Man sak ineen ná aanval, sterf by huis

Argieffoto

ʼn Man (23) is Dinsdag dood ná hy glo in die nek gesteek is tydens ʼn aanval.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 15:55 in Greenfieldstraat in Kenilworth in Kaapstad plaasgevind.

“Die omstandigheide rondom die aanval word nog ondersoek, maar ons kan wel bevestig dat ʼn man (20) van Newfields in Hanover Park later die dag in hegtenis geneem is,” het van Wyk gesê.

Volgens Van Wyk sal die man in die hof verskyn sodra hy aangekla word. ʼn Saak van moord word ondersoek.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het net ná 16:00 by die man se huis opgedaag. “Ons het hom met ʼn baie ernstige wond aan sy nek aangetref. Dit kom soos ʼn steekwond voor,” het Vermaak gesê.

Die paramedici is deur sekuriteitswagte geroep. “Hulle het verduidelik dat hy ongeveer ʼn blok van sy huis af gesteek is en toe huis toe gehardloop het waar hy ineengestort het,” het Vermaak gesê.

Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ada ·

Is die man wat so onnodig gesterf het wit, of bruin of swart?
Kan Maroela asb laat weet? Lig van gelaat of medium van gelaat of donker van gelaat?
Maroela doen julleself die guns en beskryf enige persoon wat sterf se ras want dit is daardie persoon se reg om reg beskryf te word. Dit sal waardeer word.

Marisa ·

Kenilworth is tradisioneel ‘n ‘wit’ woonbuurt in die Kaap. Nie dat ek jou vraag noodwendig beantwoord nie.

Wonder ·

Wat maak dit saak? Onskuldige mens is dood, maak nie saak watse kleur hy is nie…..

ben ·

Dit sal help om hom te idendifiseer of is dit nie belangrik nie? ‘n Leser van hierdie blad ken hom dalk of het familie wat daar woon. Al daaraan gedink?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.