Man se bene op hoofweg afgesit ná ongeluk

Die vragmotor het lemoene vervoer. (Foto: Verskaf)

ʼn Man se bene is in ʼn noodoperasie op die R21 geamputeer nadat sy vragmotor vroeg Donderdagoggend naby die Oos-Rand omgeslaan het.

Volgens Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, het die drywer beheer oor die vragmotor verloor, wat veroorsaak het dat dit omgeslaan en gerol het. Die vragmotor het lemoene vervoer.

“Die drywer het ernstige beserings opgedoen en was vir ʼn geruime tyd vasgevang in die wrak.”

Nooddienste is omstreeks 02:35 na die toneel ontbied. In ʼn poging om die man te bevry het hulle hidrouliese gereedskap gebruik om die wrak oop te sny. Weens die man se posisionering, kon hulle hom egter nie bevry nie.

“ʼn Trauma-chirurg van ʼn gespesialiseerde noodafdeling is na die toneel ontbied. Die chirurg het die pasiënt ondersoek en as ʼn laaste uitweg ʼn amputasie uitgevoer om die man se lewe te red. Albei bene is onder die knie geamputeer,” het Herbst gesê.

Die chirurg het die man gestabiliseer en hy is met ʼn helikopterambulans na ʼn spesialisfasiliteit gevlieg vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Misky ·

Sjoe, dit moes vreeslik traumaties gewees het. Hoop hy het goeie ondersteuning by die huis

Sandra ·

Dis hectic. Mens sien sulke dinge net op televisie in die mediese programme. Ek dink nie ek het al ooit van so iets gehoor wat regtig gebeur nie.

Tanniepetoors ·

Tragies. Wat veroorsaak so ‘n ongeluk op ‘n deurpad wat in grendeltyd veronderstel is om bykans geen verkeer te hê nie?

Chantel ·

Dalk moegheid, ek dink hierdie trokbestuurders word onder geweldige druk geplaas om produkte op en af te ry.

Blikkies ·

Spoed of Moegheid Tanniepetoors, Spoed of Moegheid, weet nie waarom die maatskappye hulle drywers so druk om deurnag te reis nie? nogal gedurende Grendel tyd. Voel jammer vir die man.

RS ·

Wow dis bitter hartseer. Daar is nou n gesin sonder n inkomste. Die pyn en angs moes vreeslik gewees het. Ek bid vir julle.

Blikkies ·

Hoekom laat sy Maatskappy hom gedurende grendeltyd reis? Daai was moegheid of spoed. Ek voel jammer vir die man.

Noels244 ·

Ek kan my nie eers indink hoe traumaties dit moes wees nie. Hoe voel mens as jy weet hulle gaan jou bene afsit net daar en dan?

Anoniem ·

Dit is ongelooflik om te dink dat dit suksesvol uitgevoer kon word.

Pietertjie ·

Dink ook aan die boer(e) se oes wat daarmee heen is. Wie gaan pa staan vir al die skade?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.