Man reël glo om vrou te laat vermoor

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 48-jarige man is buite Kuruman in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn huurmoord op sy vrou probeer reël het.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die man is Woensdag in Mothibistad in hegtenis geneem.

Tebogo Martin Ntefang het Donderdag in die Mothibistad-landdroshof verskyn en is op borgtog van R500 vrygelaat. Hy moet weer op 5 Oktober in die hof verskyn op aanklag van samesewering om moord te pleeg.

Volgens Nkwalase het Ntefang glo gereël om ʼn groot bedrag geld te betaal om sy vrou te laat vermoor. “Die Valke se vinnige ingryping het tot gevolg gehad dat die man in hegtenis geneem is voordat ʼn betaling gemaak kon word. Die motief vir die beweerde misdaad is in dié stadium nog nie duidelik nie.”

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Uiltjie ·

Jy kan nie met hulle nie…maar jy kan ook nie met hulle nie! Ek le nou kwaad vir myne, maar MOORD??? Huh!!

Raymond Bastone ·

Hoop die howe maak n voorbeeld van hom. So lafhartig dat jy iemand anders kry om jou vuil werk te doen

sjoe ·

Psigopate is mos lafaards en kry ander om hul vuilwerk te doen. Is hy dalk een. Die rommel

Sarie221 ·

Daar’s dalk ‘n lewens-polis by diè saak betrokke. Vroeër sou mens so-iets slegs by blankes verwag het, maar dis ook nie meer ‘n gegewe nie…

Werklik??? ·

R500 borgtog??? Maar vir ‘n rassistiese aanmerking beloop dit duisende…wanneer rassisme bekangriker is as werklike misdaad moet jy weet iewers is groot fout…..

R500 ·

Ek stem saam. R500 borgtog na hy ‘n “groot bedrag” sou betaal om haar te laat vermoor. Belaglik

charmaine ·

Hallo hy het probeer om sy vrou te vermoor….hoe kry hulle dit reg om op R500 borgtog vrygelaat te word??? Nee wat hy is op di regte pad….more is hy president

Maria van Dieweeck ·

Dis wat n vrou se lewe werd is? Hy betaal R500 en dan kan hy haar nog gaan vermoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.