Die 50-jarige man wat verdink word van die verkragting en moord op René Roman (13) van Lavender Hill in Kaapstad, verskyn na verwagting Vrydag weer in die stad se hooggeregshof.
Die man, Andrew Plaatjies, staan tereg op aanklagte van verkragting en moord. Volgens berigte gaan Plaatjies na verwagting skuldig pleit op een van die aanklagte teen hom. Plaatjies het blykbaar ʼn bekentenis afgelê waarin hy erken hy het René vermoor, maar ontken hy het haar verkrag.
Maroela Media het vroeër berig René se halfnaakte liggaam is 21 Maart 2017 in Lavender Hill naby haar ouerhuis gevind. Haar liggaam is in ʼn houthut in die agterplaas gevind. Haar hande en voete was vasgebind en die liggaam het al begin ontbind. Sy was met ʼn mat toegegooi.
ʼn Vriend het René op 10 Maart 2017 vir die laaste keer lewend gesien toe sy na ʼn winkel geloop het. Plaatjies is kort nadat haar liggaam gevind is, in Stellenbosch in hegtenis geneem.
My innige simpatie met die arme kind wat haar skoonheid en lewe ontneem is deur ‘n vark wat seker nie respek het vir homself of ander mense nie. Hoop rerig die familie kan vrede maak met die voorval en dat daar afsluiting sal wees in die hof. Geen borg vir die tipe oortreder nie! Mag al sy menseregte ook ontneem word in die Korrektiewe Dienste en mag hom dieslefde oorkom as wat hy aan die kind gedoen het.
Ek kook van befoeterheid. HOe kan daar nie doodstraf vir so monster wees nie!!! So pragtig en jong dogtertjie!!! Sterkte aan hierdie ouers wat weereens die hel moet deurmaak (hofsaak) en nog alles moet aanhoor.
Darm maar vreeslik DUBBELSINNAG, ek dog Maroela se iemand se naam word weerhou omrede hulle nog nie gepleit het nie. Nou gee hulle die man se naam en hy het ook dan nog nie gepleit nie.
Dubbel standaarde!
Sterkte aan die gesin