Man probeer glo gesteelde beeste by veiling verkoop

Die beeste wat glo gesteel is. Foto: Verskaf

Die beeste wat glo gesteel is. Foto: Verskaf

ʼn 36-jarige man is in Vryburg in Noordwes in hegtenis geneem, nadat hy glo probeer het om gesteelde beeste by ʼn veiling op die dorp te verkoop.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die man het na bewering 46 beeste gesteel en is Vrydag in hegtenis geneem, nadat hy die beeste teen R230 000 by ʼn veiling verkoop het.

“Die veilingsagent het ná die verkope agterdogtig geraak en die bank gebel waar die tjek van die transaksie inbetaal moes word en vasgestel iets is nie pluis nie,” het Mokgwabone gesê.

“Die verdagte is laat weet dat die tjek is  nie uitbetaal nie. Hy is terug na die veilingsagent, waar die polisie vir hom gewag en hom in hegtenis geneem het.”

Die polisie het met verdere ondersoek vasgestel die beeste is glo in die Mareetsane-nedersetting naby Mafikeng gesteel.

Die man moet Maandag in die Vryburg-landdroshof verskyn op aanklag van veediefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Scalla ·

Die skelm is nie alleen betrokke nie, dit is n goed georganiseerde sindikaat, hy het klomp runners en delers, Hoe kom die gesteelde diere vanaf Mareetsane na Vryburg, Alleen kan hy dit nie doen nie, Diere word rond geskuif en vir n tyd op n sekere plek gelos , Hoe het hy bewys van eienaarskap gedoen, was die beeste gemerk volgens geregistreerde brandmerke, ens? hoop hul word swaar gestraf en kom nie weer uit op borgtog nie.

Matmiet ·

Hulle is n groot sindikaat wat landwyd is. Hulle het verlede naweek 11 beeste wat gebrandmerk is gesteel en dit op n veiling gaan verkoop. Normaalweg slag hulle die gebrandmerkte beeste en verkoop die vleis. Die hoof vam die sindikaat het meenigde plotte en beheer dit van n sentrale punt. Die polisie is blykbaar te bang om hom te arresteer oor hy sy grond getoor het… pateties. Maar die persoon wat gearresteer was laas naweek was n wit polisie man wat in op die deal was. Dis hoekom die polisie nie eintlik hulle arresteer nie.

Alida ·

En hy het toegelaat dat die arme diere so vermaer. Wys jou net.

Kobus ·

Hier in Vryburg omgewing baie veediefstal probleme…SAPD ernstige tekort aan mannekrag….

KP ·

Sluit daardie korrupte polisie amptenaar toe en gooi sleutels weg. Pateties.

zoom zoom ·

Weens die waarneemende sapd hoof wat na sy R80 000 se klankstelsel in sy huis ou huissie luister het hy nie tyd om mense te werf om die sapd se te korte aantevul

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.