Man pleeg selfmoord by Pta-hof

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man het Maandag, by die hof vir gesinsgeweld in Pretoria, selfmoord gepleeg deur glo ʼn klapper in sy mond te druk en dit aan die brand te steek.

Die Tshwane Metropolisie (TMPD) het in ʼn verklaring gesê ooggetuies het die 76-jarige man omstreeks 08:00 in ʼn gang gesien staan. Hulle het gesien hoe hy iets in sy mond sit en het aangeneem dit is ʼn sigaret. Hy het die voorwerp in sy mond aan die brand gesteek en dit het in sy gesig ontplof.

Die man is op die toneel dood. “Daar is later gevind hy het homself met ʼn klapper opgeblaas, maar niemand anders is beseer nie,” het die verklaring gelui.

Die man het glo ʼn saak oor ʼn beskermingsbevel by die hof bygewoon.

Isaac Mahamba, woordvoerder vir die TMPD, het gesê ondersoek word ingestel of daar met die klapper gepeuter is. “Die hof in Visagiestraat is vir die dag gesluit, aangesien die polisie steeds besig is om die toneel as deel van hul ondersoek te fynkam.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Scalla ·

Wat se ondersoek moet ingestel word om te kyk of daar met die klapper gepeuter is, hy het dit aan die brand gesteek en so sy eie dood veroorsaak. Nog n werksdag verlore. Niemand het hom gedwing nie aangesien hul gedink het hy wou rook.

Theresa B ·

…..of daar met die klapper gepeuter is!!?? REGTIG!!!!!

Alida ·

Wat moet nou weer ondersoek word. Getuies het mos gesien hy sit die ding in sy mond en steek dit aan die brand. Maak die toneel skoon sodat die hofverrigtinge kan voortgaan.
Mors mannekrag en tyd met ondersoeke.

Ron ·

Ek ruik n rot . . . 76jaar? Dis moontlik dat hy klapper vir n sigaret aangesien het. n Klapper verbloem in sigaret of houer dalk.
Rook word verbied in plekke en veral in HOF, hoe kon hy ten eesrte n sigaret try aansteek daar
Beskermingsbevel . . . EK RUIK N ROT

Veronica ·

Miskien sal klappers verban word na so n paar voorvalle soos die! Dis nie die eerste keer dat iemand selfdood met n klapper pleeg nie!

Verregaande ·

Ja nee ek stem saam. Verban sommer terselfdetyd motors wat brandstof gebruik waarmee mense hulself kan vergas, alle soorte chemikalie insluitend medikasie. Terwyl ons besig is verban sommer alle toue wat ‘n sterker breekkrag as 1kg het, Plaas ‘n totale verbod op alle vloeistowwe waarmee mense hulself dalk mag verdrink en kry ‘n paar stootskrapers in om alle hoe geboue, brue, valleie en berge plat te stoot… Die domgeit maak seeeeerrrrrr….

lorayne ·

DIT, sal die persoon weet wat die beskermings bevel teen ‘n oom van 76 gekry het . . .

Liewe lulu ·

Grote genugtig dit is die eerste so geval genade of hy wou die aanklaer iets bewys maar hy het met n bangggggg gegaan

Frikkie Nuuskierig ·

Wat kommerwekkend is, is dat die man met plofbare materiaal die hofgebou kon betree…

Anne coetzer ·

Ek stem saam Frikkie. Dan kon hy mos met enige wapen daar ingaan. Stof tot nadenke

Tinktinkie ·

Loaryne…d berig sê nie d beskermingsbevel was TEEN d 76 jarige nie. Net dat hy n saak oor ‘n beskermingsbevel bygewoon het. Lees mooi!

Rina ·

Oeeee eh eh!!! |Tinktinkie 1+1=2 EN NIE 3 nie. Duidelik het die arme 76 jarige “omie” seker niks gedoen nie…. Shame siestog. Dit moet vreeslik wees om selfmoord met ‘n klapper te pleeg indien jy NIKS met die beskermingsbevel te doen het nie, en slegs ‘n getuie is. Nee wat die rot het ‘n stert. Mens kry 80 jarige “omies” in vandag se lewe wat rerig nog aggresief kan raak en mense kan treiter hetsy telefonies ens…..

Meisie ·

Ek neem die man nie kwalik vir wat hy gedoen het nie ek moet self weer die 9de by die hof wees en dit is een groot verstrasie en nie net dit nie dit is belaglik die prosesse wat daar gebeur en dan nie eers te praat oor die arme mans wat geen uitkom kans het nie praat nou van die mans wat regtig onskudlig is die Hof in Visagie straat is een groot klug ek is jammer vir die man kan net dink waardeur hy als moes gaan al die vernedering en om jou se daar te se en te bewys is ‘n mors van tyd en dan nie eers te praat van as jy ‘n warrent of arrest daar gekry het vir iemand se arrestasie nie vra my ek weet …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.