Man se arm op toneel geamputeer

(Foto: Marshall Security Media)

ʼn Man se arm is Maandag noodgedwonge geamputeer nadat dit in ʼn industriële drukmasjien verstrengel geraak het. Die voorval het in die Chatsworth-omgewing in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Die man, wat in sy 40’s is, se arm was glo in ʼn industriële drukker vasgeknyp.

Volgens Sheldon Lombard, paramedikus by Rescue Care, is die pasiënt gestabiliseer terwyl die eThekwini-brandweer én ʼn ingenieur wat vertroud is met die masjien na die toneel op pad was.

“Ondanks die pogings van die brandweer, paramedici en ingenieur kon die pasiënt se arm nie op ʼn tydige en veilige manier uit die masjien bevry word nie. Die besluit is geneem om ʼn chirurg van ʼn spesialishospitaal in die omgewing te raadpleeg oor die moontlike amputasie van die man se arm.”

Die chirurg is na die toneel ontbied, terwyl die pasiënt voorberei is vir die prosedure. Die spesialis het met behulp van paramedici die man se arm geamputeer en hom uit die masjien bevry.

Die man is gestabiliseer en na die naaste hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Sjoe, dis baie erg! Ek hoop die man herstel vinnig.

Gert K ·

Sjoe, Industriele masjiene is gevaarlik. Sterkte ou vriend!

Dirk ·

Hartroerend. Baie baie jammer. Die mense wie die vullis trokke beman het ook ‘n hoë voorkoms van hande wat in masjienerie erg beseer word. In die weermag is heelwat soldate beseer en dood agv die Ratel se rolbeweging op hoë spoed, en baie soldate kry gereeld seer met oefen-granate. So kan baie mense seker vele goed noem wat bekende slagysters is.

Elize ·

Genugtig dit is erg. Baie sterkte aan hierdie man en hoop hy herstel gou.

Vlooitjie ·

Liewe Griet, dis erg, kry mens narkose as hul so iets moet doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.