Man pleit ná verkeersbeampte se skietdood

Argieffoto

Die Delmas-hooggeregshof het Donderdag uitspraak gelewer in die moordsaak van ʼn verkeersbeampte van Standerton in Mpumalanga wat doodgeskiet is terwyl hy aan diens was.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê drie beskuldigdes, Thabiso Mohoesi (33), Palesa Letabane (21) en Tshepo Mashible (30), het verskyn op verskeie aanklagte, waaronder die moord op die verkeersbeampte, Bongani Nkumba.

Maroela Media het vroeër berig Nkumba het op 5 Augustus verlede jaar sy pligte in Meyerville op die Vrede-pad uitgevoer toe hy ʼn swart Jeep op ʼn verbode plek sien stilhou het. Die bestuurder, Mohoesi, het stilgehou om ʼn ryloper op te laai. Nkumba het die voertuig genader en die bestuurder versoek om sy bestuurslisensie te wys.

Nkumba het Mohoesi in kennis gestel hy gaan beboet word en geneem word om sy bloedalkoholvlak te toets. Nkumba het Mohoesi versoek om na sy ampsvoertuig te gaan sodat hy ʼn boete kon uitskryf. Mohoesi het ʼn vuurwapen uit die voertuig geneem en in sy broek se regtersak gesit, die verkeersbeampte gevolg en op hom losgebrand.

Mohoesi het na sy Jeep gehardloop en teen ʼn hoë spoed wegjaag. Die polisie is ontbied. Hulle het die voertuig agtervolg en by die Maserubrug-grenspos opgespoor, waarna die drie verdagtes in hegtenis geneem is.

Hulle het al verskeie kere in die hof verskyn en in aanhouding gebly nadat borgtog geweier is.

“Tydens Donderdag se hofverrigtinge het Mohoesi skuldig gepleit op aanklagte van moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie,” het kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die valke, gesê.

Die regter het die aanklagte teen Letabane en Mashible teruggetrek.

Die saak is tot 13 Oktober uitgestel vir betoë ter verswaring en versagting van sy vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bêre hom ·

Bêre hom tot in ewigheid. Maak nie saak wat die omstandighede is, dis iets om deur die hof beslis te word. Ook ek het te doene gehad met arrogante verkeersbeamptes wat sê “We are the law”.
‘Wegjaag’ is seker ‘weggejaag’? (par. 5)

Ernst ·

Ek stem saam, bere hom vir n baaie lang tyd. Hy het n ongelensiseerde vuurwapen aan hom ook nog gehad. Wat vertel dit jou, hy is seker nog n krimineel ook

marous ·

Hoop hy word gevonnis om plastiek uit die diepsee te gaan duik , sonder ‘n boot, vir ewig.

sadis ·

as hulle wit was het maroela media hulle fotos elke keer geplaas. net soos doorewaard en schutte se fotos by die berig wat niks met hulle te doen het nie. maroela media julle het dubbel standaarde. kyk hoe ver gaan julle om die blankes se gesigte aan almal wat hulle Neil leed aan doen bekend te maak terwyl julle swart oortreders se identiteit beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.