Man se bene gebreek toe muur bo-op hom val

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n Man is Woensdag in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal in Johannesburg gehaas nadat ʼn muur op hom inmekaargetuimel het.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die man, glo 49 jaar oud, was saam met kollegas besig om aan ʼn huis in Newlands te werk toe die voorval gebeur het. “Die man het ʼn voorhamer gebruik om ʼn muur mee af te breek. Terwyl hy besig was, het die muur bo-op hom geval,” het Bodasing-Harduth gesê.

Die man se kollegas het hom onder die puin uit verwyder en paramedici ontbied. Volgens Bodasing-Harduth was die man in ʼn ernstige toestand en is albei sy bene gebreek.

Hy is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.