Man probeer handgranaat op vliegtuig smokkel

die Braam Fischer-lughawe. (Foto: Google)

ʼn 28-jarige man is Maandag by die Bram Fischer-internasionale lughawe in Bloemfontein in hegtenis geneem, nadat hy probeer het om ʼn handgranaat in sy bagasie op die vliegtuig in te smokkel. Ná die polisie se ontdekking is die lughawe noodgedwonge vir ʼn paar minute ontruim.

“Die verdagte het die oggend by die lughawe aangekom en vir sy vlug ingeboek, waar hy sy bagasie oorhandig het om deursoek te word,” het lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder van die Vrystaat, Maandagmiddag gesê.

“Die X-straalskandeerder het toe die ronde metaalvoorwerp in die passasier se tas opgemerk en die handgranaat kon op die skandeerder se monitor gesien word. Die sekerheidswag het die tas fisiek deursoek en die handgranaat gevind.”

Die handgranaat wat in die tas ontdek is. (Foto: Verskaf)

Die polisie is na die toonbank ontbied en ʼn besluit is onmiddellik geneem om die lughawe as voorsorgmaatreël te ontruim. Die polisie se bomhanteringseenheid is ook ontbied om die handgranaat te hanteer en die gebou te deursoek.

“Die gebou is kort daarna veilig verklaar en sake het normaalweg voortgegaan,” sê Covane. Die verdagte is in hegtenis geneem en ʼn dossier oopgemaak vir die besit van ʼn handgranaat en inmenging met werksaamhede op ʼn lughawe. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Herman

Dis n oefen granaat. Die gate aan kant wys dit. Maar jy kan dit nog steeds nie op n vliegtuig neem nie.

Anel

Lyk vir my soos oefengranaat!

Jan GL

Dis reg. M26 oefen granaat. Val nog steeds onder die Wet op Ontplofbare Stowwe.

Rooivalk

Dit is inderdaad ‘n oefen granaat wat reeds afgevuur was. Maw ‘n stuk scrapmetal.

annie

Vir wat op aarde word oefengranate gebruik?