Man se bebloede lyk op kleinhoewe gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man (62) se bebloede liggaam is laat Dinsdagaand buite sy huis op ʼn kleinhoewe in die Levubu-omgewing in Limpopo gevind.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Hennie Bonnema se liggaam is omstreeks 23:00 ongeveer 100 m van sy huis af aangetref. Sy suster het bekommerd geraak toe sy hom nie telefonies in die hande kon kry nie en familielede het saam met lede van die polisie gaan ondersoek instel.

“Sy liggaam was bebloed, maar ons kan nog nie die oorsaak van dood bevestig nie. ʼn Lykskouing sal gedoen word,” het Otto gesê. Bonnema het alleen op die kleinhoewe gebly.

Volgens Otto is dit nog onduidelik of enigiets tydens die aanval gesteel is. “Dit wil nie voorkom asof daar tekens van inbraak is nie, maar dit was natuurlik baie laat en donker toe ons gisteraand op die plaas was. Met sonsopkoms vanoggend is die ondersoekspan onmiddellik weer terug na die plaas om te gaan kyk of daar enige leidrade is om op te volg,” het sy gesê.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan ·

Baie hartseer en innige simpatie aan sy familie! Maar n mens wonder oor hoekom daar so baie plaasaanvalle is en hoekom die polisie niemand gevang kry nie,dit laat n mens wonder of daar nie n groter ding weggesteek word nie, n skelmer plan om die boere van hulle plase af te kry, al hierdie plaasmoorde bring voedselsekerheid in die land nou heeltemal in gedrang. Ons boere het beter beskerming nodig maak nie saak die kleur van jou vel nie, as jy voedsel produseer vir Al ons land se mense dan het jy die beste beskerming nodig. Dit gaan nie oor velkleur nie dit gaan oor voedselsekerheid in ons land, en hoe dit al die land se mense gaan affekteer.

Bruno Stef ·

Oorsaak van die slagoffer se dood nie duidelik nie maar in die laaste sin word dit moord genoem heel waarskynlik n plaasaanval sou ek se aangesien die persoon redelik bejaard is en boonop alleen gebly het.

gatiep ·

Iets beter erens gebeur kan nie vir ewig so aangaan nie.
Sterkte aan vamielie.

m ·

Die regering sal nooit iets aan hierdie moorde doen nie. Hulle belowe dan die grond aan al hierdie massas……………………. Sterkte aan die familie..

Rina Pretorius ·

AL HIERDIE MOORDE IS GEORGANISEERDE MOORDE MET DIE DOEL OM DIE GROND TE KRY VERNIET

JC ·

Dis waar Rina, wat gaan ons BOERE NASIE DOEN, want dit blyk my daai Zimbabwes stroom nou oor die “grens” en dink hulle kan hier kom doen met ons BOERE NASIE wat hulle daar gedoen het.
WAT GAAN ONS AS AFRIKANERS HIEROOR DOEN? Gaan ons net terugsit, of planne beraam en saamstaan, of staar ons uitwissing in die gesig vir ONS GROND waarvoor ons bloed gesweet het?

Koos ·

Ja die boere nasie gaan niks doen nie. Ek is al so gatvol om al die kommentaar te lees van “waneer gaan dit ophou” en “die boerenasie moet saamstaan” en “dit moet end kry” Bla bla bla. Julle woon in n pypdroom mense. Julle gaan niks doen nie. Julle het NIKS gedoen toe jul vriende en familie in ZIM van hul plase verjaag is nie. Julle het NIKS gedoen in 1992 nie. Niks in 1994 nie. NIKS maar NIKS. Drink jul koffie, rook jul Chesterfields, skud die kop en gooi nog geld in die NG se kollekte bordjie. Daar gaan NIKS gebeur nie. En julle gaan NIKS doen nie. Julle is in AFRIKA en Suid Afrika is deel van Afrika. Alles wat julle beleef is Afrika. Dit gaan nie verbete

pateties dis eintlik hartseer. Ek is landuit. Die land waarvoor ek sou “lewe ek sal sterwe” bestaan nie meer nie. Inteendeel, dit het nooit bestaan nie. Dit was goed terwyl dit was. Maar dis nou nie meer nie. Laat dit gaan.

JJ ·

Die regering probeer baie hard om Suid-Afrika net soos Zimbabwe te laat word. Hulle doen dit net op ‘n meer subtiele manier!

Spokie ·

Rus in vrede, oom Hennie. Dis ‘n groot verlies vir die Levubu en Louis Trichardt gemeenskap. Innige simpatie aan die Bonnema familie.

Miemie Kapp ·

Die president lag die onluste, by die kampusse, op die nuus gisteraand af as, dat dit ‘n demokratiese land is en die mense doen wat hulle wil. So, as hulle die boere vermoor, sal hy dit ook aflag en sê dit is hulle demokratiese reg! Waar gaan ons land heen. Daar is nou meer rassisme dan voorheen en bedrog word gepleeg en geld verduister en almal se hande is letterlik afgekap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.