Man se arm geamputeer in voerband

Die toneel waar die man se arm by die fabriek in Cato Ridge, KwaZulu-Natal, geamputeer is Foto: ER24

Die toneel waar die man se arm by die fabriek in Cato Ridge, KwaZulu-Natal, geamputeer is Foto: ER24

ʼn 32-jarige man se arm is Dinsdag geamputeer nadat dit in ʼn voerband by ʼn bemesting- en komposfabriek in Cato Ridge in KwaZulu-Natal beland het.

“Die voerband het reeds die man se arm geamputeer toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hy het ook erge weefselskade aan sy skouer opgedoen.”

Die man is na Hillcrest privaat hospitaal geneem vir verdere behandeling. Hy is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.