Man ry glo oor rooi lig; 2 dood

Die ongelukstoneel. Foto: @crimeairnetwork op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @crimeairnetwork op Twitter.

ʼn Polisiebeampte en nog ʼn persoon is Sondagoggend dood in ʼn botsing in Benoni aan die Oos-Rand.

Kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, het gesê die bestuurder van ʼn private motor het glo ʼn rooi verkeerslig verontagsaam en teen die polisievoertuig gebots op die hoek van Great North en Mercurystraat.

Volgens Mothutsane is ʼn 29-jarige konstabel, wat aan diens was en die polisievoertuig bestuur het, op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die private motor is ook in die botsing dood.

Die oorlede polisieman se kollega, ook ʼn konstabel, is kritiek beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie ondersoek die saak.

Die ongelukstoneel. Foto: @crimeairnetwork op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @crimeairnetwork op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Neptunus ·

Ons land het goeie en slegte polisielede. Party is eerlik en hardwerkend, ander weer korrup en traag om hulle werk te doen. Ek kan nie help om te wonder of die oorlede beamptes in die eerste of tweede kategorie val nie. Sal dit nie bitter ironies wees as die bestuurder wat die rooi lig verontagsaam het al voorheen vir dronkbestuur deur ‘n skelm lid “oorgesien” is nie?

Drieks ·

By Benoni se Hoof polisie stasie en Crysal park polisie stasie is ek elke keer nog AROGANT behandel en as ‘n polisie lid hier sterf kyk ek altyd in die koerant of dit een van die AROGANT beamptes is.
Dink net 16 jaar terug sou ek hartseer gewees het…

Theresa ·

Ek sien elke dag van my lewe hoe ry mense oor rooiligte. Hier is GEEN padreëls nie. Elkeen maak soos hy/sy wil…………………..

carel ·

Theresa die mense wat die wette moet toepas is die mense wat heel gereeld omkoop geld neem en die toestand van wetteloosheid so aanhelp en nou het dit van die “wetstoepassers ” duur te staan gekom (die betrokkel lit mag dalk heel onskuldig wees maar dan is sy makkers skuldig en hy het 10 teen 1 daarvan geweet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.