Man opgehang ná gru-moord op driejarige

Argieffoto

Argieffoto

Woedende lede van ’n gemeenskap in Limpopo het ʼn man opgehang ná die gru-moord op ʼn driejarige seuntjie in dié provinsie.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die driejarige Frederick Makeka se kop en geslagsdele is Maandagmiddag afgesny by sy huis in Maleboho, sowat 90 km noordwes van Polokwane. “Die gemeenskap het ʼn man wat gehuur is om aan die gesin se huis se dak te werk daarvan beskuldig dat hy die seuntjie vermoor het. Lede van die gemeenskap het die man aangerand voordat hulle hom opgehang het.”

Volgens Otto is die seuntjie se lyk deur sy oom in ʼn kamer in ʼn ander huis op dieselfde perseel gevind. Die seuntjie en ʼn maatjie het glo op die stoep van die huis gelê en slaap toe hy deur die verdagte na die ander huis geneem en vermoor is. Otto het gesê die seuntjie se afgesnyde liggaamsdele is in die kamer gevind sowel as ʼn mes wat in ʼn kledingstuk toegedraai was.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek twee sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Manie ·

Kan mens die gemeenskap kwalik neem oor hulle vergeldigende optrede. Woede frustrasie en magteloosheid gaan hulle noop om die reg in eie hande te neem. Die polisie is nie in staat om te vldoen aan die gemeenskap se verwagtinge nie.

Akram ·

Genugtig. Dis nou jungle justice. miskien moes die reg sy gang gegaan het, maar dan het hy skotvry daarvan afgekom. sou seker net n paar jaar gekry het en dan vroeg uitgekom het. met die tipe wetgewing word vrees ingeboesem en die mense dink twee keer voor hulle dit sal doen. miskien is dit die pad voorentoe?

Asjas ·

Ek verstaan hoekom mense reg in eie hande begin neem, maar wat as hy onskuldig was …

Eliza-beth ·

Asjas – net so. Dis hoekom daar ‘n regstelsel is. Daar is al oor en oor en oor bewys dat mense onskuldig ter dood veroordeel is. Op die Oprah tv program het sy eenkeer ‘n hele klomp mense gehad wat al vir jare op die sg “deathrow” gesit het – skuldig bevind, terwyl hul geheel en al onskuldig was. Selfs hier het dit al gebeur dat daar jare agterna vrae was omtrent mense se skuldigbevindinge – hier het hul net nie die grasie van “deathrow” gehad nie, hulle is gehang. Nee wat ons is nie barbare en ek glo dat geregtigehid, indien nie hier, in die hiernamaals sal geskied.

Bloues ·

Reg in eie hande is nooit n goeie ding nie, maar ek sou ook soos die mense opgetree het. Die verskil is, hulle sal mekaar beskerm maar ons volkie sal mekaar so vinnig as moontlik uitlewer

Winston ·

Dit is wat gebeur wanneer die regstelsel die inwoners faal. Dit is nie die eerste keer nie.

neelsie ·

Winston,
Dis n waarheid. Hoe lank kan die wetsgehoorsames dit uithou?

danie ·

Meskien moet ons druk plaas om te stem vir die dood straf, dit wil voorkom of meer mense daar in glo as wat die regering dink.

Pendoring ·

Sal nie onder huidige regering gebeur nie. Te veel van hulle het bloed aan die hande. Dink terug 25 tot 50 jaar in die verlede.

pop ·

Dit gaan al meer gebeur. Almal is moeg daarvan dat niks gedoen word nie

Dan ·

Dit hoef nie op n onwettige manier wees om iemand op te hang nie, hierdie kan nog n groot probleem word. Maak dit wettig sodat dit deur die howe bepaal word, daar is mense wat dit gaan voorstaan, te veel mense word onskuldig vermoor.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Nou raak hierdie wereld walglik ek het nie meer woorde vir die mensdom se wreedheid

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.