Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die man, glo 49 jaar oud, was saam met kollegas besig om aan ʼn huis in Newlands te werk toe die voorval gebeur het. “Die man het ʼn voorhamer gebruik om ʼn muur mee af te breek. Terwyl hy besig was, het die muur bo-op hom geval,” het Bodasing-Harduth gesê.
Die man se kollegas het hom onder die puin uit verwyder en paramedici ontbied. Volgens Bodasing-Harduth was die man in ʼn ernstige toestand en is albei sy bene gebreek.
Hy is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is.
Jy moet ‘n muur van bo af afbreek.