Man pak boef wat vrou aanval

Duvenage wys hoe hy die verdagte bygekom het. Foto: ANA

Duvenage wys hoe hy die verdagte bygekom het. Foto: ANA

ʼn Vermeende dief het sy moses teëgekom toe hy ʼn huis in Port Elizabeth Woensdag probeer beroof het.

Basil Duvenage (59) en sy vrou, Beverley, het by hul seun in Port Elizabeth gekuier, toe ʼn man ingekom en huishoudelike items begin bymekaar maak het om te steel. Die egpaar het hul seun gehelp om die eiendom gereed te kry om dit te verhuur.

Duvenage, ʼn motorfietsryer van Oos-Londen, was buite toe hy sy vrou hoor skree het. Beverley en die verdagte het intussen in ʼn struweling betrokke geraak.

“Ek het gesien hoe druk hy haar in die gang in.” Volgens Duvenhage het die verdagte reeds ʼn sak vol huishoudelike items bymekaargemaak. Die verdagte het Duvenage met die kop geslaan.

Foto: ANA

Foto: ANA

“Hy het my bolip raakgeslaan en my mond was bietjie bloederig.” Duvenage het die verdagte teen die grond vasgedruk, omdat hy bang was die man is moontlik gewapen. Die polisie en nooddienste is ontbied.

Die verdagte het mank geloop en het gebloei na die struweling met Duvenage, maar het mediese behandeling van die hand gewys voordat hy in hegtenis geneem is.

Volgens Duvenage ly sy vrou aan artritis en het die verdagte haar arms en hande seergemaak, maar sy sal ten volle herstel.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê die verdagte sal van huisbraak aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kobus ·

Baie dom van hom om vir almal te demostreer hoe hy te werk gegaan het….verkeerde oe wat daardie foto sien…dan word die rassekaart uitgehaal en die wa voor die perde gespan….

Jan Jooste ·

Basil – goed gedoen! Geluk. Baie bly jy kon jou mense beskerm. Doet so voort.

Justice ·

Basil jy lyk goed vir jou ouderdom en kan beslis nog jou man staan – well done!

Johnny ·

Gelukkig is die foto geposeer. Amper gedink die dief is in polisie uniform.

jan malherbe ·

Go Basil go!! ….mooi so! ons is nie almal ‘poofters’ nie…..ek is self n man in my middel vyftigs wat gym fietsry, stap om in n fikse toestand te probeer bly (die bles kan ek niks aan doen nie ,maar die boep wel
?…..vetsugtige onfikse middeljariges is minder weerbaar!

Karma ·

Oom Jan, ek hoor blom van swael help vir ‘n goeie haredos …..

lokasievark ·

Bazil that’s the way to go. Tyd geword dat ons opstaan en die perde n slag van hul eie medisyne terug gee. Baie onderskat ons middeljarige ou toppies…..veral ons biker toppies! Hoop jou vrou is ok en dat sy gou herstel!

cor ·

Wel gedaan Bazil die kriminele dink mos ons seniors moet bewe as hulle in die omgewing is, my vrou het eendag een geklap dat die spoeg spat en toe hardloop hy weg en nie meer so heldhaftig en vol bravade nie en ons is ook al in die middel 60’s .

Tanya ·

Huisbraak? Wat van aanranding? Het hy die tannie nie aangerand nie? Ja nee, daar is sommige dinge wat ek net nooit sal kan verstaan nie.

Charmaine ·

GIVE THAT BASIL A ‘BELLS’ WE NEED MORE MEN LIKE YOU!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.