Beale het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarvolgens hy skuldig gepleit het op die 18 644 aanklagte teen hom.
Die opstel van die klagstaat het tot verskeie vertragings in die saak gelei, wat nou al meer as twee jaar op die hofrol is. Een van die kwessies met die klagstaat was dat die direkteur van openbare vervolging wou hê dat die man aangekla moet word op elke individuele foto en dat elke foto in die klagstaat beskryf moet word. Die staat het aangedui daar is meer as 179 000 foto’s wat met die saak verband hou.
Die foto’s is glo gevind toe Belgiese en Suid-Afrikaanse polisie op 13 Januarie 2015 op Beale se huis in Plettenbergbaai toegeslaan het. Hulle het lêers met duisende foto’s en video’s van gewelddadige aanvalle gevind en internetadresse van meer as 300 ander vermeende pedofiele.
Kinderregte-aktiviste het intussen die hoop uitgespreek dat Beale swaar gevonnis sal word. Miranda Friedmann, direkteur van Vroue en Mans teen Kindermishandeling, het gesê hulle is hoopvol danksy ʼn uitspraak verlede week in die Johannesburgse hooggeregshof waarin Warren Troy Knoop tot 32 keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting en die besit van kinderpornografie.
“Elke foto van kinderpornografie is ʼn kind wat seksueel geskend word en ons verwag dat die vonnis die gruwelike misdaad van die seksuele misbruik van kinders moet weerspieël.”
Beale word op 18 April gevonnis.
100 jaar tronkstraf is te min.
As ek elke dag die nuus lees wil dit vir my voorkom asof ons land met die mees siek, seksbehepte mense ter wereld sit!!! Wat gaan aan??
Ek stem saam. Eintlik moet mens geen koerant lees nie. Dit is te erg. Die duiwel is letterlik los.
Sluit hom toe, seël sy sel, en gooi die sleutel in die see.
DOODSTRAF!
Mens lees elke dag van moorde, verkragtings, ontvoerings, kindermolestering en verkragtings, dieremishandeling op die ergste graad… dit laat my soms verstom sit omdat ek nie my net nie kan indink dat enige mens in staat kan wees tot die soort gruwels nie. Die wereld het sy kompas verloor en is heeltemal sy rigting kwyt. Dit maak my dom. Ek kan my net nie die soort wreedheid indink nie. Om die soort dade te pleeg en weer rusting aan te gaan met jou lewe…hoe doen `n mens dit? Die soort dade verdien niks minder as `n vuurpeleton nie, so person verdien nie die voorreg om te lewe nie. Ons wereld raak net elke dag meer `n meer skrikwekkende plek om in te lewe.
Marietjie beter kon ek dit nie stel nie!! dis skokkend en maak my siek.