Man red sy vrou uit brandende motor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man en sy vrou is in ʼn spesialiseenheid opgeneem vir behandeling nadat hulle motor Saterdag aan die brand geslaan het.

“Paramedici is omstreeks 15:00 na die toneel op die N4 voor Donkerhoek-tolplaza ontbied,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Volgens berigte op die toneel het die man met sy vrou na ʼn hospitaal gejaag toe sy stuipe gekry het. Terwyl hulle op die N4 gery het, het die motor aan die brand geslaan.”

Die man het uit die motor gespring, maar sy vrou was in die brandende motor vasgekeer. “Die man kon sy vrou uit die motor haal. Sy het 90% brandwonde opgedoen. Hy was in ʼn ernstige toestand weens die brandwonde wat hy opgedoen het tydens sy heldhaftige poging om sy vrou te red,” het Botha bygevoeg.

Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn spesialiseenheid geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.