Man rand meisie met hamer aan

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man (43) van Swaneville, naby Krugersdorp, is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vrou met ʼn hamer aangerand het.

Volgens ao. Solomon Sibiya het die insident Donderdag tydens ʼn argument plaasgevind.

“Die vrou wou iewers heen gaan om te registreer vir ʼn moontlike werksgeleentheid toe die verdagte haar daarvan beskuldig dat sy eintlik by haar ander kêrel gaan kuier,” het hy gesê. “Die verdagte het haar aangeval en met ʼn hamer op die kop en liggaam bygedam.”

Die vrou het oop wonde aan haar kop opgedoen en is later na die hospitaal gehaas.

ʼn Klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer is teen die man aanhangig gemaak. Die man word by die Kagiso-polisiestasie aangehou en sal binnekort in die hof verskyn.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.