Man ry glo met sterwende vrou rond ná mesaanval

Foto: ANA

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy die ma van sy kind vermoor het deur haar met ʼn mes te steek, het glo vir ure met haar rondgery totdat sy doodgebloei het, het ʼn Noordwes-hof Dinsdag gehoor.

William Mthimkhulu het in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane verskyn waar hy tereg staan vir die moord op Mpho Mthini in Desember verlede jaar.

Stephinah Mthini, Mpho se ma, het Dinsdag aan die hof gesê dit is ontstellend om te weet dat Mthimkhulu vir ure met Mpho in die motor rondgery het terwyl sy steeds lewend was. “Sy het nog gelewe en het baie bloed verloor wat tot haar dood gelei het,” het Stephinah aan die hof gesê.

“Ek het hom met my dogter vertrou. Wanneer hulle probleme gehad het, het Mthimkhulu vir my daarvan gesê. Ek weet nie hoekom hy my nie gesê het nie,” het Mthini in trane gesê. “Geen vonnis, of dit nou tien jaar of lewenslank is, sal my dogter terugbring nie. Hy sal in die tronk wees waar sy ma hom kan besoek. Ek sal nooit weer my dogter sien nie. Sit hom maar vir ewig in die tronk, dit sal nie my dogter terugbring nie.”

Die hof het tydelik verdaag om Mthini ʼn oomblik te gee om te kalmeer. Toe sy haar getuienis hervat het, het sy aan die hof gesê haar vierjarige kleindogter het weggehardloop toe sy ʼn motor soortgelyk aan die van haar pa [Mthimkhulu] gesien het.

“Ek weet nie hoe haar verhouding met mans in die toekoms gaan wees nie. Sy huil in die aande en roep haar ma se naam. Sy huil ook as sy ʼn doodskis op die televisie sien en sê daar is iemand binne-in soos haar ma.”

Mthimkhulu is skuldig bevind aan die moord op Mpho nadat hy op 7 Julie skuld op die aanklag teen hom erken het. In sy pleitooreenkoms het hy gesê hy het sy 25-jarige meisie in die rug gesteek nadat hulle op 4 Desember 2016 rusie gemaak het in Lethabong naby Rustenburg. Hy het daarna met die liggaam na die Rustenburg-polisiestasie gery en homself aan die polisie oorgegee.

Mthimkhulu se regsverteenwoordiger het ter versagtende omstandighede aangevoer sy kliënt ondersteun sy drie kinders finansieel en tronkstraf sal tot nadeel van die kinders wees wat hy onderhou. Hy het aan die hof gesê hy betaal maandeliks R4100 aan sy kinders.

Hy het ook bygevoeg dat die hof in ag moet neem dat Mthimkhulu skuld erken het, nie die bewyse van die staat betwis het nie en dat hy ʼn eerste oortreder is.

Die saak is tot 25 Oktober uitgestel vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chrisjan ·

En vir ‘n moord moet hy nie tronk toe gaan nie?Watse snert raak sy regsverteenwoordiger nie kwyt nie!Sluit die moordenaar op en gooi die sleutels weg!

Aitoggie ·

As dit n blanke man was het hy 25jr + lewenslank gekry. Hulle Sal nie omgegee het, hoeveel afhanklikes hy het nie. Moord is moord, niks regverdig die daad nie. Hy moes aan sy afhanklikes gedink het, voordat hy haar met n mes gesteek het.

Mariaan ·

Skokkend!!! Sulke “mense”moet gestenig word…maar nou ja…dan sal 80% van die SA bevolking gone wees….dink net…n skoon…veilige land….net n droom!

My mening ·

Eerste oortreder? Rerig? Hierdie is nie n dronkbestuur saak nie. Hoe in die lewe gee hulle dit as n rede vir versagtende omstandighede?

CHRISTA ·

Hoekom is hy NOU skielik oor die 4 kinders bekommerd? Hy moes mos weet dat sy dade hom ‘n lang tronkstraf mag oplê!! Moenie NOU jou kinders as ‘n ekskuus gebruik nie!! Jy is erger as die vroumense wat heeldag by robotte sit en hulle kinders as bedel-aas gebruik!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.