Man sak ineen, sterf net voor inenting

(Foto: Rusa/Facebook)

ʼn 51-jarige man wat Maandag sy tweede dosis Covid-19-entstof sou ontvang, het buite die lokaal inmekaargesak en gesterf.

ʼn Vrou het net voor 07:45 beamptes van Reaction Unit South Africa (Rusa) ontbied na die Tongaat-sportsentrum in KwaZulu-Natal.

“Reaksiebeamptes en paramedici het die man by die ingang van die perseel aangetref,” het Rusa in ʼn verklaring gesê. Sy kierie het langs hom gelê.

“Hy het nie enige teken van lewe getoon nie en hy is dood verklaar. Volgens ooggetuies het hy ʼn sigaret staan en rook toe hy skielik inmekaargesak het.”

Rusa het die man se identiteit bevestig en sy naasbestaandes in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alida ·

Mense gaan ook dood van hartaanvalle en beroertes en aneurismes. En dis reeds telkemale, jare lank, bewys dat rook ‘n groot bydraende faktor vir hartaanvalle en beroertes is, en hoe ouer n persoon is, hoe langer in sy lewe het hy waarskynlik gerook. Aangesien hy n kierie by hom gehad het, was hy waarskynlik al oud. Niks met Covid of entstof te doen nie.

Theo ·

Alida het jy die nadoodse ondersoek self behartig dat jy so seker is van jou kommentaar? Die ironie van alles is dat daar nie nadoodse ondersoeke gedoen word op covid en inentings nie so ons sal nooit weet of dit n bydraende faktor was nie, wat ons wel weet is dat enige dood vandag as Covid related opgeteken word, al was dit moontlik n hartaanval. Wat ons ook teen nou al weet is dat ten minste 40% van alle covid sterftes weens die hart is, so dalk het hy covid gehad of dalk is Dr Vorster reg oor die inenting en die effek daarvan op die hart… ons sal nooit weet nie want die oorsaak sal nooit goed geonderoek word nie, dit is die probleem met hierdie pandemie…

My meegevoel gaan uit aan die familie, maak nie saak die rede nie dit is nie lekker om iemand aan die dood af te staan nie.

Jan Nel ·

“wat ons wel weet is dat enige dood vandag as Covid related opgeteken word, al was dit moontlik n hartaanval.”

Waar kom jy hieraan Theo? Volgens die laaste syfers van 17/18 Oktober is 7 mense dood aan Covid. Probeer jy sê dat slegs 7 persone gister in SA dood is?

Gerhard ·

Sterkte aan die familie. Eintlik ook vir die ander mense wat teenwoordig was. Dis nie lekker om te sien nie.

Mariaan ·

Ag regtig..gaan mense nou weer se dis die inenting so “gasse” of iets wat in die lug gehang het…mense gaan nogsteeds dood aan natuurlike oorsake..hello! Sterkte aan familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.