Man pleit ná Diwali-uitlating

Argieffoto

Argieffoto

Dawie Kriel het Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn waar hy gepleit het op aanklag van crimen injuria rakende uitlatings op Facebook oor Diwali-vieringe.

Kriel het skuldig gepleit op die aanklag. Landdros Themba Sishi het die saak tot 3 Maart uitgestel wanneer Kriel gevonnis sal word.

“Ek erken dat ek deur die gebruik van daardie woorde bedoel het om die Indiër-gemeenskap te beledig,” het Kriel deur middel van sy regsverteenwoordiger, Logan Padayachee gesê.

Volgens Kriel het Diwali-vieringe op 30 Oktober langer aangegaan as wat hy verwag het en is sy troeteldiere erg getraumatiseer daardeur. Hy het geïrriteerd geraak en toe die inskrywing op Facebook gemaak.

“To those idol worshippers and devil disciples who buy them in the name of religion, p*ss- off to your dark hole in the backwoods of India you d*ckhead,” het Kriel geskryf.

Staatsaanklaer Nkululeko Msiya het gesê die staat aanvaar Kriel se pleidooi. Lede van die ANC het intussen buite die hof betoog. Daar was ook ʼn klein groepie DA-lede.

Diwali is die Hindoe-fees van ligte en simboliseer vir gelowiges die oorwinning van lig oor donker, goed oor kwaad, kennis oor onkunde, en hoop oor wanhoop. Die Diwali-vuurwerkvertoning in Durban is jaarliks ʼn twisappel tussen diereliefhebbers en diegene wat Diwali met vuurwerk wil vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lourens ·

Snaaks hoe blanke mense altyd moet voor die hof staan… Is ons te slapgat hom mense aan te kla of wag ons ma net geduldig v organisasies om namens ons te praat… Tiepse voorbeeld v dubbel standaarde!!!.. Geen wonder da word oor ons geloop nie!!!

justsaying ·

Ek het persoonlik al n hele paar klagtes ingedien wat tot op hede nog niks van gekom het.

Lee ·

Ongelukkig voel die SA regering niks vir diere nie so dit pla hulle nie. Diwali is ‘n festival of lights nie bom crackers nie. Hallo DA, snaaks dat julle ons deesdae te na kom. Net ons stemme nodig gehad vir die verkiesing nou is julle al nes sekere politieke partye teen wittes. Dankie vader ek het nie vir die DA gestem nie. Waarvoor betoog die ANC nogal. Pateties verby. Skrik wakker SA!!!!

Mielie ·

Hoekom is die anc en da nie teenwoordig wanneer die vorige berig se aanvalkers op ‘n weerlose blanke weduwee in die hof verskyn nie.

Pop ·

Lourens n groot meerderheid blankes het groot bekke maar as push comes to shove dan verander hulle soos handomkeer van deuntjie. Presies daaroor dat ons soos slagskape afgemaai word en die ANC en elke ander party met ons maak net wat hulle wil.

Manie ·

Die groot probleem van die wittes is dat daar altyd en veral op Maroela gesê word ons moet nou iets doen. En dit is waar dit bly want ons volk het slap geword en ons verdien waar ons sit op die oomblik deur ons slap houding. Stem nog DA want hulle gaan die wittes in die tande skop net soos die NP en FW

J ·

Danie. Wat stel jy voor moet die blankes doen. Net n Facebook inskrywing en jys in die hof.

BS ·

Nou kan ons almal mekaar begin aankla vir elke vuil kyk, vir elke uitlating in woede. Man ons wereld is vol strooi en kaf. Dat mense nou tyd en geld spandeer op sulke goed is vir my regtig verstommend.

wouter ·

wat is die lessie van die storie. die opsteukers onder skuilname sorg dat hulle nie sulke stellings op faceboek of twitter plaas nie, maar steek ander weerloses oo om dit te se.

El ·

Wonder net wanneer hoor ons van die eskom uitlatings, werk daai out nog na sy uitlatings teen die Witte’s. En all die ander

Justice ·

Die feit dat Dawie Kriel sy besluit om daardie Facebook inskrywing voor die hof te erken en sy redes daartoe is noemenswaardig. Ek het baie respek vir ‘n persoon wat sy besluite hetsy reg of verkeerd gestand kan doen. Diere liefhebbers soos ek sal tot alle uiterstes gaan vir ons diere se welstand en veiligheid.

J ·

Die ou wat n bestuurder is by Woolworths se uitlating op facebook van kill the whites. Ook niks met hom gebeur nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ander mense (rasse) se gewoontetjies is soms hinderlik en moet ons ‘n tussenweg probeer kry om dit te omseil. Ons kerk het altyd die gelui gedoen voor die diens en selfs ook soms met begrafnisse. Natuurlik was dit hinderlik veral die mense wat rondom die kerk woon. Deesdae hoor ek nie meer die kerkklokke lui nie. Miskien het hul weggedoen daarmee. Is dit dalk die oplossing?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.