Man ry vriend per ongeluk ‘vir die grap’ raak

Foto verskaf deur Rusa

ʼn 35-jarige man het Dinsdag matige beserings opgedoen toe die bestuurder van ʼn wit Nissan 1400-bakkie hom in Neptunerylaan in Rietrivier in KwaZulu-Natal omgery het.

Beamptes van Reaction Unit South Africa (Rusa) het omstreeks 09:25 by die toneel opgedaag waar die voetganger op die gras langs die pad gelê het.

“Die bestuurder van die bakkie het aan beamptes gesê hy en die beseerde man ken mekaar. Hy het in Neptunerylaan gery toe hy skielik – as ʼn grap – voor die voetganger ingeswaai het. Hy het hom toe egter ongelukkig per ongeluk omgery.”

Die voetganger is op die toneel behandel voor hy met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pooksy ·

Ooo koek. Grappies vring hartseer partykeer. Hoop jou vriend is nie te kwaad vir jou nie.

Irma ·

Ek hoop hy maak ‘n bydrae vir sy vriend se mediese onkostes.

Melanie ·

Ek sien nie die grap nie? Hoeveel maal gebeur daar iets anders as wat verwag word, as sulke stupid grappies gemaak word? As iemand besering kan opdoen of se gevoelens seer gemaak kan word tydens n “grappie”is dit nie snaaks nie. Ek hoop albei die ouens is okay, en die een het sy les geleer met sy stupid “grappie”.

Drico ·

So n hele klompie jare terug het 4 jong mense op n grondpad gery. 2 jong manne voor en 2 vriendinne agter in die voertuig. Die bestuurder het ook in n “grappie” gemaak asof hy 2 voetgangers langs die pad wou raak ry. Hy het betyds uitgeswaai, maar in die proses beheer verloor en n maroelaboom getref. Die bestuurder het sy been beseer en loop mank vandag, sy vriend het net skok opgedoen. Die 1 vriendin van 16jr se beserings was van so n aard dat sy vandag nog in n tehuis is, vasgekluister in n rolstoel, die ander 16 jarige vriendin is op slag dood. Die vriendinne het sonder hul ouers se toestemming en wete saam met die jongmanne gaan rondry. Die simpel grappie het in n tragedie ontaard en niemand is gevonnis daarvoor nie, maar 2 gesinne is uitmekaar geruk deur die ongelukkige tragedie! Dink voor jy doen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.