Man se bebloede lyk op kleinhoewe gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man (62) se bebloede liggaam is laat Dinsdagaand buite sy huis op ʼn kleinhoewe in die Levubu-omgewing in Limpopo gevind.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Hennie Bonnema se liggaam is omstreeks 23:00 ongeveer 100 m van sy huis af aangetref. Sy suster het bekommerd geraak toe sy hom nie telefonies in die hande kon kry nie en familielede het saam met lede van die polisie gaan ondersoek instel.

“Sy liggaam was bebloed, maar ons kan nog nie die oorsaak van dood bevestig nie. ʼn Lykskouing sal gedoen word,” het Otto gesê. Bonnema het alleen op die kleinhoewe gebly.

Volgens Otto is dit nog onduidelik of enigiets tydens die aanval gesteel is. “Dit wil nie voorkom asof daar tekens van inbraak is nie, maar dit was natuurlik baie laat en donker toe ons gisteraand op die plaas was. Met sonsopkoms vanoggend is die ondersoekspan onmiddellik weer terug na die plaas om te gaan kyk of daar enige leidrade is om op te volg,” het sy gesê.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Candice

Dis so hartseer, baie sterkte aan sy familie en vriende.

Spook

En so duur die volksmoord voort!

Johan

Baie hartseer en innige simpatie aan sy familie! Maar n mens wonder oor hoekom daar so baie plaasaanvalle is en hoekom die polisie niemand gevang kry nie,dit laat n mens wonder of daar nie n groter ding weggesteek word nie, n skelmer plan om die boere van hulle plase af te kry, al hierdie plaasmoorde bring voedselsekerheid in die land nou heeltemal in gedrang. Ons boere het beter beskerming nodig maak nie saak die kleur van jou vel nie, as jy voedsel produseer vir Al ons land se mense dan het jy die beste beskerming nodig. Dit gaan nie oor… Lees meer »

Bruno Stef

Oorsaak van die slagoffer se dood nie duidelik nie maar in die laaste sin word dit moord genoem heel waarskynlik n plaasaanval sou ek se aangesien die persoon redelik bejaard is en boonop alleen gebly het.

gatiep

Iets beter erens gebeur kan nie vir ewig so aangaan nie.
Sterkte aan vamielie.