief 0.

HPV ·

Die stroper word toe gestroop, koning leeu se trofee! Die wet van die natuur.

Skybird ·

Jagter (stroper) word prooi , tot die diere is al g@tvol vir hierdie wettelose moordlustige land van ons . Nou sal die Leeus wat verantwoordelik was vir die onskuldige wese , seker gejag en vankant gemaak word, hoop nie dit was Wit leeus nie, dan word die eienaar ook vervolg.

WEEZIE ·

bwahaha, kon nie help om te glimlag vir jou opmerking nie :)

Vatso ·

Skybird,
Dis n stroper punt, nie n jagter nie. Baie groot verskil.

Rabes ·

Die leeus het hul self beskerm deur die stroper aan te val. Wat ‘n goeie manier van selfvedediging is dit.

JSG ·

Opskrif wat nogal by die foto sal pas. ” Daai stroper het heerlik gesmaak.”

Casper Labuschagne ·

Let op die subbtekste tussen die lyne in sowel hierdie as die voorgaande berig.

* Polisie maak onmiddelike aanname dit was ‘n plaaswerker.
* Polisie konstrueer fiksie oor plaaswerker + trekker – dus was plaaswerker besig met pligte en/of aan diens.
* Geregtelike ondersoek word begin – dus word plaasboer ondersoek as verdagte in plaaswerker se dood.
* Plaaskwerker verskyn en polisie se veronderstellings val inmekaar.

Duidelik is die bril waarmee die polise sulke sake ondersoek die volgende: Plaaswerker vermoor, boer skuldig, polisie se plig om werkers te beskerm teen plaasboere.

Meraai ·

KYK EKT NOU KLIPHARD GELAG VIR JOU!!!!!!!!!!!! SO SNAAKS!!!!

Johann ·

Hehehe. Die “stroper” het nie lekker verstaan wat die Leeu Loop behels nie. Dis LOOP… nie HARDLOOP nie! Maar laat ons nou nie goed se wat weer omdraai en ons byt nie….

Vermeende ·

En hier wonder ek hoe hulle dit op apartheid gaan blameer.

Andre ·

Storie het darem ‘n goeie einde. Die werker is veilig en een onwettige wapen minder.

TLC ·

Nope al my famile is bymekaar so ek vermis niemand nie . Sorry kan nie help nie

Piet Pille ·

Ja Ore gelukkig is dit nie ‘n wit leeu, want dan sou dit summier van die gras gemaak wees.

Niklaas ·

Lyk my stroper werk word nou al met trekkers gedoen ! Dalks n kerel van Mosambiek. Gaan dan moeilik wees om sy naasbestaandes op te spoor.

Mattewis ·

Francois, jy verstaan nie mooi nie. Die arme leeutjie moes baie desperaat gewees het. Die foto wys dat hy besig is om die smaak uit sy mond te probeer kry. Hy behoort sou gou as moontlik ‘n antibiotika ingegee te word om hom teen die kieme wat hy moes ingekry het, te beskerm.

JSG ·

Mattewis, dis nadeel van leeu wees. Krokkedil het die voordeel om sy kos in die water af te spoel.

Valie ·

Wat soek n stroper naby die huis? Dis nie in hulle aard om kontsk te mask met ander nie. Dalk het leeu se kind n aanval verhoed?

Boet Fasie ·

Wel een ding is verseker, daardie leeu sal glad nie aan my gevreet het as ek die leeuloop gedoen het nie, glo die reuk sou hom so afgeskrik het dat hy vir weke nie sal wil vreet nie.

Tiny ·

Die leeu het nie geweet hy mag die reg nie in eie hande neem nie!

Elma ·

Lig my asseblief in, hoekom sou die witleeu vankant gemaak moes word. Ek sal graag wil weet hoekom?

Alida ·

Ag Elma die sinnelose kommentare is so vlak mens ignoreer dit maar. Die leeu het die volste reg gehad om sy gebied te beskerm en die man was op ‘n plek waar hy nie moes wees nie. Die leeu moet onder geen omstandighede doodgemaak word nie.

Spikkels ·

Dit is net n gespot – want alles wat wit is word mos aangekla en dit is nie sinnelose kommentaar wat vlak is nie. Almal hier dryf net die spot. ???

christa ·

mense wat wil stroop moet ook gestroop word. Gee die leeus ‘n Bells

pikkewyn ·

Ek het nou baie lekker gelag vir sommige van die kommentare.Die Maandag sommer ‘n bietjie kleur gegee.Ja hoe se hulle? Karma is ‘n lelike ding………..

Johan. H. ·

Stoute Leeu nou gaan ons julle wys , nou gaan ons die dorpe agbrand…. Duh,

lizl ·

Opmerklik hoe daar onmiddellik dink dit was `n werker , en die eienaar sou aangekla word. Nou reken ek die eienaar moet sommer die werker dissipliner aankla, hoekom is die trekker nie in `n stoor of op behoorlike bere plek, het die werker dalk die trekker uitgeleen aan die stroper ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.