Man probeer selfmoord pleeg ná gru-moord op vrou

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat glo sy vrou vermoor het deur haar nagenoeg 50 keer met ‘n skerp voorwerp te steek, het probeer selfmoord pleeg.

Yusuf Baba, die staatsaanklaer, het Woensdag in die Randburg-landdroshof gesê Yengesen Pillay is in die hospitaal opgeneem en dat hy onder polisiebewaking is.

Pillay sal op aanklag van moord teregstaan wanneer hy op 28 Augustus in die hof verskyn.

Dit is onduidelik hoe of wanneer Pillay probeer selfmoord pleeg het.

Pillay is Dinsdag in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hy sedert die moord Saterdag soek was.

Maroela Media het vroeër berig dat die vrou omstreeks 17:00 Saterdagmiddag by die ingang van ‘n kantoorpark in Bryanston gevind is.

‘n Vrou en haar kind het verby die kantoorpark gery en die vrou by die ingang sien lê.

Die motoris het die nooddienste ontbied en paramedici was binne enkele minute op die toneel

“Die beseerde vrou het skaars reageer en het gesukkel om asem te haal. Hulle het haar dadelik met ʼn ambulans na die MediClinic Sandton geneem vir verdere behandeling,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.

Die vrou is later by die hospitaal dood verklaar.

Lees ook:
Man in hof ná vrou se 50 steekwonde
Man vas ná gru-steekmoord
Vrou sê glo dit was haar man voor sy sterf
Vrou sterf ná 50 steekwonde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.